Hallo!
Ek het besluit om ‘n blog te begin om eie ervaringe hier in die vreemde te deel met wie ookal belangstel. Eerstens die titel: “Boer in Ballingskap”. Wel, dis nou presies soos ek voel. Ek gee skool in Gyeongju in die suide van Korea en moes gedwonge hier na die vreemde kom omdat ek nie kon werk vind in Suid-Afrika nie, ondanks my ervaring en (goeie) kwalifikasies. Natuurlik het my (blanke) velkleur my nie veel gehelp in Suid-Afrika nie. Dit het ook al lankal nie meer vir my soos ‘n ware Vaderland gevoel nie.
My doel met die blog (behalwe om my ervaringe te deel), is om ook ‘n geleentheid vir ander Boere in ballingskap te bied om julle ervaringe te deel. Ek gesels graag met ander Afrikaner diaspora wat hulle in die vreemde bevind. Laat my asb weet waar julle is en vertel my van julle leefwereld. Hoekom is julle in die vreemde, wat mis julle van SA, wat mis julle nie, sal julle teruggaan ens?
Ek nooi ook kreatiewe skrywers uit om gedigte of skrifsels te stuur. Ek hoop om in die toekoms ook van my eie skryfwerk te plaas.
Groetnis
BiB



Johan Swarts het gesê,
Maart 16, 2007 at 6:12 nm
welkom
Gerhard het gesê,
Maart 16, 2007 at 8:05 nm
Welkom!
Melanie du Toit het gesê,
Maart 18, 2007 at 12:55 nm
Cool!!
Salige Rus het gesê,
Maart 18, 2007 at 2:34 nm
Laat ons meer hoor.
Da Mario het gesê,
Maart 22, 2007 at 6:42 vm
Voorspoed!
Rounelle het gesê,
April 7, 2007 at 2:20 nm
Wicked man, Ek het baie lees om in te haal hierso, maar hoe dieper ek krap hoe meer impressed word ek. For what it’s worth uit ‘n baie warm Kaapstad: Happy Easter!
boerinballingskap het gesê,
April 8, 2007 at 9:23 vm
Dankie, man!!