

Die liefde is ‘n verre en vreemde land wat ek so dikwels besoek het, sonder om ooit ‘n tuiste te vind. Die liefde is ‘n land waar kaart en kompas geen gebruik meer het – waar jy keer op keer weer jou eie weg moet baan. Meestal onthou jy vae rigtingwysers uit vroeër dae, maar meerendeels word dit telkens weer ‘n nuwe ontdekkingstog. En net as jy wil glo jy kan die liefde definieer en omgrens, kom die besef dat jy eintlik so min verstaan en dat die liefde hom/haar nie tuis vind agter die tralies van menslike semantiek nie. Inderdaad het ek soms geglo ek het verstaan en die kern van die liefde ontdek, net om weer ontnugterd te besef dat die liefde ‘n ewige leerskool is en dat ons almal bloot amateurs bly in hierdie eindelose spel. Hoewel ek dus so min begryp, glo ek tog die volgende:
As jy met boeie gebind word, breek dit.
Slegs fisiese aangetrokkenheid kan nie ‘n verhouding in stand hou nie, so ook nie slegs intellektuele samesyn nie.
Die liefde vra jou nooit om jou persoonlikheid te verander nie – moet dit dus nooit doen nie. Die liefde aanvaar jou nes jy is.
Die liefde verdra alles, maar nie verbale en/of fisiese mishandeling nie.
Die liefde manipuleer nie.
Die liefde is vergewensgesind.
As jy beter oor jouself voel saam met ‘n persoon as op jou eie, bly by hom/haar.
As die persoon uit ‘n gelukkige ouerhuis kom, bly by haar/hom.
As jy in alle aspekte jouself kan wees by ‘n persoon, bly by haar/hom.
As die persoon dieselfde waardestelsel as jy het, bly by haar/hom.
As die persoon jou denke verruim, bly by haar/hom.
As die persoon jou laat lag, bly by haar/hom.
Die laaste woorde, laat ek oor aan my goeie ou vriend, Victor Hugo:
“The greatest happiness in life is the conviction that we are loved,
loved for ourselves, or rather, loved in spite of ourselves.”



George Maru het gesê,
Mei 12, 2007 at 9:31 vm
Jy laat my nou dink aan Joni Mitchell se song, Both sides now:
‘ve looked at love from both sides now,
from give and take, and still somehow
it’s love’s illusions that I recall.
I really don’t know love at all.
René het gesê,
Mei 12, 2007 at 8:06 nm
Wie sal ooit die liefde, kan verstaan? Nader as ñ hartklop, verder as die maan! Da’s ñ tyd vir kom, en ñ tyd vir gaan. Ek gooi vir jou ñ klippie in die oseaan! (Laurika Rauch) – verkort…Red!
idiwidi het gesê,
Mei 13, 2007 at 2:21 nm
RenE – dis een van die sadste liedjies ooit!
Ek dink die grootste terugslag vir die liefde, is dat ons nie kan regkry om die eenvoud daarvan klein te kry nie.
oopkop het gesê,
Mei 14, 2007 at 6:08 vm
“Slegs fisiese aangetrokkenheid kan nie ‘n verhouding in stand hou nie, so ook nie slegs intellektuele samesyn nie.”
Daardie woorde is so waar. Ek soek daardie balans in ‘n verhouding. Dit was nog altyd net die een of die ander. Ek sal nie rus voor ek dit het nie.
Da Mario het gesê,
Mei 14, 2007 at 7:14 vm
Jip ja… ons soek maar almal wil dit my soms voorkom. En soms is nie eers dit genoeg nie!!
Great quotes…
René Boshoff het gesê,
Mei 14, 2007 at 1:37 nm
OK, ek het hierdie post seker nou al 20 keer gelees … dis regtig baie mooi!! Jy praat nie baie oor die liefde nie Boertjie, maar as jy die keer iets daaroor sê, doen jy dit deeglik! Great stuff, “diepseun”!
…loved inspite of ourselves!!
lanab het gesê,
Mei 14, 2007 at 1:40 nm
Ja die liefde is n wonderlike ding,al verstaan ons dit soms nie.
wat n besonderse prag stukkie vir n maandag.
troedelkies
xx
komchat het gesê,
Mei 14, 2007 at 6:37 nm
Great blog die van jou Boer. Jou uitleg is iets moerse. Hoe maak mens om die foto’s so langs mekaar te kry of as deel van die teks links of regs.Moet mens upgrade om dit te kan doen of is dit nie nodig nie. Doe zo voort! Dis nice om te lees.
Mary Jane het gesê,
Mei 15, 2007 at 11:32 vm
Man jy skryf sommer BAIE mooi!!! Dalk moet jou volgende roman iets daaroor wees… Jy’s duidelik goed daarmee!
René Boshoff het gesê,
Mei 15, 2007 at 12:06 nm
Volgende roman? Is daar iets wat ons nie weet nie?
boerinballingskap het gesê,
Mei 15, 2007 at 2:23 nm
Dankie vir al die kommentaar.
Laurika se song IS baie hartseer…soos baie van haar ander songs. En Joni Mitchell spreek waar woorde.
Oopkop, ek hoop jy vind daardie balans – ek weet nie meer of dit regtig bestaan nie.
Komchat, ek sal my geheim maar vir jou moet e-mail.
Mary Jane…ek hou my doof…of wat van ‘n “hygroman”?
oopkop het gesê,
Mei 16, 2007 at 1:29 nm
ek hoop dit bestaan. ek sing gister you’ll see van madonna, en dit sê ‘you think that you’ve destroyed my faith in love, you’ll see’, en ek besluit net daar dat ek nie gaan toelaat dat my exe daai houvas op my kan hê om te sê hulle het my geloof in die liefde verwoes nie. ek sal maar bly hoop. ek dink regtig dit bestaan.
Johan Horn het gesê,
Augustus 26, 2007 at 9:59 nm
As ek mag, copy en paste ek die poging hierin, siende dat ek weet liefde is eintlik al wat bestaan.
autumn
the autumn colours from the leaves
like happy tickets from a raffle
framed your face
softly …
patchy …
ivory brown and ochre
and
where you lay on the yellowed grass
beneath the candle white poplar
you breathed your words
soft like rain
floating dreams
drifting up and up
to meet my ears …
halfway to heaven
©JohanHorn
boerinballingskap het gesê,
Augustus 27, 2007 at 11:01 nm
Johan…diep mooi! Dankie dat jy dit deel!
realmkeeper het gesê,
Mei 28, 2008 at 4:23 vm
Mmm… waar woorde en tog soos jy sê amatuers dit is ons.
Lizia Niema het gesê,
Julie 2, 2008 at 8:34 vm
Dankie, ek was op my soektog na moerbeie en kom toe hier uit. Het oor die liefde gelees – en ja, inderdaad – is die Portugese woord reg: Amoreira.
‘n Amoreira Groet,
Lizia
(morus – nigra)