My 10 gunsteling bestemmings

Hierdie idee kom eintlik van Weg af, waar ek gelees het oor Koos Kombuis se tien gunsteling bestemmings. Dit het myself aan die dink gesit. Hier is my gunstelinge (in geen volgorde van voorkeur):

1. Die HelderbergSomerset-Wes, Strand en Gordonsbaai

Dis my heimat en ek is baie lief vir die plek. Die goeie wyne is ‘n bonus!

2. Dullstroomen omgewing

Die forel en die natuurskoon is onverbeterlik.

3. Breederiviervallei

Natuurskoon, die lekkerste wyne “and a river runs through it”

4. Greyton

Romanties, stil en vol vrede

5. Die Sederberge

Dis hier waar my siel waarlik kan rus.

6. Hogsback

Absoluut magies…soos JRR Tolkien dit ook gevind het

7. Die Tuinroete – spesifiek Knysna en Victoriabaai

Prentjie-mooi, die lekkerste oesters en pragtige herinneringe.

8. Die Drakensberge

Moet ek dit motiveer? Die mooiste berge in SA en die lekkerste staproetes.

9. Oos-Vrystaat – spesifiek die Witteberge, Clarens en Ficksburg

Pragtige plek vir kopskoonmaak.

10. Calitzdorp

Hier herdefinieer ek telkens die woordjie “rustigheid” en kry op-die-koop-toe die lekkerste port in SA.

Ander van my gunstelinge wat nie die lys maak nie, maar waarvoor ek baie lief is, is Kaapstad, Pretoria, Mellville, die Karoo, die Bosveld en Kaapschehoop. Namibie is my gunsteling van gunstelinge, maar ek het my beperk tot bestemmings in SA.

8)

20 Kommentaar

  1. Jo-Ann Schou het gesê,

    Junie 24, 2007 at 7:20 nm

    Ons is bevoorreg om in een van die mooiste plekke in die wêreld te woon. My hart is egter vasgeroes in Namibië. Daar is beslis geen ander plek met beter biltong en bier nie. :-)

  2. Thea het gesê,

    Junie 24, 2007 at 10:32 nm

    Ons is só bevoorreg om in ‘n land te bly met soveel natuurskoon. Ons was in Maart vir 2 weke in die Kaap. Het Greyton vir die 1ste keer besoek na ons ‘n program oor die dorpie op Fiesta gesien het. Sover is dit vir my dié mooiste dorpie in die land. Hierdie tyd van die jaar trek my hart egter met ‘n punt Bosveld toe. En die Kruger wildtuin…. Ek sal egter moet briek aandraai want as ek eers begin praat oor plekke in ons land is daar nie keer aan my nie.

  3. sonkind het gesê,

    Junie 24, 2007 at 11:00 nm

    Het ook ‘n hele ruk in Gordonsbaai gebly, dis vreeslik mooi. Maar die Paarl is my hartsland. Dis asof dit my om-arm as ek daar inry.

  4. marat het gesê,

    Junie 25, 2007 at 2:28 nm

    Ek was nog nie in al die plekke nie, maar is besig om daaraan te werk . . .

  5. George Maru het gesê,

    Junie 25, 2007 at 3:48 nm

    Ek stem saam met baie op jou lys (nie so seker van die Bosveld nie). As ons buurstate insluit, sal ek Punta du Ouro (Mosambiek) ook op die lys sit. En nie net Calitzdorp nie, sommer die hele R62 :)

  6. Pienk Zuit het gesê,

    Junie 25, 2007 at 5:44 nm

    Baie interessant. Die meeste plekke op jou lys het baie spesiale betekenis vir my ook:
    1. Waar ek bly
    3. Was die naweek daar vir ‘n romantiese getaway
    5. Gunsteling stapwêreld
    7. My gunsteling area in die wêreld, en daardie twee dorpe die begin en eindpunte van ‘n staptoer waar ek my vrou ontmoet het.
    8. Lekkerste kampvakansie nog ooit.
    10. My familie se home town. Al vir geslagte lank, en nog steeds.

  7. lanaba het gesê,

    Junie 25, 2007 at 8:15 nm

    Nou wa is Suid-wes op die lys?

    Hoop jy het n mooi week.

    troedelkies
    xxxx

  8. René Boshoff het gesê,

    Junie 25, 2007 at 9:48 nm

    Die Suid- en Ooskus is my gunsteling roadtrip roete!! Ek het my hart op die Ooskus verloor toe ons een vakansie Cintsa toe is! En natuurlik lê Kaap St Francis ook langs daardie pad! Stem ook saam met George oor Route 62 en saam met jou oor Calitzdorp se port – dis stroop uit die Hemel! Ons het darem maar ‘n beautifull land!!

  9. boerinballingskap het gesê,

    Junie 25, 2007 at 10:39 nm

    Ek dink dis tog so dat mens se gunsteling plekke saamhang met goeie herinneringe. In my geval is dit in elk geval waar. Dis vir my moeilik om nuwe herinneringe te skep op reeds-bekende plekke. In daardie opsig is dit lonend om jou ‘n slag in die vreemde te vind, wat herinneringloos op jou le en wag.

    Rene, ek is skaam om te erken dat ek nog nooit can Cintsa gehoor het of ‘n idee het waar dit is nie…Kaap St Francis is baie mooi, maar ek was net eenkeer vinnig daar. Port Edward is ook nogal vir my ‘n spesiale plek en so ook Ballito…

    Lana, ek het myself net op SA toegespits. As ek buite die grense beweeg, is Namibie BESLIS my gunsteling. No contest!

  10. idiwidi het gesê,

    Junie 26, 2007 at 1:08 vm

    marteling – pure marteling!

  11. wimpie het gesê,

    Junie 26, 2007 at 2:20 nm

    bly jy het my gunstelingplekkie, victoriabaai genoem…
    jou comment gelees oor die rugby, butch was beseer maar dit was bietjie dom volgens my om nie ‘n spesialis losskakel soos “liefling” op die bench te he nie.
    Groetnis!

  12. boerinballingskap het gesê,

    Junie 26, 2007 at 10:10 nm

    En Lucas se song oor Victoriabaai is vir my so mooi.

  13. Salige Rus het gesê,

    Junie 28, 2007 at 12:29 vm

    Wat van Hermanus?

  14. Junie 28, 2007 at 2:46 nm

    [...] 28 June 2007 Posted by George Maru in Sommer net. trackback Onlangs het Boerinballingskap sy top 10 bestemmings in Suid-Afrika aangewys. Time het ook ‘n lysie gemaak, maar van “depressing [...]

  15. aventer het gesê,

    Junie 28, 2007 at 6:39 nm

    Hmm…die Drakensberge is ‘n moet, maar ek wil dit nog net een keer in die winter beleef. En dan natuurlik enige wildtuin…lekker salig om die kampvuurtjie terwyl jy luister na die nag-geluide.

  16. boerinballingskap het gesê,

    Junie 28, 2007 at 10:30 nm

    Hermanus….mmmm. Mooi plek, maar het nie enige spesiale herinnering wat my aan die plek bind nie. Miskien Onrusrivier…

  17. aventer het gesê,

    Junie 29, 2007 at 4:49 vm

    Hmmm…net ‘n vraag…

    BIB – dis die derde foto van jou wat ek sien wanneer jy ‘n comment los…dit verander…hoekom? Hou jy net van verandering of is jy nog opsoek na die beste blog-foto? ;-)

    Net opgelet

  18. Salige Rus het gesê,

    Junie 29, 2007 at 8:23 nm

    As jy weer SA toe kom, kom kuier by my in die Overberg. Jy sal nooit weer wil weggaan nie.

  19. boerinballingskap het gesê,

    Junie 30, 2007 at 5:59 nm

    SR, dankie vir die uitnodiging – ek aanvaar dit by voorbaat!

    aventer, ek hou bloot van verandering en raak gou moeg vir die eentonigheid van die avatars. Maar ek sal by hierdie ene probeer bly vir ‘n ruk! Ek hou van hierdie een, want hy pas by:

    8)

  20. Junie 10, 2009 at 12:16 vm

    [...] het op ‘n stadium Calitzdorp aangedui as een van my tien gunsteling bestemmings in Suid-Afrika. Met my onlangse besoek aan die Suidland het ek weer eens besef hoekom hierdie klein [...]


Lewer Kommentaar