Slaan oor na inhoud

Die Aussies kry dit reg…

Julie 1, 2007

Die Aussies kry dit reg…Hulle oorheers krieket en hulle het sopas die magtige All Black rugbyspan gepootjie. Maar kyk, as daar nou een ding is wat die Aussies regkry, is dit om samsung 015suksesvolle internasionale wyn-handelsmerke te skep. Hulle is baie voortreflik om ‘n deurlopende goeie standaard wyn teen ‘n billike prys te produseer en dit onder ‘n uniforme naam op die internasionale mark te plaas. Daarom kry jy in Suid-Afrika Yellow Tail wyne op jou plaaslike Woolies se rak, asook in Korea by die naaste supermark. Watter uitstekende waarde vir geld bied Yellow Tail wyne nie. En jy weet altyd wat jy kry. Teen die volumes wat dit geproduseer word, is hierdie prestasie des te meer prysenswaardig! Tans word 300 000 bottels Yellow Tail daagliks in die wereld gedrink en sedert 2001 is 25 miljoen kiste Yellow Tail internasionaal verkoop!

Neem nou byvoorbeeld die 2005 Chardonnay:

samsung 018Goue, helder strooikleur. Die wyn is beduidend lig gehout en die hout affekteer glad nie die kultivarkarakter nie (soos so dikwels met Chardonnay gebeur). Op die neus is daar volop vrugtegeure. Kokosneut, vanilla en fyner nuanses van botter, suurlemoen en lemmetjie. Baie goeie suurbalans, geintegreer met die alkohol (13.5%) en suiker. Sag en met ‘n botterige, romerige nasmaak wat dalk getuig van appelmelksuurgisting (malolacatic fermentation ). Defnitief ‘n vars en goed gebalanseerde somerwyn. ‘n Treffer teen die pryspunt. En dit alles in aantreklike verpakking, met ‘n verbruikersvriendelike skroefdop. Wat ‘n wenner!

7 Kommentaar leave one →
  1. Julie 2, 2007 1:03 nm

    Hoewel dit knersend op my tande is, moet ek jou gelyk gee. Daar is heelparty dinge wat die Aussies regkry, wat ons maar gerus kan gaan leer.

    Prosit!

  2. Julie 2, 2007 2:29 nm

    mmm hulle het dit ook reggekry om die aal blacks die naweek te klop…..daai verdomde aussies ;-)

  3. Julie 2, 2007 9:59 nm

    Ek dink ons haat die Aussies om dieselfde rede wat ek destyds, as WP-ondersteuner, vir Naas Botha gehaat het…

  4. Julie 3, 2007 3:26 nm

    jy beskryf dit so mooi … ek kan nou al amper daardie wyn proe!!

  5. Julie 3, 2007 10:57 nm

    Die Ausies is goed omdat hulle glo hulle is goed. Dit is waar die Amerikaners van die wa af gevoeter het – vandat hulle met die houding van “cause we say so” begin het.

  6. Julie 4, 2007 1:19 nm

    Die Yellow Tail doen baie goed hier in Taiwan ook. Dit irriteer my mateloos dat dit so is. Dit moes eerder ‘n kameelperdjie op daai bottel gewees het.

Trackbacks

  1. Jackaroo se slangvel-onderbroek « riviersonderend

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 77 other followers