Song vir die Springbokke (I)

Radio Kalahari Orkes – Onverskroke

Hierdie song is al voorheen ge-blog (maar ek vergeet momenteel deur wie). Tog glo ek, in die lig van more se GROOT stryd, dat hierdie song nog ‘n luister verdien. Aan Jake, John en die manne: Ons is met julle!!!

11 Kommentaar

  1. Roer het gesê,

    Oktober 19, 2007 at 11:42 nm

    Ag, ek het sommer nou ‘n knop in my keel.

  2. chessalee het gesê,

    Oktober 20, 2007 at 6:07 vm

    Wel, as die Franse nou (wat deur die Engelse gewen is) met soveel verloor het…hoe meer nog kan die Bokke more wen! Mooi liedjie!

  3. attie het gesê,

    Oktober 20, 2007 at 5:13 nm

    En toe wen die Pumas nog die Franse so ver. Ek dink die Pommies sidder! Boer ek wonder of jy op ‘n dag soos vandag hier in Suid Afrika tussen al ander Suid Afrikaners wou wees? Ek weet my broer hulle verlang veral tye soos hierdie baie erg. Ek het darem self ‘n knop in my keel.
    Op my blog by http://attie.worddpress.com het ek ‘n link waar hulle die Nkosi Sikelele sing. Sterkte vir jou dag!

  4. boerinballingskap het gesê,

    Oktober 20, 2007 at 6:23 nm

    Attie, jy som my heeltemal reg op. Dis inderdaad op so ‘n dag soos vandag wat ek graag in SA sou gewees het. Daar is skynbaar ‘n ongelooflike gees daar by julle op die oomblik. Ten minste kan ek die wedstryd op tv volg en ek weet dat miljoene op dieselfde oomblik saam met my skree.

    NS: Waar is jou broer?

  5. Dellie het gesê,

    Oktober 20, 2007 at 8:03 nm

    Dis groen en goud oral in SA! Die gees is fantasties! Dit borrel in my gees soos sjampanje…En ek like daai song1 Go Bokkies!

  6. Willem het gesê,

    Oktober 20, 2007 at 11:30 nm

    Dis die GROEN!

  7. luigiblog het gesê,

    Oktober 21, 2007 at 12:23 vm

    Die vlae wapper , 9:00 afskop tyd kom nou ek kan nie meer wag nie.

  8. luigiblog het gesê,

    Oktober 21, 2007 at 12:31 vm

    Sorry 21:00 afskop tyd 9:00 more is ons konings

  9. kaalvoetkind het gesê,

    Oktober 21, 2007 at 1:09 vm

    Ek kan nie meer wag nie – is die ene afwagting!! Lekker song vir die “build-up”!!

  10. sonkind het gesê,

    Oktober 21, 2007 at 2:37 vm

    Awe, Bib – vandag is die bloed GROEN! Ons dink aan jou, daar ver!!!

  11. Oktober 23, 2007 at 8:21 vm

    [...] 22, 2007 in Sussie Wie, afrikaans, afrikaners, musiek Ek wys deesdae graag Onverskrokke  vir my seuntjie – dis so oulik gedoen, en meesleurend.  Ek het eintlik nie bygehou met hoe [...]


Lewer Kommentaar