As jy weer kyk, is die vaal van die winter verby…

Dit word bietjie vroeer lig en effens later donker. Die temperatuur is aanvoelbaar warmer en die aande nou soel. Die lelike droe takke spruit, asof op bevel, duisende groen spriete. Die kersiebloeisels ontplof in ‘n witpienk kleurespel.

Oral word jy omsingel deur sensoriese skakerings kleur. ‘n Amper tasbare gees van afwagting en hoop vul die lug.
Onwillekeurig word jy meegesleur deur die euforie. Die aarde vier fees…
…dis lente in Korea.
* Vir nog prosa en pragtige foto’s van die lente hier, lees gerus:
http://kaalvoetinireen.wordpress.com/2008/04/15/prentjie-mooi/


