As jy weer kyk, is die vaal van die winter verby…

Dit word bietjie vroeer lig en effens later donker. Die temperatuur is aanvoelbaar warmer en die aande nou soel. Die lelike droe takke spruit, asof op bevel, duisende groen spriete. Die kersiebloeisels ontplof in ‘n witpienk kleurespel.

Oral word jy omsingel deur sensoriese skakerings kleur. ‘n Amper tasbare gees van afwagting en hoop vul die lug.
Onwillekeurig word jy meegesleur deur die euforie. Die aarde vier fees…
…dis lente in Korea.
* Vir nog prosa en pragtige foto’s van die lente hier, lees gerus:
http://kaalvoetinireen.wordpress.com/2008/04/15/prentjie-mooi/



mykopop said,
April 17, 2008 at 3:35 am
Pragtig, lucky julle. Ek klou verbete vas aan die herf, ek sien nie kans vir die winter wat kom nie, al is dit net ‘n poefter-Suid-Afrikaanse winterjie.
Wipneus! said,
April 17, 2008 at 3:57 am
Dis baie mooi! Hier by ons begin dit nou koud raak in die aande! Lente is darem regtig ‘n mooi tyd van die jaar. Ek moet nou eers deur die vaal winter worstel, hou niks van winter alles is dood!
kaalvoetinireen said,
April 17, 2008 at 10:05 am
Ja nee, die lente hier in Korea is verseker iets om te aanskou en die soet geur wat tussen die bome in die lug hang is bedwelmend! Ek is so bly die vaal winter is verby!
Kaalvoetkind said,
April 17, 2008 at 2:40 pm
Die lentebloeisels is lieflik! Dankie dat jy dit met ons deel! Hier by ons op die Hoeveld byt die luggie al goed in die oggende en aande!
woordpes said,
April 17, 2008 at 5:48 pm
Hier in Europa is dit nog winter! Ons het allerlei blommetjies in die tuin, maar in die nag vries hulle kliphard…
Roer said,
April 18, 2008 at 4:02 am
Ongelooflik mooi. Wens ek kon dit in persoon beleef.
aventer said,
April 18, 2008 at 11:16 pm
Amazing hoe sulke wit bloeiseltjies mens onmiddelik in ‘n gevoel van vrede kan laat verval…
Nikita said,
April 19, 2008 at 8:43 am
Baie mooi… maar ek verkies die lente in Suid-Afrika! Selfs hier in London is dit “mooi”, maar nie Suid-Afrika-mooi nie…dink maar net aan Namakwaland! en Pretoria se strate…so iets het ek nog nerens gesien en beleef nie…
Dis heerlike lente, die winter’s verby; weer nooi berg’ en klowe vir jou en vir my. Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o. Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!
Die bergklim is heerlik, dit hou mens gesond. Die vroe-, vroeë môre het goud in die mond. Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o. Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!
wimpie said,
April 21, 2008 at 4:24 am
welkom terug mater, het jou blog gemis…
Jasper said,
April 26, 2008 at 11:56 pm
Die geroep van nuwe lewe. Nuwe dinge. Nuwe geleenthede. Nuwe liefde….
Nog enkele lukrake lente-kiekies « Boer in Ballingskap said,
April 29, 2008 at 11:07 pm
[...] * http://boerinballingskap.wordpress.com/2008/04/17/lente/#comments [...]
Somer « Boer in Ballingskap said,
July 27, 2008 at 2:47 pm
[...] sneeu wyk, dit word effe warmer en teen einde Maart maak die lente ‘n dramatiese buiging met ‘n kakofonie van kleur wat jou sintuie totaal oorweldig. Vir [...]