Vrydagaand-song X

De hemel duurt maar even … Stef Bos

Die lied is vir my beide pragtig en hartseer. Dit omsluit vir my so mooi die ontnugtering van ouerword en die stryd om steeds aan mens se geloof te bly klou…

10 Comments

  1. Wipneus! said,

    April 26, 2008 at 2:44 am

    Dis die eerste keer wat ek hierdie lied hoor, ek hou baie daarvan! Dit vat mens ver weg….

  2. Kaalvoetkind said,

    April 26, 2008 at 3:26 am

    Baie mooi!

  3. April 26, 2008 at 1:14 pm

    Ek kon die song nie beter beskryf het nie. Baie nice…

  4. mykopop said,

    April 26, 2008 at 4:01 pm

    Dankie Boer, dis ongelooflik mooi.

  5. Lewies said,

    April 26, 2008 at 10:11 pm

    Hallo Boer

    Ek het bietjie kom inloer en lekker aan jou laaste paar blog inskrywings kom lees. Dankie vir jou gereelde inloer daar op my plek ek is maar ‘n lui blogger (bogger) maar met die laaaang naweek wat ons het kan ek bietjie tyd maak en n comment of twee gooi.

  6. maeree said,

    April 26, 2008 at 10:54 pm

    aangrypend, dankie

  7. sonkind said,

    April 26, 2008 at 11:48 pm

    Dis vreeslik mooi, en hartseer ook. Gisteraand in Meeulanders het die Oupa vir die dogtertjie vertel die Hemel is om ons, dis daar waar ons gelukkig is.

  8. Rustig said,

    April 28, 2008 at 5:10 am

    Vrek oor Stef. Het hom jare terug in die Libertas Amphiteater gesien op Stellenbosch. En so 2 jaar terug in die Nederland.

  9. Amanda said,

    April 28, 2008 at 2:42 pm

    Ek was onlangs hiermee gekonfronteer toe ons een kat siek word en ons nie gedink het dat hy gaan oorleef nie. My 8-jarige dogtertjie was bitterlik aan die huil en deel van haar smart was die besef dat as die kat sterf, sy hom nooit weer gaan sien nie. Dit was op die punt van my tong om te se: “jy sal hom weer in die hemel sien”, toe ek besef dis so ‘n stupid band-aid wat eintlik betekenisloos is. En in stede daarvan het ons ‘n lang gesprek gehad oor die herinneringe wat ons het van ‘n persoon (of dier!) en dat hulle sodoende altyd by ons is. Dit het haar getroos en die kat is gelukkig nog met ons!

  10. Nikita said,

    April 29, 2008 at 9:00 am

    Baie mooi, het hom so tydjie gelede op youtube geluister en amper geblog met my Hollandse/Flaamse inskrywing! ;) … sien die een wat ek vroeer vanaand geblog het…


Post a Comment