Nav Nikita * se kommentaar, het ek gaan sit en wonder of die lente in Korea nou werklik mooier is as op ander plekke; spesifiek die RSA. Nee, ek dink nie so nie. Ek dink net dat dit hier in Korea so ‘n dramatiese indruk maak omdat die winters so bitter vaal en totaal kleurloos daaruitsien (afgesien van die sneeu). Ewenwel, hier is nog ‘n paar lukrake kiekies…




* http://boerinballingskap.wordpress.com/2008/04/17/lente/#comments



Jo-Ann Schou het gesê,
April 29, 2008 at 11:35 nm
Hallo BiB! Die blomme is eksoties anders en vir my vreeslik mooi. Die mense daar voel heel waarskynlik dieselfde oor ons plate veldblomme in die lente. Lente is vol belofte en dit is wat dit so opwindend maak na ‘n koue, grys en triesterige winter. Ek sien so op na die winter wat vir ons wag. Ek kom mos van die woestyn af waar dit nooit regtig koud was nie en beslis nooit so nat soos die Kaap nie en ek sukkel na amper twee dekades nog met die winterweer; veral met alles wat koud en klam voel. Ek tel die dae na Oktober toe. Mooibly daar!
netjane het gesê,
April 30, 2008 at 12:36 vm
Mooi kiekies! Lente het hier in Stockholm ook aangekom – die hele stad en sy mense voel sommer anders, ek dink mens ervaar lente net so as die winter baie anders was, ek is so gewoond aan Johannesburg weer waar een seisoen amper in ‘n ander invloei dat ek vreeslik opgewonde is oor al die bloeisels en bolle hier – wag nog vir die nuwe groen blare.
Wipneus! het gesê,
April 30, 2008 at 2:45 vm
Die laaste foto is ‘n wenner…baie mooi!
ek kaarten het gesê,
April 30, 2008 at 7:22 vm
Mooie foto’s hoor en ja de lente komt er weer aan, eerst de lente en dan het EK !
mykopop het gesê,
April 30, 2008 at 2:29 nm
Pragtig!
Jasper het gesê,
April 30, 2008 at 4:58 nm
Ek weet nie of mens kan se en land se lente is mooier as ‘n ander s’n nie. Vir my hou hulle almal bekoring. ELkeen op sy eie manier..
kaalvoetinireen het gesê,
April 30, 2008 at 7:04 nm
Ek hou van jou foto’s Boertjie, veral die laaste ene! Hier by my het dit gelyk of dit van voor af gesneeu het as die wind die bloeisels so afgewaai het…
Ek is ook mal oor die lanings Ginko’s wat mens hier kry. Die bome is so skaars in SA.
demoerin het gesê,
April 30, 2008 at 10:59 nm
Ja nee, lente hou maar ‘n spesifieke bekoring in, maak nie saak waar jy jou bevind nie. Bly maar ‘n mooi vernuwing-seisoen. Net soms jammer daar is nie mense wat hulle breine kan spring-clean nie. haha
Rustig het gesê,
Mei 2, 2008 at 5:48 vm
Na tragiese dag het die blommetjies sommer my dag voltooi!
Nikita het gesê,
Mei 2, 2008 at 6:34 nm
Baie mooi, wat ons land s’n mooier maak, Jasper, is die feit dat daarso ‘n verskeidenheid is..dis hoe ek dit beleef…dalk omdat ek hier in ‘n grys stad sit, voel dit so. Wat dit anders hier maak as in SA, is die feit dat die seisoene so “skielik” verander, in Suid-Afrika is die oorgang meer geleidelik omdat ons klimaat anders is. Ek dink hierdie “skielike” verandering maak jou meer bewus van die lente en sien jy dit raak omdat jy “skielik” besef dis lente…ens. Bv. daardie pienk bloeisels aan die bome wat ek geblog het, was in ‘n kwessie van 2-3 dae en 2-3 dae later was byna alles op die grond…en is die bome besig om hulself te klee in hierdie groen gewaad vir Somer. Dis asof jy oornag wakker word en die bome oortrek is met bloeisels. Ek weet nie of dit dieselfde in Korea is nie…
boerinballingskap het gesê,
Mei 2, 2008 at 10:07 nm
Nikita, ek dink jy som dit mooi op! Presies my ervaring…die bloeisels (soos so baie spesiale dinge in die lewe) is maar vlugtig.
Nikita het gesê,
Mei 3, 2008 at 6:36 nm
hi Boer…bly om te hoor dis nie net dalk “ek” nie…ek kyk bv gister weer na daardie bome, daar’s feitlik nie ‘n enkele bloeisel oor nie…en dit na byna net ‘n week…en ek glo my geheue is nog goed van die dae in SA…die bloeisels was definitief baie langer aan die bome…die weer verander net so drasties/skielik van die een oomblik na die ander…een Britse vrou vertel my eendag dat sy in ‘n winkelsentrum was, sy het plat “plakkies” aan gehad..toe sy na ‘n paar uur uitkom, was dit besig om te sneeu! – en o ja, die son het geskyn toe sy ingegaan het… sy vertel toe hoe het haar voete gevries terwyl sy by die stasie gestaan en wag het vir die trein…
René het gesê,
Mei 5, 2008 at 7:05 nm
ek verlang…!
duskant het gesê,
Mei 5, 2008 at 11:55 nm
Dit mag dalk lukraak wees maar vrekkit dis mooi!
Puik fotos!
boendoe het gesê,
Mei 7, 2008 at 12:17 vm
Ag, dis mooi. Ek kan nie ‘n blommetjie (of twee) weerstaan nie.