Die eerste tempel

S7301826

Tydens die periode van die drie koninkryke in Korea (57vC-668nC), was die Silla koninkryk (57vC-935nC) die laaste van die koninkryke watS7301580 Buddhisme as geloof aanvaar het. Hoewel Buddhisme op daardie stadium reeds menige volgelinge in Silla gehad het, was meerderheid van die bevolking lojale aanhangers van sjamanisme (tradisionele aanbidding van geeste). Koning Beopheung (23ste monarg van Silla) wat die troon in 514nC bestyg het, was egter vasberade om Buddhisme Silla se staatsgeloof te maak. Maar hoe sou hy te werk gaan om die invloedryke adelikes (omtrent almal sjamaniste) te oorreed?

S7301572Park Inchadon, verlangse familie van Beopheung en deel van sy administrasie, tree na vore, asof gestuur. Park het die koning gevra om hom om die lewe te bring ten aanskoue van die adelikes, want slegs dan sou hulle instem om tot Buddhisme te bekeer. Beopheung het egter die versoek geweier. Tog staan hy in 527nC Park se versoek toe om die eerste Buddhistiese tempel in Silla te begin bou. Om die tempel te bou, het Park die bome van ‘n woud wat as heiilig beskou is deur die sjamaniste, afgekap. Die adelikes was baie ontsteld en het Beopheung versoek om onmiddellik Park te beveel om die bouwerk te staak. Hy het ook besef sy koningsgesag is op die spel en het onmiddellik vir Park ontbied. Voor die adelikes het hy Park se teregstelling beveel en laasgenoemde se kop is op die plek afgekap. Volgens oorlewering het daar nie bloed uit Park se nek gespuit nie, maar melk. Daar was ‘n groot aardbewing, die lug het donker geword en duisende blomme het uit die hemele begin neerval. Hierdie tekens het die adelikes en talle ander sjamaniste oortuig dat hulle hulself tot Buddhisme moet bekeer.

S7301822

S7301842Daar is voortgegaan met die bou van Heungryunsa tempel en dit is in 544nC voltooi. Vandag staan die klein gerestoureerde tempel steeds trots in Gyeongju . ‘n Baie opvallende kenmerk van die tempel, is die besonderse S7301843muurskilderye aan die buitekant, een wat duidelik Park se teregstelling uitbeeld. Die tempel is werklik pragtig, met ‘n kaleidoskoop van kleure wat die gebou versier. Dit is die oudste tempel in Gyeongju en een van die oudstes in Korea.