Die eerste tempel

S7301826

Tydens die periode van die drie koninkryke in Korea (57vC-668nC), was die Silla koninkryk (57vC-935nC) die laaste van die koninkryke watS7301580 Buddhisme as geloof aanvaar het. Hoewel Buddhisme op daardie stadium reeds menige volgelinge in Silla gehad het, was meerderheid van die bevolking lojale aanhangers van sjamanisme (tradisionele aanbidding van geeste). Koning Beopheung (23ste monarg van Silla) wat die troon in 514nC bestyg het, was egter vasberade om Buddhisme Silla se staatsgeloof te maak. Maar hoe sou hy te werk gaan om die invloedryke adelikes (omtrent almal sjamaniste) te oorreed?

S7301572Park Inchadon, verlangse familie van Beopheung en deel van sy administrasie, tree na vore, asof gestuur. Park het die koning gevra om hom om die lewe te bring ten aanskoue van die adelikes, want slegs dan sou hulle instem om tot Buddhisme te bekeer. Beopheung het egter die versoek geweier. Tog staan hy in 527nC Park se versoek toe om die eerste Buddhistiese tempel in Silla te begin bou. Om die tempel te bou, het Park die bome van ‘n woud wat as heiilig beskou is deur die sjamaniste, afgekap. Die adelikes was baie ontsteld en het Beopheung versoek om onmiddellik Park te beveel om die bouwerk te staak. Hy het ook besef sy koningsgesag is op die spel en het onmiddellik vir Park ontbied. Voor die adelikes het hy Park se teregstelling beveel en laasgenoemde se kop is op die plek afgekap. Volgens oorlewering het daar nie bloed uit Park se nek gespuit nie, maar melk. Daar was ‘n groot aardbewing, die lug het donker geword en duisende blomme het uit die hemele begin neerval. Hierdie tekens het die adelikes en talle ander sjamaniste oortuig dat hulle hulself tot Buddhisme moet bekeer.

S7301822

S7301842Daar is voortgegaan met die bou van Heungryunsa tempel en dit is in 544nC voltooi. Vandag staan die klein gerestoureerde tempel steeds trots in Gyeongju . ‘n Baie opvallende kenmerk van die tempel, is die besonderse S7301843muurskilderye aan die buitekant, een wat duidelik Park se teregstelling uitbeeld. Die tempel is werklik pragtig, met ‘n kaleidoskoop van kleure wat die gebou versier. Dit is die oudste tempel in Gyeongju en een van die oudstes in Korea.

13 Kommentaar

  1. netjane het gesê,

    Mei 8, 2008 at 1:19 vm

    Dit is werklik pragtig, veral al die kleure.

  2. mykopop het gesê,

    Mei 8, 2008 at 3:27 vm

    Hulle het darem die pragtigte argitektuur en kuns gehad. Net die name boul my uit!

  3. kaalvoetinireen het gesê,

    Mei 8, 2008 at 10:13 vm

    Baie interessante storietjie die! Ek is mal oor die kleure en patrone op die tempels. Ek is net bly ek is nie die een wat dit daar moes opverf nie ;-)

  4. demoerin het gesê,

    Mei 8, 2008 at 5:15 nm

    Dankie vir die interessant inskrywings. Dit is soos om History Channel te kyk!

  5. Wipneus! het gesê,

    Mei 8, 2008 at 6:14 nm

    Ek is mal oor hierdie tempels, het jou skrywe geniet….

  6. reisiger het gesê,

    Mei 8, 2008 at 7:07 nm

    Ek verwonder my keer op keer aan die Oosterse argitektuur en hulle gebruik van kleur!

  7. Nikita het gesê,

    Mei 9, 2008 at 4:57 vm

    Jy’s bevoorreg om in so ‘n land te kan woon met ‘n ryk kleurvolle geskiedenis…selfs die foto’s is kleurvol en vertel baie, ek kan net dink watter interessante stories die land moet he waaraan die kinders smul…

  8. kyker het gesê,

    Mei 9, 2008 at 5:53 vm

    Ai tog. Wrede geskiedenis. Baie mooi argitektuur.

  9. Pikkelik het gesê,

    Mei 10, 2008 at 5:25 vm

    Die mooiste tempels…. Baie interressante artikel. Die voel of ek self nou ‘n draai in Korea gemaak het. Een van die dae sê ek: Ontmoet die wêreldreisiger… ;-)

  10. wimpie het gesê,

    Mei 12, 2008 at 3:44 vm

    jy beskryf dit so mooi en die prentjies…

  11. Marina het gesê,

    Mei 12, 2008 at 8:14 nm

    Dis wonderlik dat die tempeltjie so pragtig behoue gebly het…..duidelik is die Koreane baie gesteld daarop om hulle kultuur te bewaar vir die nageslag
    (nie wat ons hier in SA kan sê nie……wat nie inpas nie word sumier afgebreek…ai tog!!!!)

  12. Junie 11, 2008 at 12:35 vm

    [...] , gelee teen Sogeumgang-berg se koppies wat. Volgens oorlewering is hierdie tempel gebou om Park Inchadon se martelaarskap te gedenk. Die oorspronklike tempel is gedurende die Japanese inval van 1592-98 [...]

  13. December 3, 2009 at 12:54 vm

    [...] as die amptelike geloof van Silla geproklameer het en daarna Heungnryunsa tempel laat bou het. In een van my vorige inskrywings vertel ek meer oor Heungnryunsa en die interessante aanloop tot die proklamering van Boeddhisme as [...]


Lewer Kommentaar