Pret, plesier en die nutteloosheid van Prozac

S7302789

S7302874So word daar toe mos besluit om die eentonigheid van die klaskamer te verbreek en die pad te vat na die pretpark. Die aangewese plek is Gyeongju World, naby Bomun-meer, net buite die stad. Nou moet ek erken, pretparke is vir my soos sirkusse – hulle is almal min of meer dieselfde, maak nie saak waar in die wereld jy reis nie. Korea isS7302895 vervuil van sulke plesierplekke en Gyeongju World is een van die kleineres (Everland, naby Seoul, is die grootste in Korea en ook een van die 10 gewildste pretparke in die wereld). Nieteenstaande, skat ek Gyeongju World effe groter as Ratanga Junction in Kaapstad.

Die betrokke dag besluit die helfte van Korea natuurlik om ook die park te besoek (hoewel sulke openbare plekke seker maar altyd so lyk in die Ooste). Tussen die res van die massas straal die kinders se gesigte en hulle loop oor van opgewondenheid. Ekself dink aan die lang dag wat voorle…

S7302783 Almal word vooraf mooi georganiseer in bondels wat veronderstel is om soos rye te lyk. Die toegangskaartjies, in die vorm van oranje armbandjies, word sorgvuldig en onder entoesiastiese druk van die kinders om die klein polse gedraai. As ons uiteindelik binne is, ontplof die bondels S7302788 eensklaps en die kinders kartets jillende die vier windrigtings in. Ek bly staan, gedwonge hand-aan-hand met ‘n paar bittereinders wat daarop aandring dat hulle saam met die “teacher” die pretpark wil ervaar. Alles goed en wel, maar die enigste probleem is dat daar by elke ryding ellelange rye (bondels) Koreane staan.

S7302820 Ek moet bieg dat my arsenaal van deugde nie veel geduld bevat nie. Ek ignoreer dus die bittereinders se wense om in lang rye te gaan staan en kies koers na die Big Wheel , wat skynbaar nie so gewild is nie. Dit lyk ook immers of dit nie my binnegoed gaan herrangskik nie. Die rustige rit gee my ‘n pragtige uitsig en ek kry kans om ‘n paar mooi panorama-foto’s te neem.

S7302808S7302830

S7302854Die wiel draai en minute later swig ek voor dieS7302912 bittereinders se versoeke om vir 45 min. in ‘n ry te gaan staan om die Flume te ry. Daar gaat ons toe in die nagemaakte boomstompbote en ry met die waterstroom langs net om, na die laaste steil helling, byna papnat onder te kom. Maar, ondanks die halfnat denim aan my bene, voel ek opeens so bietjie lewe in my roer en sweempies van ongebonde pretgevoelens begin deurskemer. Die rye waarin mens moet wag, is skielik nie meer so lank vir my nie. Nou is dit ek wat die kinders moet oorreed om saam met my die sg.S7302829 Megadrop te gaan ry. Ek blameer hulle nie dat hulle eerder verkies om te gaan rondomtalie op die skynbaar veiliger seekat nie. Dus is ek en 19 ander gillende Koreane op met die toring, wat aanvanklik nie so hoog gelyk het nie. Soos die karretjie stadig boontoe beweeg, raak die lewe daaronder skrikwekkend klein. Die Koreane wat altyd soos miere krioel, LYK ook nou soos miere. As ons bo kom, besef ek dis bleddie hoog (met ‘n hoofletter F!). Miskien was dit nou nie so ‘n goeie idee nie…

S7302853 Die volgende oomblik val die hele groot kontrepsie met ‘n duiselingwekkende spoed na onder en ek knyp my oe styf toe. Vir etlike sekondes voel dit asof ek my te pletter gaan val daaronder en ek kan reeds sien hoe vee hulle die “teacher” met ‘n besem op! Genadiglik skop die hidrouliese remstelsel betyds in en ons kom veersag tot stilstand. Ek klim af met helfte van my organe in my keel en my bene effe lam. Dit was lekker op ‘n sadistiese wyse, maar weer sal ek nie.

S7302827

Die bittereinders is nerens te sien nie en so op my eie sluk ek ‘n sterk koffie, terwyl ek wonder oor wat om volgende te doen. Ek voel braaf en besluit op die gewildste rit in die park, nl. die vinnige pretwurm, genaamd Phaeton, aan te durf. Hoogtes en masjiene wat jou in die rondte draai het my nog nooit gemaklik laat voel nie, maar ek het ‘n swak vir spoed – hoe vinniger, hoe beter.

S7302916

S7302930Die ry lyk langer as al die ander, maar ek besluit om te wag en teS7302917 wag…en te wag. Na ongeveer 45 min, kom ek by ‘n bordjie wat my vriendelik (in Koreaans) meedeel “Verwag om vanaf hierdie punt gemiddeld nog ‘n uur en ‘n half te wag”. Byna begewe my moed my, maar gelukkig byt ek vas. En hulle is nie verkeerd nie: ‘n uur en ‘n half later word ek vasgegespe in die karretjie en op daai stadium is die lang gewag sommer vergete – ek’s opgewonde.

S7302905Die pretwurm het nie teleurgestel nie. Die Phaeton gooi jou binegoed behoorlik rond oor ‘n kort afstand teen ‘n ysingswekkende spoed. Al wat jy voel is die spoed en al wat in ‘n waas verby jou skiet, is stukkies blou lug en groen gras, soos jy gat-oor-kop rondgeslinger word. Die sensasie kan nie oorvertel word nie, maar jy kraai willekeurig van die pret.

Ek klim af en daar’s ‘n bree glimlag op my gesig. Die adrenalien pompS7302855 onverpoos deur my are. Ek het lanklaas SO goed gevoel. Daardie skielike besef dat ek LEEF, oorweldig my. Dis asof die pretwurmrit vergete bronne van energie wakkergeskud het. 100% suiwer toonkrul-lekkerte! (Lank terug het ek eenmaal die Cobra by Ratanga Junction gery en hoewel die Cobra en die S7302943Phaeton sekerlik min-of-meer dieselfde ervaring bied, kan ek nie onthou dat ek die Cobra SO baie geniet het nie). Om laatmiddag die klomp jillende kinders, soos ‘n skaapwagter van ouds, weer bymekaar te maak, is vir my ‘n maklike taak en ek doen dit met ‘n glimlag.

S7302876

Na my ervaring by Gyeongju World, is my raad die volgende: Gooi weg die Red Bull, Berocca en die Prozac ! Besoek so gou as moontlik jou naaste pretpark. Jy sal nie spyt wees nie en dit sal jou jonger laat voel as wat jy in ‘n lang tyd gevoel het! Ekself beplan om nou sommer baie gereeld te gaan…