begeerte in ballingskap

S7302965

Ek begeer nie dikwels nie. Oor algemeen is ek redelik tevrede met wat ek (nie) het (nie). Maar so af en toe word ek gekonfronteer met ‘n visuele prikkeling wat begeerte deur my hele wese laat stu.

S7300292S7302979S7303030S7300295S7300294

Dit is presies wat gebeur het, toe ek die geleentheid aangegryp het om ‘n skou van supermotors hier plaaslik in Korea by te woon. Weliswaar is dit nou nie die grootste sodanige skou wat ek al bygewoon het, maar was dit mooi…

S7300066S7300111

S7302977Ek is die eerste een wat ruiterlik sal erken dat ek nie veel van ‘n motor se binnegoed af weet nie, maar ek kan die lyne van ‘n mooi motor meer waardeer as menige ander. Ek het ‘n totale swakheid vir mooi motors en moet bieg dat, as dit by motors kom, ek totaal en al slegs op die uiterlike ingestel is. As ‘n motor vir my mooi is, skeel dit my meestal min wat onder die enjinkap aangaan of wat die petrolverbruik is esm. Ek kan myself ure lank vergaap aan die pragtige kurwes en kinkels…

Van die hoogtepunte vir my was:

S7300008

Ferrari F50: Hierdie V12 knaap versnel in 3.7 sekondes vanaf 0-100 km/h en het ‘n topspoed van 325km/h . Beraamde prys (tweedehands): $850 000.

S7302996

Ferrari F430: Die V8 enjin versnel die bul in 3.5 sekondes van 0-100km/h en bereik ‘n topspoed van 315km/h . Beraamde prys: $220 000.

S7300025

Ferrari 612 Scaglietti: Nog ‘n V12 monster wat (in vergelyking met die ander Ferraris) “stadig” is: Hy neem 4.2 sekondes om van 0-100km/h te versnel en het ‘n topspoed van 315km/h . Beraamde prys: $250 000

S7300015

Lamborghini Murcielago LP640: Hierdie 7 liter monster versnel in 3.4 sekondes vanaf 0-100 km/h en het ‘n topspoed van 340km/h . Beraamde prys: $370 000.

S7300036

Lamborghini Gallardo: Die Lambo neem 3.8 sekondes om van 0-100km/h te versnel en haal ‘n topspoed van 315km/h . Beraamde prys: $200 000 (R1.5 milj). Hierdie motor was my persoonlike gunsteling.

S7300042

Porsche GT3: Hierdie bulletjie versnel in 4.2 sekondes van 0-100km/h en haal ‘n topspoed van 325km/h . Beraamde prys: $115 000

S7300084

Porsche 911 Turbo: Die staatmaker versnel in 3.7 sekondes vanaf 0-100 km/h en het ‘n topspoed van 310km/h . Beraamde prys: $125 000

S7300061

Mercedes Benz SLR McLaren: Die 5.4 liter V8 blits in so min as 3.1 sekondes vanaf 0-100km/h en bereik ‘n topspoed van 360km/h . Beraamde prys: $500 000.

S7302972

Aston Martin DB9: Die V12 enjin dryf die motor in 4.5 sekondes van 0-100km/h en die topspoed is 306km/h . Beraamde prys: $180 000.

S7302999S7302968

Self sal ek seker nooit een van hierdie pragstukke besit nie, maar dit gee vir my (en soveel ander klein seuntjies binne groot mannelywe) iets om oor te droom en te fantaseer. Ek het met lammerige kniee na etlike ure en honderde foto’s teesinnig die vertoonsaal verlaat. Sjoe! Mooi bly darem maar mooi…