Maande terug het George terloops gevra of ek nie ‘n inskrywing wil doen oor die “Koreaanse mentaliteit” nie. Nou-ja, dit het lank geneem vir my om by die punt te kom om al my los gedagtes en waarnemings in woordvorm te giet, maar hier is dit nou.
Met hierdie inskrywing wil ek graag die klem laat val op watter aspekte van die Koreaanse mentaliteit moontlik bygedra het tot die opbou van ‘n arm, oorlogverwoeste en geskende land tot ‘n ekonomiese reus in so min as 50 jaar (die sg. Miracle on the Han River). Ek skryf uit eie ervaring en waarnemings tydens my verblyf hier in die Ooste. Aanvanklik wou ek graag die opskrif gemaak het Die Oosterse mentaliteit , maar ek het daarteen besluit. Hoewel daar baie goeie aanduidings is dat die Koreane se mentaliteit dieselfde is as ‘n breer mentaliteit in die Verre Ooste (Japan en China), het ek nie ervaring van laasgenoemde twee lande nie. Dus beperk ek my waarnemings tot Korea.
Die eerste aspek wat ‘n groot rol binne die Koreaanse samelewing speel is respek vir andere. Die Koreane is in hierdie opsig geseend dat hulle die beste leerringe van Christenskap, Buddhisme en Confucianisme (wat nie in wese ‘n godsdiens is nie, maar ‘n filosofie) kon neem om sosiale
gedrag te rig. Dis veral die morele en etiese kodes van Confucianisme wat verreweg die belangrikste impak op die ontwikkeling van die Koreaanse sosiale stelsel gehad het (die simbole van Confucianisme is ook op die Koreaanse vlag aangebring). Die sosiale kodes van hoe om korrek teenoor andere op te tree, sorg vir ‘n Koreaanse samelewing waar daar ‘n baie hoe waarde geheg word aan oa menselewens en ander se besittings. Binne hierdie paradigma is daar ook geweldige respek vir ouer mense en veral bejaardes. Hier is byna geen ouetehuise nie en dis die kinders se sosiale plig om na hulle bejaarde ouers om te sien. Om jou bejaarde ouer in ‘n ouetehuis te plaas, is ‘n groot afwyking van die sosiale gedragskode. Jy groet ook bejaardes op ‘n baie meer respekvolle manier as ander mense.
Die bietjie misdaad wat binne die samelewing plaasvind, en veral (die bitter min) geweldadige
misdaad, word geweldig gestigmatiseer. So ‘n misdadiger kry absoluut geen skuiling of steun onder die burgers nie. Weens die burgers se samewerking word sulke misdadigers baie gou gevind, aangesien die burgers net so hard werk om die misdadiger/s aan te keer as die polisie self. Moord, verkragting ens. word werklik hier as verwerplike aksies gesien aangesien dit sosiale kodes op die ergste vlak oortree. In die gewone omgang met Koreane vertoon hulle ook geweldig respek vir jou. Hulle groet altyd met ‘n buiging en as hulle iets oorhandig, word dit met twee hande gedoen. As jy voorts iets gaan drink, is dit elkeen se individuele plig om vir die ander te skink. Jy skink bloot net nie vir jouself nie – dis onbeskof.
Die Koreane se produktiwiteit en werksetiek is voorwaar iets om te aanskou. Oral waar jy gaan werskaf hulle altyd. Hulle laat my baie keer aan werkersmiere dink. Vandag sien jy nog ‘n boekwinkel en as jy letterlik twee dae later daar verbystap, is dit ‘n nuwe kafee of restaurant of
watookal. Daar is baie mense wat op ‘n slag soos miere rondskarrel en hulle werk ongelooflik vinnig. Ek het as’t ware by enige konstruksie nog nooit eens enigiemand sien stilsit of staan of eet of drink of rook nie. Hulle werk net – weeksdae, naweke, vakansiedae. En nuwe geboue gaan met verstommende spoed op. Jy sien dit voor jou oe gebeur. Hulle skep die indruk dat hulle die werk so vinnig as moontlik wil voltooi. Nou-ja, sekerlik kan mens nie verwag dat die kwaliteit altyd eersteklas is nie (ek glo nie dit is nie!), maar daar is absoluut geen teken van
uitstel (procrastination ) nie. Daar is soveel voorbeelde, dat ek nie weet watter om te noem nie. ‘n Stormwatersloot word opgegrawe en aan gewerk (sommer deur die nag) en die volgende oggend is die stukkie wat klaar gegrawe is, reeds weer oorgeteer! Dieselfde met die paaie. As jy weer sien, is ‘n hele stuk pad met tartan bele (hulle vrek oor tartan en gebruik dit geweldig baie op paaie en sypaadjies). Of jy stap eendag op die sypaadjie en sien die hele sypaadjie word seker vir omtrent 2 kilometer lank heeltemal opgegrawe. ‘n Dag of twee later is daar ‘n splinternuwe sypaadjie. En jy loop en wonder nog hoekom die sypaadjie dan in die eerste plek oorgedoen is. Om mee te begin was daar niks op die oog af verkeerd met die ou sypaadjie nie. En so stoomroller hulle eenvoudig voort. Die Koreane het verseker ‘n dringendheid in alles wat hulle doen. Een van die eerste woorde wat mens hier leer is ” pali, pali !” (maak gou, maak gou!). Inderdaad leef hulle asof tyd die kosbaarste besitting van als is.
Wat aansluit by bogenoemde, is die aandag wat aan detail gegee word in die proses van produktiwiteit. Jy kom een oggend by die speelparkie by
die skool en sien hy is splinternuut. Alles is nuut – die wipplank, glyplank, perdjie en die hele toetie. Net die rame is nie nuut nie. Hulle is pragtig oorgeverf. En op die koop toe is daar sommer nuwe houtbankies in die parkie geplaas. Die oues, wat al begin sleg lyk het, is onseremonieel
verwyder. En gister, toe jy daar was, was die speelparkie nog oud. O-ja! Daar is sommer ‘n paar nuwe boompies ook geplant. By een van die kruisings is daar so ‘n groot blombedding op die pad-eiland. Hier teen die einde van die lente, begin die blommetjies vaal lyk. En een middag stap jy verby en ‘n vragmotor stop. Omtrent 10 vrouens klim af, vaar die bedding binne en begin met die spoed van wit lig die blomme uittrek. Voor jou oe verdwyn die bedding, asof ‘n sprinkaanplaag daar deurtrek. Jy stap aan en skud jou kop in verwondering. Die aand, as jy weer verbystap, is die hele bedding pragtig weer beplant met die allermooiste blomme.
Om die produktiwiteit op te som, sou ek se dat Koreane geweldig vinnig werk en waar hulle werk, doen hulle dit met oorgawe en in groot getalle. Ook binne die konteks van produktiwiteit, glo ek dat hulle sosiale etiek ‘n prominente rol speel. Jy moet trots wees op jou werk en dit goed doen.
Dit het tot gevolg dat daar nie neergekyk word op blouboordjie werkers nie. Ook vir jou busdrywer en die blommetjieplant-tannies het jy respek. Daar word nie neergekyk op sulke beroepe nie. Werk, van watter aard ook, is geweldig belangrik. Eendag vra ek ‘n Koreaanse vriend waarom daar so min bedelaars in Korea is (hier is regtig min). Hy’t my so snaaks aangekyk en gevra: “But who wil give them money? If you want money, you must work !”
Ek moet byvoeg dat die Koreane ‘n groeiende ekonomie geskep wat geweldige werkskepping tot gevolg gehad het, so armoede en werkloosheid is nie van Korea se grootste kopsere nie. Dit is ook so dat Koreane (wat die langste ure in die wereld werk) sekerlik dit oordryf. Maar ek glo nie dat hulle sonder hierdie klem op werksetiek en produktiwiteit vandag sou gewees het waar hulle is nie.
‘n Strewe na uitnemendheid en deursettingsvermoee is ander aspekte wat ooglopend is van die Koreaanse mentaliteit. Hulle wil graag die beste wees in wat hulle doen en daar is geen keer aan hierdie strewe nie. Daarom vind jy vandag Samsung, LG, Hyundai ensomeer waar hulle is.
Hulle wil voorloop en dis waarna hulle die heeltyd streef. Wat hierby aansluit is die byna ongebalanseerde klem op opvoeding en onderwys. Dit het ‘n oorheersende invloed op die Koreaanse samelewing. Jy moet eenvoudig die beste onderwys en opvoeding denkbaar ontvang (daar is ook ‘n sg. education tax op alle goedere en dienste hier). Eendag vra ek ‘n Koreaan hoekom dan hierdie geweldige klem op opvoeding? “We only have our knowledge” was die antwoord. En DIT is Korea se grootste bate – mense en hulle kennis. Hulle het vir alle praktiese doeleindes geen
grondstowwe nie en daarom bele hulle in hulle mense. Dis hoekom jy sal vind dat Korea se investering in navorsing&ontwikkeling van die hoogste in die wereld is. En daarom ook die obsessie met die Engelse taal (let wel: nie ten koste van Koreaans nie, maar as noodsaaklike aanvulling tot hul moedertaal). Van kindertuin af leer die Koreane reeds Engels, want hulle het al lankal besef dat dit ‘n taal is wat essensieel geraak het binne die internasionale arena.
Niks kry die Koreane onder nie…en hulle het hulle swaarkry gehad. Van die bloeddorstige invalle deur die Mongole, tot die koloniale besetting deur Japan en die meer onlangse vernietigende Koreaanse oorlog. Maar altyd staan hulle weer op deur saam te staan.
Daar is geen selfbejammering en blaamverplasing nie. Hulle het ‘n geweldige deursettingsvermoee en ‘n can do houding. Dis eintlik ‘n wonderwerk in die kleine dat die Koreane vir eeue so tussen die sterk magte van China en Japan kon behoue bly en kon floreer as ‘n onafhanklike volk. Hulle sien niks as onmoontlik nie en het ‘n ewigdurende strewe om hulself te laat geld en die pas aan te gee. Hulle maak ook foute, maar laat dit nie hulle onderkry nie. Hulle staan nooit stil nie, maar gaan net vorentoe. Ek het nou die dag ‘n program gekyk oor Koreaanse robotvervaardigers. Hulle is reeds voor ander lande met die vervaardiging van diensrobotte (“bediendes”) en ek twyfel nie daarin dat hulle die mark gaan oorheers in hierdie afdeling nie.
Patriotisme en trots. Die Koreane is geweldig patrioties en trots op hulle volk, taal en land. In die verband dink ek juis dis Korea se homogeniteit wat die land so goed laat werk. Dis asof die mense wat bou, plant ens. dit ook vir Korea doen en nie net vir eie, individuele persoonlike gewin nie. Die Koreane is ook baie trots op hulle handelsmerke en ondersteun hulle eie
handelsmerke entoesiasties. Geen “trots Koreaans” veldtogte is hier nodig nie – die mense doen dit sommer op hulle eie. Hulle is altyd bereid om saam te staan. Toe daar aan in Desember 2007 ‘n geweldige olieramp aan die weskus was, het hulle as een saamgestaan. Meer as ‘n miljoen vrywilligers in 2 maande het gegaan om die see, seediere en strande skoon te skrop van die olievloek. Die manier wat hulle hul geskiedenis bewaar is ook bewonderingswaardig. Hulle spandeer miljoene aan restourerings en instandhouding. En dis gewone Koreane (nie net toeriste nie) wat elke naweek die geskiedkundige plekke besoek en hulle kinders van die geskiedenis leer.
Laastens kan ek noem dat ek aanvanklik ‘n vergelykende studie oorweeg het tussen die Koreaanse (Oosterse) mentaliteit en die Afrika mentaliteit. Ek dink egter so ‘n vergelyking is oorbodig. Vir enigiemand wat hier lees, behoort die verskille ooglopend te wees. Wanneer ‘n samelewing (soos Korea) geen ruimte vir middelmatigheid laat nie, is die uiteindelike sukses van so ‘n samelewing voorspelbaar…
Ek is voorwaar bevoorreg om hierdie land, sy mense en hulle mentaliteit van vooruitstrewendheid te kan beleef.






en 10 kamers van wisselende grote. Jy gaan bloot binne en as hulle nie vol is nie, kry jy ‘n kamer wat per uur betaal is. In so ‘n kamer kan jy en jou
vriende dan in privaatheid sit en kuier en karaoke tot die son opkom, sonder dat die res van die publiek aanskou hoe jy jou naam krater maak. Jy ontspan dus al te lekker, bestel ‘n paar biere, soju (Korea se nasionale drank – ek noem dit sommer Koreaanse mampoer) en peuselhappies en probeer jou longe uit te sing, terwyl jy komies poog om ou vergete danspassie uit te haal.


Baengyulsa is ‘n klein tempeltjie in Gyeongju , gelee teen Sogeumgang-berg se koppies. Volgens oorlewering is hierdie tempel gebou om
belangrikheid van die tempel, is die klein aanbiddingsplek baie gewild onder Buddhiste. Wat die tempel ook uniek maak, is die feit dat daar nie die gebruiklike steen-pagoda gebou is nie, weens die gebrek aan spasie, so tussen die bergrotse. Die tempel is effe weggesteek tussen die granietstene en dennebome en dis ‘n hele entjie se opdraende stap om daar uit tekom. Dis egter die moeite werd. Soos ek nou al gewoond geraak het daaraan, is die tempel met pragtige muurskilderye versier.















die van die genoemde konings is. Nuwe bewyse dui daarop dat die grafte uit ongeveer 500nC dateer en nie vroeer nie. Hulle redeneer ook dat sommige van die tombes te klein is om die van konings te wees.

