Irredenta addendum

Na die lofbesinging van ‘n Italiaanse wyn, keer ek terug na ‘n ander Italiaanse produk wat my oorrompel het. So ‘n paar maande terug het ek vir die eerste keer gebieg oor my begeertes hier in ballingskap. ‘n Kort tydjie daarna het ek gebieg dat die nuutste Maserati GT Koepee my aan’d kwyle het. Vandat ek egter die eerste keer my oe kon le op die nuwe Ferrari California, lyk die Maserati skielik minder aanloklik. Passievol! Watter visuele prikkeling! Watter lus vir die oog! Baie, baie mooi (met ‘n hoofletter F)! My mond, nou al vol vliee, hang steeds oop. Die Italianers kan maar ophou om wyn te maak, maar hulle moet asseblief NOOIT ophou om motors te maak nie!

manual-transmission-w

2009-ferrari-california-1 1024x0w

4.3 liter V8 enjin;

Voorspelde versnelling 0-100km/h: onder 4 sekondes;

Verwagte topspoed: 340km/h;

Verwagte prys: Wie gee regtig om?

Foto’s: Topspeed

Sit ‘n bietjie Soave in jou somer

Soave (uitgespreek “swa-wy”) is die streekseie naam van ‘n lieflike witwyn afkomstig uit die Veneto-streek, noord-oos Italie. Veneto is ‘n internasionaal-erkende wynstreek en Soave is een van die gewildste wyne in Italie. Die basis van Soave is die staatmaker Italiaanse witdruif, Garganega, met die Trebbiano-druif (ook bekend as Ugni Blanc) en enkele ander wat ‘n mindere bydrae lewer tot die versnit.

Ek was baie bly om ‘n 2007 Soave Denominaziones di Origine Controllata (DOC) Classico in die hande te kry, ingevoer deur Tesco vir hulle Koreaanse winkelgroep (bekend as Homeplus). Die terme DOC Classico dui spesifiek aan dat die hierdie wyn afkomstig is van die gebied binne die Soave munisipaleit in Veneto. (indien die wyn slegs DOC geklassifiseer is, kan die wyn wyn ook afkomstig wees van ander munisipale gebiede in Veneto).

S7308331

Die wyn het my beindruk deur te lewer presies wat ek van ‘n Soave sou verwag. Op die oog is die kleur aanloklik en helder strooigoud sonder enige fout. Die wyn se neus slaan nie jou asem weg nie (Soave doen dit selde), maar die geur van Granny Smith appels, die effe sitrus en ‘n subtiele neutagtigheid (miskien amandel?) is aangenaam. Die smaak is mega-vars, baie droog en skree “somer”! Baie goeie suur soos ek daarvan hou, maar in balans met die geure van sitrus, ‘n aangename mineraalagtigheid en selfs ‘n net-net waarneembare nasmaak van spanspek in die mond. Soos te wagte met Soave, is daar ook geen sweempie van hout nie. Hoewel dit nou op pad herfs toe is hier, is hierdie wyn veral wonderlik gepas vir die warm en humiede Koreaanse somers. Die wyn laat jou verfris en is maakpas vir lang warm somersmiddae en steurgarnale. Meer hiervan sal ek beslis drink, veral met die feit dat die wyn ‘n alkoholvlak van slegs 12% het. By die gebrek aan steurgarnale op die oomblik wat ek die kurk getrek het, het ek die wyn gepaar met beskuitjies en geurige (duur) Skotse cheddar . En vir ‘n paar oomblikke was ek sommer verplaas na ‘n ander dimensie. As jy ooit Soave in die hande kry, probeer dit! Dit sal nie jou beursie of lewer skade doen nie.

Prys in USD (teen huidige wisselkoers): $7.65

Kimbap is koning in Korea

Nee, kimbap is nie een van Korea se antieke konings nie…dis die naam van sekerlik die gewildste kitskos in Korea. Vir alle praktiese doeleindes is dit Korea se weergawe van die gewilde california roll, of eerder is die california roll miskien ‘n weergawe van kimbap .

S7300437S7300441

Kimbap beteken letterlik seegras (kim) rys (bap). Dit bestaan basies uit rys, gerol in seegras met ‘n verskeidenheid moontlike vulsels binne (maar nooit avokado, soos in die california roll nie). In Korea is kimbap letterlik orals te koop: by straatstalletjies, supermarkte, kafees, restaurante ens. En natuurlik maak mense dit ook self tuis. Dis smaaklik, goedkoop, maklik om te maak, vullend en boonop baie gesond.

S7300447S7300446

Eers word die rys behoorlik met sesame-olie bewerk. Die velletjie seegras (so te koop in die supermarkte hier) word op die kimbap-matjie geplaas en die rys word sorgvuldig daarop gerangskik. Hierna word die vulsel op die rys geplaas. Die mees algemene vulsel is: wortel, gepersde krapvleis (crabstick), gepersde stroke visdeeg (odeng), eier, ham, komkommer en geelradys. Die seegras en vulsel word dan ‘n paar keer styf toegerol in die matjie. En siedaar! Die kimbap is klaar voorberei. Al wat oorbly is om die rolletjie met ‘n bietjie sesame-olie te smeer en met ‘n skerp mes te sny.

S7300453S7300454

Daar is ‘n hele paar variasies van kimbap, soos kimbap met kimchi (Korea se gewilde gefermenteerde rooipeper-kool), kimbap met tuna en wilde sesame-blaar, kimbap met rooipeper, asook die sogenaamde nude kimbap . In geval van lg. word die rys aan die buitekant van die seegras-velletjie gerol, met die vulsel aan die binnekant. Afgesien van hierdie variasies kan jy ook die inisiatief neem en enige kombinasie van vulsels self probeer.

S7300462S7300466

Dis heel moontlik die eerste kos waarmee jy sal kennismaak in Korea en ook moontlik die laaste ding wat jy sal eet voordat jy die land verlaat. In die begin was dit vir my nogals lekker om te eet, maar ek het dit nou-al so dikwels ge-eet, dat ek ‘n versadigingspunt bereik het. Eintlik is ek regtig sat daarvoor. Ek dink op die langeduur verkies ek King Pie .

(Ai, hoe lus kry ek nie nou vir ‘n lekker vars steak ‘n pepper pastei nie…)

Goryeong – die heimat van Daegaya

Goryeong is ‘n plattelandse dorp (bevolking 35 000), ongeveer ‘n uur en ‘n half suid-wes van Gyeongju , waar ek woon. Op die oog af is daar niks spesiaals aan hierdie dorp nie en lyk dit soos vele ander Koreaanse dorpe, met heuwels, ‘n rivier en die somergroen ryslande wat elke ongeboude spasie vul. Tog is Goryeong nie sommer enige dorp nie.

S7306311S7306310S7306300S7306291

Hierdie dorp was 5 eeue lank die hoofsetel van Daegaya (42-562vC) – een van die prominentste stadstate binne die groter antieke Gaya Konfederasie (‘n losse samevoeging van stadstate en klein stamkoninkryke). Daegaya was ‘n baie klein entiteit in vergelyking met die 3 groot antieke koninkryke van Silla, Baekje en Gorguryeo. Dit was ook Daegaya se lot om vir meeste van sy bestaan ‘n geo-politieke speelbal te wees tussen Baekje en Silla, wat albei gepoog het om hulle invloedsfeer uit te brei. Ondanks hierdie onbenydenswaardige posisie, het die Deagaya-kultuur floreer en het hulle hul merk gemaak op talle terrein, vanaf die kunste tot (veral) metaalwerke. Gedurende 554 het Daegaya met Baekje geallieer, maar hierdie alliansie is beslissend verslaan deur die magte van Silla. Daegaya is daarna in 562 finaal deur die Silla-magte verslaan en die grootste deel van die Gaya Konfederasie is ingelyf by Silla. Baekje het in die proses ook geslaag om ander kleiner dele van die Konfederasie te usurpeer.

S7300002

Wat Goryeong veral spesiaal maak en bekend maak in Korea, is die konsentrasie van antieke grastombes op Jusan (berg). Daar is by die 200 van hierdie tombes op Jusan, waarvan die grootstes al langs die riflyn van die berg le. Aan die voet van die berg, vind jy die baie interessante Daegaya museum, wat mens ‘n baie goeie indruk gee van die Daegaya-kultuur en die leefwyse van eeue terug. Mens is eintlik gefassineer om te sien hoe gevorderd die pottebakkery, ysterwerke en goudsmede so lank terug was. Die museum het ook baie oulike modelle wat presies uitbeeld hoe die grastombes van Daegaya gebou is.

S7306319S7306321

S7306322S7306326

Net langs die museum is die indrukwekkende Daegaya Koninklike Graf – ‘n volledige rekonstruksie (die enigste in Korea) van die grootste tombe op Jusan. Hierdie rekonstruksie van wat die argeoloe ontdek het tydens uitgrawings, word genoem Sungjanmyo - ‘n naam wat daarna verwys dat baie mense saam in een graf begrawe is.

S7300003

Hierdie graf is die eerste waar daar bevestig is dat die antieke konings van Korea se diensknegte en lyfwagte lewendig saam met hulle begrawe is. (Dieselfde gebruik is blykbaar ook beoefen deur die antieke Grieke, Romeine en die Inkas). Daar is bloot geglo dat die koninklikes hierdie diensknegte sou nodig kry in die hiernamaals. In die geval van hierdie graf is daar altesaam 37 lewendige volgelinge van die koning saam met hom begrawe. Wreed, maar inderdaad fassinerend!

S7306342S7306357

Agter hierdie rekonstruksie loop ‘n paadjie oor Jusan , wat al langs die grastombes kronkel en mens pragtige vergesigte bied. Nie om te se dat dit ‘n paadjie is wat mens nie laat sweet en blaas nie! Maar as jy so gelukkig is om in die middel van die Koreaanse somer hier te stap en papnat is van die sweet, kan jy bevoorreg voel as ‘n lekker swartwolk-donderstorm kom laer trek en jou na 20 minute papsopnat en modderig, maar ten minste verfris agterlaat.

S7306376S7306373S7306387S7306382

S7300007

Na die grasfgrafte agter die rug is, kronkel hierdie paadjie verder deur die bosse, wat baie aan Tsitsikamma en omgewing herinner. Dit bied jou die kans om dalk allerhande interessante kreature raak te loop, wat ekstra kleur aan hierdie uitstappie verskaf…

S7306418S7306421

Wanneer jy modderig, moeg en papnat weer die dorp se strate tref, voel jy verryk deur die ervaring en dae later wonder jy steeds oor al daardie ongelukkige siele wat getrou die konings na die doderyk moes volg…

 

Vrydagaand-song XII

The Cars – Drive

Sommer so ‘n ou lekker hartseer-song vir ‘n Vrydagaand. Soos so baie van my ander songs, komende van van my prille jeug…toe my horisonne so wyd en oop voor my gestrek het.