Skip to content

so van die Os op die jas

Januarie 23, 2009
tags: ,

Nog ‘n jaar is verby en dis weer tyd vir die Sjinese Nuwejaar (plaaslik in Korea bekend as Seollal). Die Jaar van die Rot het nou tot ‘n einde gekom en dis tyd vir die getroue Os om die leisels by die klein knaagdier oor te neem. Die Os is die tweede dier binne die Oosterse Diereriem en word vereenselwig met eerlikheid, getrouheid, krag, metodiek, nederigheid, logika, geduld, ambisie en deursettingsvermoee. Aan die negatiewe kant van die munt, word die Os egter ook gekenmerk deur halsstarrigheid, domastrantheid, eenogigheid, materialisme en onversetlikheid. As jy in 1925, 1937, 1949, 1961, 1973, 1985 of 1997 gebore is, is jou Oosterse teken die Os en kan jou persoonlikheid van bogenoemde eienskappe openbaar (LW ekself is nie ‘n Os nie…).

081231 p11 20091

Die Os is ook ‘n simboliese dier binne die Confucianisme, Taoisme, Boeddhisme en die Koreaanse tradisionele Sjamanisme. Binne die raamwerk van Confucianisme word die Os se lojaliteit geprys, wyl die Os binne Boeddhistiese leerstellinge die goeie natuur van die mens simboliseer. In Korea het die Os ook ‘n eeuelange verbintenis met die landbou en word die harde werk van die Os as ‘n navolgenswaardige voorbeeld beskou.

Ewenwel, Seollal impliseer dat die hele Korea hierdie naweek migreer om as families saam die Nuwejaar te vier. Ekself beplan ook om in die pad te val, ondanks die ure en ure se verkeersknope en volbespreekte busse en treine. Met die deursettingsvermoee en geduld van ‘n Os vind ek dalk nog my weg deur die massas en kom ek miskien iewers interessants uit…

About these ads
10 Kommentaar leave one →
  1. Januarie 24, 2009 12:10 vm

    Lees ook hier

  2. Januarie 24, 2009 2:29 vm

    Interessant! Geniet die laaa..ang naweek!

  3. Januarie 24, 2009 2:45 nm

    “Confucianisme, Taoisme, Boeddhisme en die Koreaanse tradisionele Sjamanisme”

    Ek was gelukkig om baie met Suid-Koreaanse jeugdiges te ‘meng’ hier in Australië. Honderde van hulle kom elke jaar Stanthorpe toe as backpackers en kom werk op die vrugte en groente plase.

    In vergelyking met ander backpackers was die Koreane baie ordentelik, vriendelik en hardwerkend. Ek het van hulle ontmoet wat Christene was, ander was Bhuddiste en andere ‘n mengsel van ander ‘philosophies.’

    Dieselfde kan gesê word van die Chinese van ‘mainland China’ – ek het altyd gewonder oor die verskynsel – die ordentlikheid en vriendelikheid. In die ou Broederbond Afrika was enige mens ‘n speenvark van die Duiwel as jy nie ‘n Christen was nie. Sal graag eendag jou opinie wil hoor oor opvoeding, ‘norme en standaarde’ en filosofie in Korea – die mense moet iets reg doen.

  4. Januarie 24, 2009 3:04 nm

    “LW ek is nie ‘n Os nie…” Ek sal so flippen hoop Boerie :twisted:

  5. Jaco permalink
    Januarie 26, 2009 9:43 nm

    Hehehe, ek is ‘n Os. (ten minste sovêr dit oosterse sterrekunde aangaan)

  6. johan permalink
    Januarie 27, 2009 2:08 vm

    :)
    se vir my Boer dat jy daai pic van die os geneem het :)
    Groete
    J

  7. Januarie 28, 2009 4:37 vm

    Nou ‘n voorspoedige nuwe jaar – Os jaar – vir jou. Tenminste is die Os getrou en geduldig…tot jy hulle kwaad maak. Lekker dag verder.

  8. Januarie 28, 2009 11:42 nm

    Die laaangnaweek het ook maar bitter vinnig verbygeswiep en ek is terug in die klas saam met die terroriste!
    Mauritz, ek het in die loop van verlede jaar ‘n inskrywing gedoen oor die Koreaanse mentaliteit
    Kaalvoet….wat insinueer jy? ;)
    So pas die beskrywing van die Os by jou, Jaco?
    Helaas, Johan: ek is ‘n fotograaf, maar nie so domastrant en desperaat vir foto’s nie!
    Riana, ons moet maar vir Jaco vra wat gebeur as die Os sy geduld verloor…

  9. Februarie 25, 2009 1:03 vm

    Hi Boer,

    In die Bybel is die os die teken van afgode. Dink maar aan die goue kalf insident in Eksodus. Die god Baäl wat verskeie kere na verwys word in die Bybel se voorstelling is ‘n os of bul. Ek dag maar net ek voeg hierdie by die ander gelowe wat jy genoem het.

    Groetnis,
    Bernard

Trackbacks

  1. Jaar van die Tier « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 102 other followers

%d bloggers like this: