Sting – Fragile
Wanneer iemand baie bekend skielik sterf, word die herinneringe aan jou eie dooies vir wie jy eens lief was en so baie mee gedeel het, onwillekeurig en opeens weer opgewek en in jou gesig gewerp. Jy word opnuut gekonfronteer met die tydelikheid van jou eie brose bestaan en die wete dat verganklikheid nooit verder as ‘n voetval is…
Vrydagaand-song XVI
Junie 26, 2009 at 10:32 nm (Musiek)
Tags: Michael Jackson, Sting, Verganklikheid



Mefri het gesê,
Junie 27, 2009 at 4:30 vm
On and on the rain will say
How fragile we are
Baie mooi BiB en so waar – herinneringe kan so onverwags opduik. Soms wonder ek of ek onthou sal word met ‘n glimlag of ‘n traan?
Girl van die Suburbs het gesê,
Junie 29, 2009 at 2:52 vm
Wow Mefri… Nou laat jy my ook wonder….
rianabrand het gesê,
Junie 30, 2009 at 11:15 nm
Wat raar tog dat jy deur dieselfde proses gaan as ek. Sterkte ou maat. Van ‘n onbekende sielsgenoot aan die ander kant van jou wereld.