die sonbesies sing nie

S7301791

die bedompige hitte kom kleef klam op jou vel

jy drink reeds liters koue water elke dag

die busse, taxi’s, treine, winkels, werkplekke en woonstelle het hul reeds tot lugversorging gewend

maar die sonbesies sing nog nie

die sonbesies sing nie

dit gaan ‘n warm somer wees…

15 Kommentaar

  1. boendoe het gesê,

    Junie 30, 2009 at 1:49 vm

    Dis reg, Boer, kom ons ruil! Dit klink hemels! :lol:

  2. Sonkind het gesê,

    Junie 30, 2009 at 2:30 vm

    Ek wil ook ruil!!! Dis p-koud hier in die Kaap!

  3. boerinballingskap het gesê,

    Junie 30, 2009 at 11:23 nm

    ek kies steeds p-koud bo m-warm!

  4. rianabrand het gesê,

    Junie 30, 2009 at 11:24 nm

    Stem! gee my maar enige dag die winter…ek hou nie van die hitte en die son nie!

  5. Nikita het gesê,

    Julie 1, 2009 at 8:27 vm

    Ons kook uit hier in London! Ek soek ook van daardie koue, sommer sulke groot happe. Ek verkies koeler weer, nog altyd, selfs in SA. Kom reën!! Waar’s die reënkoningin nou!

  6. Julie 2, 2009 at 5:18 vm

    Hoop daar waai darem ‘n ou windjie by jou…. ‘n koue windjie…..

  7. luthien het gesê,

    Julie 2, 2009 at 5:43 nm

    glo my die hitte in Korea is nie die hitte van Afrika nie! Ek dink aan jou Boer! Eers as mens dit beleef het kan mens dit regtig verstaan! Sterkte, laat maar daai AC oortyd werk! m

  8. kaalvoetinireen het gesê,

    Julie 2, 2009 at 8:55 nm

    Ek verkies die somer ver bo die winter, maar hierdie is ‘n ander storie! Ons gaan bars vanjaar in hierdie plek. Gelukkig het dit darem weer gereen en afgekoel tot ‘n mate!

  9. boerinballingskap het gesê,

    Julie 3, 2009 at 1:00 vm

    luthien en Kaalvoet, julle weet waarvan ek praat. Daarom dat ek nie eers nou dink aan ‘n besoek aan plekke soos Indonesie ens. nie, waar dit veel erger is. ‘n Donderstorm hier vanmiddag was ‘n welkome lafenis, maar dit koel ook maar net so bietjies-bietjies af, voor die bedompigheid jou weer gvange neem.

  10. Nikita het gesê,

    Julie 3, 2009 at 2:37 nm

    Ons het ook gisternag hier ‘n heerlike reënbui gehad, alles is nog vars vanoggend, bewolk ook, die son sit soos ‘n silwer bal soos ek hier by ons agterdeur uitkyk, versteek agter die wolke, as hy weet wat’s goed vir hom, bly hy net daar! :)

  11. Johan Horn het gesê,

    Julie 5, 2009 at 11:41 nm

    Sondagmiddag hier, en als is skakerings van grys en vaal op die Hoëveld. En koud met daardie tipiese rigtinglose windjie wat alles vol stof laat, en als, sonder ‘n pels, nog kouer maak.

    MAAaaaaaaaar ek was al ‘n paar keer in Augustus – September in Malaysië en Thailand, en dus is my winter hart dankbaar dat ek vandag hier ‘n draai kom maak het om herrinner te word aan wat ek daar beleef het! :) Midsomer daar het ‘n totaal ander betekenis :) Sterkte!!!

  12. mykopop het gesê,

    Julie 6, 2009 at 3:07 vm

    Ons was die afgelope week in die Noordkaap. Die beste van albei as mens nie die dag nodig het om te werk nie. Saans en soggens is dit bitter koud, die res van die dag kuier jy buitekant so al agter die sonnetjie aan.

  13. boerinballingskap het gesê,

    Julie 6, 2009 at 10:04 nm

    Intussen het die sonbesies so tentatief begin sing, so ek is meer gerus. :)


Lewer Kommentaar