Nikita en Retha het my gevra om my handskrif te onthul. Hier is my gegriffel. Hoop nie enige grafoloog lees daarin dat ek ernstige seksuele afwykings of die brein van ‘n reeksmoordenaar het nie…

en hierdie is my griffelboekie wat altyd byderhand is…

Ek rig ‘n vriendelike versoek aan kaalvoet om ons haar handskrif te wys.



Nikita het gesê,
Julie 21, 2009 at 12:52 vm
nee wat boer, jy skryf baie duidelik en leesbaar, dit was maklik leesbaar vir my, want ek’s gewoond om manlief s’n te lees wat baie naby aan joune grens!
boendoe het gesê,
Julie 21, 2009 at 12:58 vm
Dis een van die min kere dat ek gehol het om te kyk hoe lyk iemand se handskrif! Snaaks genoeg, dit lyk ook baie soos my man s’n.
Retha het gesê,
Julie 21, 2009 at 1:40 vm
Onderste lusse (soos op g en y) wat langer as boonste lusse (soos l en h) is, dui daarop dat jy sterk vashou aan die verlede. Die skrif wat vooroor leun ….
Nee wat, ek spot. Ek weet niks van handskrifontleding nie.;)
Sonkind het gesê,
Julie 21, 2009 at 3:46 vm
WoW! BiB, jou drukskrif in hoofletters lyk op ‘n haar na die Liefie s’n. Of dalk skryf mans maar net so??
Thea het gesê,
Julie 21, 2009 at 4:08 vm
Jy kan maar stadig skryf, want ek kan nie vinnig lees nie!!
Dit het my vir ‘n rukkie besig gehou… maar net vir ‘n baie klein rukkie!
mykopop het gesê,
Julie 21, 2009 at 6:39 nm
Klaar.
Blog Boer!
Girl van die Suburbs het gesê,
Julie 22, 2009 at 12:06 vm
Adrie se tag game het almal behoorlik in rep en roer… Ek hou van jou boekie idee want ek het ook een in my handsak wat oral rond gedra word.
Kaalvoetinireen het gesê,
Julie 22, 2009 at 12:51 vm
My handskrif kan vele vorme aanneem…hang af van my gemoed…
Sal bietjie wys!
Jy sou moes oefen om ‘n dokter te wees, want jou handskrif is heel leesbaar. Ek het al agtergekom dat baie meer mans as vrouens lopende skrif gebruik. Myne is ‘n mix
netjane het gesê,
Julie 22, 2009 at 4:10 vm
Jou handskrif lyk nes ‘n man s’n behoort te lyk. Die drukskrif lyk nes ‘n skool kêrel s’n…
boerinballingskap het gesê,
Julie 23, 2009 at 10:57 nm
Wat ek uit bogenoemde kommentaar kan aflei, is dat ek geen unieke handskrif het nie. Nou sukkel ek net om te verstaan hoe ‘n man se handskrif “behoort” te lyk…bietjie slordig?
Nikita het gesê,
Julie 24, 2009 at 12:46 vm
Ek dink mense soort van algemeen aanvaar dat mans bietjie onnet skryf of “moet” skryf, maar dis gewoonlik nie die geval nie. In die skool is dit gewoonlik die seuns wat bietjie minder netjies as meisies skryf, maar dan het ek al heelwat seuns gehad wat pragtige handskrifte het, netjieser as myne as ek lopende skrif skryf. My een sus skryf weer so soos ‘n krap. Van haar dosente het haar gevra om drukskrif te skryf (wat vir haar stadiger was), want hulle kon nie haar skrif uitmaak nie. Sommige seuns weer sien dit as “sissie-agtig” as hulle te netjies skryf.
Griffel tag « Kaalvoet ini reen het gesê,
Julie 27, 2009 at 11:14 nm
[...] BiB en Alta het my so ruk terug getag om my handskrif te onthul. Ek weet ek is vrek laat en ek weet ek blog nooit meer nie, maar dit sal hopelik gou verander. Ek het aanvanklik net ‘n breuk gevat en toe word dit ‘n vakansie en toe raak ek besig met ander goed en die res is geskiedenis… [...]
annderster het gesê,
Augustus 8, 2009 at 9:28 nm
@mans en vroue se handskrifte: ek dink dis net weereens ‘n geval van ouens wat uitskieters is na albei kante terwyl die girls in die middel is. Op skool het ouens baie goed of baie swak presteer met die girls meer in ‘n bondel in die middel. Dalk is dieselfde waar vir netjiese handskrifte, of wat dink jy Nikita?
Wat dit nou sê van hoe ons seuns en dogters sosialiseer, weet ek nie… dalk druk ons mans om uit te staan terwyl ons vroue druk om in te pas
Nikita het gesê,
Augustus 9, 2009 at 12:36 vm
hi annderster, dis moeilik om te sê, ek al seuns gehad wat bitter lelik/pynlik netjies geskryf het en slim is. Ek kan dieselfde van dogters sê alhoewel my ondervinding met meisies is, dat hulle probeer om hul handskrifte te verbeter/netjieser te skryf – as hulle nie ‘n netjiese handskrif het nie – asof hulle dink dat meisies normaalweg “veronderstel” is om netjies te skryf. Seuns gee nie om nie, hul handskrif is deel van hul persoonlikheid. Ek weet nie of Boer saamstem en wat sy ondervinding is met die twee nie. Ek kan net sê dat ek dink nie slim/minder slim kan aan handskrif gekoppel kan word nie, maar tog die wyse waarop jy dink/redeneer en dalk jou persoonlikheid?
boerinballingskap het gesê,
Augustus 10, 2009 at 5:28 nm
Uit ondervinding het ek al besef dat daar nie regtig ‘n verband kan getrek word tussen die netheid van skrif en intelligensie nie. Meer seuns skryf wel slordiger as meisies. Dis soos jy noem, Nikita: Ek dink dis dalk ‘n sosialiserings-ding. Ek dink baie onderwysers verwag dat seuns nie te netjies gaan skryf nie, maar verwag dat meisies sal. Ek dink nie seuns word van kleins af op skruif gehamer nie, maar dalk meisies? In elk geval, met my klein bietjie onderwys-ervaring sal ek bieg dat ek MAL is oor kinders wat netjies skryf, want dit maak dinge SOVEEL makliker. In my boekie tel dit sommer bonuspunte!
annderster het gesê,
Augustus 8, 2009 at 9:28 nm
.. ek hou van hoe jy skryf, BiB, ek sal graag wil sien hoe jy probeer netjies skryf en of dit anders lyk.
boerinballingskap het gesê,
Augustus 10, 2009 at 5:23 nm
Ek HET netjies probeer skryf, wat bedoel jy?