Noord-Koreaanse artillerie-aanval vroeër vandag op die Suid-Koreaanse eiland van Yeonpyong, naby die Noordelike Limietlyn. Hoe lank gaan Suid-Korea se geduld nog hou?
Ek wonder ook hoe lank dit gaan vat voor hulle mekaar opblaas, want dis elke keer net sulke klein aanvalle en voor jy jou oe uitvee is dit ‘n volskaalse oorlog, maar ek hoop maar hulle laat staan hul kinderagtige getart…wishfull thinking seker
Ek dink alles gaan afhang van die jong, moontlik-ambisieuse snotkop wat gaan oorvat in die noorde. Hoe groot is sy ambisies? Vrede en welvaart of dieselfde trant as pa en oupa.
In hierdie laaste voorval dink ek Suid-Korea is die skuldige party. Suid-Korea het ‘n militêre oefening gaan doen in ‘n area waarvan die eienaarskap dispuut word. Noord-Korea noem dit hulle seewaters, en Suid-Korea het ondanks ‘n vlootoefening daar gaan uitvoer. Noord-Korea het voor die voorval Suid-Korea gewaarsku dat indien hulle bo-oor Noord-Koreaanse grense gaan vuur dat hulle dit as ‘n aanval sal beskou. Nietemin het Suid-Korea steeds daar hulle toertjies gaan uitvoer, en “shells” geskiet in Noord-Koreaanse waters. Noord-Korea se “counter-attack” is, sover dit my aangaan, glad nie verassend nie.
Wat wel vir my verassend is, is dat Suid-Korea en Amerika nou eerskomende Sondag weer in hierdie waters vlootoefeninge doen. Vir my lyk dit duidelik na ‘n ongeoorloofde provokasie.
Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek is NIE ten gunste van Noord-Korea se aanval op die eiland nie, maar ek is geensins ten gunste van Suid-Korea (en Amerika) se arrogante “vlootoefeninge” in hierdie dispute waters nie. Dit blyk niks anders te wees as ‘n uittartingstrategie.
(Die Amerikaanse Dollar het gestyg na die voorval…)
Dalk moet jy nou maar huistoe kom jong! Al is ons ministers hier nie van die mooiste nie. Oorlog hier by ons glo ek sal nie maklik kom nie, die kos op die trein is te lekker!
Johan, jammer vir my vertraagde reaksie. Maar om jou te antwoord: Nee, hierdie winter is bloot te koud om oorlog te maak! Kom ons kyk wat gebeur in die lente!

BiB en Skryfblok, ek het op nog ‘n Korea blog van Anje afgekom wat julle miskien sal interesseer: http://blogs.sarie.com/anderkantanje
Sy skryf oor hierdie insident:
http://blogs.sarie.com/anderkantanje/boom-boom-pow
Dalk moet jy nou maar huistoe kom jong! Al is ons ministers hier nie van die mooiste nie. Oorlog hier by ons glo ek sal nie maklik kom nie, die kos op die trein is te lekker!
Enigiets nuut op daardie front?