Slaan oor na inhoud

Nog ‘n diktator groet…maar is dit goed?

December 19, 2011

2011 was nie ‘n goeie jaar vir diktators en ander nare karakters nie. Hierdie jaar het gesien hoe die sterkmanne Zine el Abidine ben Ali (Tunisië), Hosni Mubarak (Egipte), Muammar Gaddaffi (Libië) en Osama Bin Laden (Al Qaida) tot ‘n val kom, lg. twee taamlik gewelddadig. Maar net nadat meeste van die nuusmedia hulle “grootste-nuusstories-van-die-jaar” lyste bekendgestel het, val nog ‘n diktator onverwags en moet hulle haastig nog ‘n storie by hulle lysie voeg.

1306138314 99549

1942-2011

Die Noord-Koreaanse nuusmedia het vandag bekendgemaak dat hulle (liewe) leier, Kim Jong Il, Saterdag oorlede is aan ‘n hartaanval. Selfs al was Kim se gesondheid sedert ‘n beweerde beroerte in 2008 onder verdenking, is die nuus skielik en onverwags. Natuurlik weet die Noorde hoe om ‘n geheim te hou en was niemand, buite sy binnekring, bewus van die stand van sy gesondheid nie.

Maar anders, as die geval met die ander diktators wat vanjaar geval het, is Kim aan natuurlike oorsake dood en lui sy dood nie ‘n era van nuwe vryheid in nie. Om die waarheid te sê, lui sy dood ‘n nuwe era van onsekerheid op die Koreaanse skiereiland in. En, hoewel baie spekuleer, weet niemand regtig wat volgende gaan gebeur nie. Net ‘n rukkie terug het ek genoem dat Kim se gesondheid en langlewendheid ‘n kardinale invloed kan hê op die toekomstige verhoudinge tussen Noord-en Suid-Korea:

Kim Jung Il se gesondheid en sy opvolging deur Kim Jong Eun sal ‘n kardinale rol speel om Noord-Korea se koers vorentoe te bepaal. Hoe lank gaan Kim Jung Il nog leef en wat is sy seun (slegs 27 jaar oud) se steun in die weermag? En wat is Kim Jong Eun se denke en gedagtes? Hoe gaan hy China hanteer? Is hy ‘n boosheid wat wag om te gebeur, of kan hy dalk, soos ‘n Deng Xiaoping of ‘n Mikhail Gorbachev verrassend ontpop in ‘n hervormer? Of is hy bloot ‘n kloon van sy Pa en Oupa?

Daar is geen antwoorde nie; geen kristalbal is eenvoudig opgewasse vir die enigma wat Noord-Korea is nie. Maar een ding is seker: ons gaan opnuut ‘n onvoorspelbare tyd binne in die dekadeslange konflik tussen Noord en Suid.

NS: Iemand soos Bob van Zimbabwe voel sekerlik baie eensaam hierdie Kersfees…

4 Kommentaar leave one →
  1. December 19, 2011 8:49 nm

    Ek het die nuus vanoggend op die Net gesien en dadelik aan jou gedink, ook ‘n foto gesien waar mense die sypaadjies met hul hande/lappe was! Ek het gedink jy sal beslis iets daarvan op jou blog hê! :) Sy seun is ook nog in sy 20′s? en nou moet die ou ‘n land lei?? [laat ly - as jy my vra]

  2. December 20, 2011 1:24 vm

    Ja, beslis: lekker dat hy dood is, maar dit help niks

  3. December 20, 2011 9:21 nm

    Hierdie artikel is insiggewend en onderstreep die feit dat niemand regtig insae het in wat in Noord-Korea gebeur nie. Miskien die Sjinese, maar hulle deel dit nie.

    http://www.nytimes.com/2011/12/20/world/asia/in-detecting-kim-jong-il-death-a-gobal-intelligence-failure.html?partner=rss&emc=rss

  4. December 22, 2011 8:19 nm

    Interessante tye le voor en dis iets wat ek beslis sal dophou…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 65 other followers