Kersfees in Kaapstad (vir die eerste keer in 5 jaar)
December 21, 2011
Met dit dan, ‘n Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwejaar aan almal wat hier lees.
Geen wit Kersfees vir my hierdie jaar nie…net wit strande en warm son.
18 Kommentaar
leave one →
So jaloers…
Riko, ek hoop dit was ‘n aangename feesseisoen vir julle…het ‘n voeltjie hoor fluit julle is binnekort in die Suidland…
As jy in die Kaap is en jy nooi my nie vir ‘n koffie nie, gaan ek baie baie kwaad wees
Ek vra nederig om verskoning…
Jy is vergewe
Ek het jou anderkant geantwoord
Vir geruime tyd geniet hierdie Capie jou blog gate uit. Sal nou die vakansiegangers beter bekyk……………en wonder watter een dalk jy is. Geniet die Kaap en doe so voort met jou skrywery. Het onlangs Sommelier gelees en geniet – moes ook maar mooi kophou want die jare stap al aan.
Mixema, goed om te weet die boek word nog gelees!
Dankie vir die kommentaar. Ek waardeer dit. Miskien het ons bymekaar verby geloop. Wie sal weet…
Geniet die Kaap ou grote!
Geniet jou Kersfees in die Kaap. Mag dit geseënd wees.
Geseënde Kersfees hier onder die Suiderkruis!
Anoniem/Kop: Dankie!
Anoniem was ek! Geniet dit Boer!
Ek! Ek! Ek! (WP wil nie saamwerk vandag nie.)
Hoop die son skyn daar vir jou. Hier by ons is dit nat, nat, nat.
Geseënde Kersfees en voorspoed in die nuwe jaar. En loop hou maar die 2 Koreas aanmekaar vir nog `n tyd lank. Ons het nie `n kernoorlog nodig om dinge nog slegter te maak nie!!
Geweldig! ons volg jou voorbeeld vroeg in Januarie! Voorspoedige nuwejaar vir jou en joune!
Smaak my mos jy’t ploeg in die grond geslaan daar in die Kaap en nooit weer teruggekeer van vakansie af nie?
Welkom, hier en in die blogosfeer, klonkie! Ek is terug, maar het die grond al hardlopende getref. Kom nog tot verhaal…
Skoor, Toortsie, Louwie, Riana…dankie vir julle wense. Wens julle ook net die beste toe in hierdie nuwe jaar. Hopelik kom ek binnekort aan die skryf hier. Die luiheid is maar swaar op die skouers na so ‘n lekker vakansie.