die drome is dood

die drome is dood

die beelde dof

maar in die nag

sonder dat ek daarop wag

verskyn jy

ongevraagd gereeld

glimlaggend

gelukkig

 

laat

my

soggens

gebroke

 

(c) Kopiereg voorbehou

15 Kommentaar

  1. Thea het gesê,

    November 13, 2008 at 2:36 nm

    Dis ‘n hartseer onthou…

  2. annora eksteen het gesê,

    November 13, 2008 at 9:38 nm

    jy is sooooo ‘n digter

  3. Iris het gesê,

    November 16, 2008 at 10:25 nm

    *sug* …

  4. Mefri het gesê,

    November 30, 2008 at 7:23 vm

    Jy mag maar skryf! Ek hou verskriklik baie van hierdie gedig.

    maar in die nag

    sonder dat ek daarop wag

    verskyn jy

    ongevraagd gereeld

    glimlaggend

    gelukkig

  5. boerinballingskap het gesê,

    December 2, 2008 at 10:09 nm

    :)

  6. rianabrand het gesê,

    December 9, 2008 at 3:25 vm

    Dis moeilik om los te laat he? Ek voel jou stryd met jouself my vriend…vasbyt…die rus kom…ook in jou drome. Ek moet se die foto van jou laat my dink aan die ou chinese gisha madams uit ‘n opvoering/”opera”…intressant.

  7. kaalvoetinireen het gesê,

    February 9, 2009 at 6:21 nm

    Ek wens jy wil so baie gedigte as blogs skrywe! Ek weet dis nie iets wat mens forseer nie, maar dit sal nice wees om meer daarvan te sien.

  8. Cara Meintjes het gesê,

    Maart 18, 2009 at 6:47 vm

    Sjoe. Ek kan identifiseer. Wens ek kon nie, maar ek kan.

    Ek hou van jou skryfstyl; voel baie tuis. Voel bietjie soos my eie, dink ek.

  9. Cara Meintjes het gesê,

    Junie 23, 2009 at 4:30 nm

    :( Weer gelees. Weer hartseer.

  10. Java girl het gesê,

    Julie 30, 2009 at 11:14 nm

    baie mooi enbaie diep. wens ek kon sulke mooi goed sê…

    • boerinballingskap het gesê,

      Augustus 10, 2009 at 12:49 vm

      Dankie, maar ek dink vele mense kan sulke mooi goed se, as hulle net hulle kop on die regte ruimte het.

  11. Cara Meintjes het gesê,

    Augustus 8, 2009 at 9:20 nm

    wanneer post jy weer ‘n gedig, boertjie?

  12. Jasper het gesê,

    September 29, 2009 at 1:23 vm

    Ek hou hiervan

    Dit los my met ‘n redelike mate van apatie as ‘n verlore droom deur my drome rank.
    Jare maak dit effens beter maar dit gaan nooit weg nie.
    Ek drink van jou wyn BiB

    ‘n quote deur my griffel –

    “Hier en daar kruis julle mekaar
    tussen lank vergete goed
    deur die krummels van ou drome
    waar sy nou en dan kom groet”

  13. boerinballingskap het gesê,

    September 30, 2009 at 12:19 vm

    Dankie vir die mooi bydrae!


Lewer Kommentaar