die kamers van my hart
is lank reeds leeg gerou
tot spinnerak murasie
honger muise
muwwe mure
die deurdringende stank
van dooie drome
en ‘n verotte verlede
maar steeds
snuffel ek boemelaaragtig rond
opsoek na ge(s)aborteerde woorde
snipperstukkies hoop
dofgeel geskeurde kiekies
flenterkrummels geloof
splinters gestolde lag
versamel en sleep
moeitevol saam
aalmoes oophand
aan jou…en jou…en jou
want
miskien
dra jy selfs ‘n groter rou
(c) Kopiereg voorbehou



lanaba het gesê,
Julie 18, 2007 at 6:58 nm
ag man jy skryf so mooi!!!!!
troedelkies
Pieda het gesê,
Oktober 20, 2007 at 5:20 vm
jis dis mooi man
meermin het gesê,
Mei 15, 2008 at 11:07 nm
dit is regtig baie mooi
sterrewind het gesê,
Augustus 4, 2008 at 2:07 vm
x
rianabrand het gesê,
Oktober 10, 2008 at 2:22 vm
Sorry maar ek dink van nou af is jy amptelik in my boek ‘n digter, maar nie een wat woorde op papier sit nie, maar in jou siel skryf. dankie vir die een.., dis iets besonders. Riana
boerinballingskap het gesê,
Oktober 10, 2008 at 11:51 nm
Baie dankie.
Thea het gesê,
November 5, 2008 at 7:45 nm
Ek het eers vandag weer bietjie jou gedigte kom lees… Dis só mooi!!
Cara Meintjes het gesê,
Maart 18, 2009 at 6:50 vm
Ek verstaan nie… vra jy aalmoese of gee jy aalmoese in hierdie gedig?
Oor die laaste stukkie… Soms wens ek hy rou ook; soms hoop ek van harte hy hoef nie deur dieselfde seerkry te gaan nie.
Treffende beelde. Baie. Leeg gerou… Sjoe.
boerinballingskap het gesê,
Maart 18, 2009 at 10:46 nm
Ek’s die een wat steeds aalmoese uitdeel, selfs al het ek niks meer om te gee nie…
yswater het gesê,
September 6, 2009 at 8:48 nm
Woorde uit die siel…….dis baie mooi
leierloos het gesê,
Oktober 6, 2009 at 7:28 nm
Ai man,
Skryf jy die mooi goed soos jy dink of
soos jy voel
Anyway dit tref diep
Ek weet nie wie jy is nie maar jy MAG maar skryf en
ek hoop jy publiseer
boerinballingskap het gesê,
Oktober 6, 2009 at 10:56 nm
leierloos, dankie vir jou kommentaar op my skrifsels
ek weet nie hoe om uit die kop te skryf nie