ek hou begrafnis

ek hou begrafnis
‘n mis
vir al die môres wat nooit sou breek
vir al die drome
wat noodwendig sou sterf
stap in die stoet
slapvoet stadig
om vir laas

te rou
te onthou

maar dan doelbewus te groet
om uiteindelik te wéét
daar sal geen weersiens wees

(c) Kopiereg voorbehou

7 Kommentaar

  1. René Boshoff het gesê,

    Augustus 20, 2007 at 10:34 nm

    Dit help as mens “closure” kan kry né?? Anders jaag die spoke jou elke donkernag rond … en jy bly soek, onthou, herleef…!

  2. rianabrand het gesê,

    Maart 1, 2008 at 9:14 nm

    Wil se dat ek ook begrafnis van dinge hou wat nog nie dood is nie, net om vir myself tog die geleentheid te gee om dit ‘n plekkie te gee en ‘n kers te mag opsteek, myself toestemming gee om te huil en totsiens te se. (dit geluk my nie die kappies en totjes op alles te sit!! sorry)

  3. Marieta het gesê,

    Mei 18, 2008 at 4:32 vm

    Gerrie,
    Hier is ietsies van my. Dis maar in ons bloed!
    Marieta

    Grabouw- Winter 1958

    In ‘n gebroke halfmaan sit ons
    warm voete- rooi gevlek van
    fel dennehitte; die klipkaggel-
    sy geel-en-rooi mond oopgesper
    asof hy iets angswekkends, dringend aan ons wil sê
    maar dit slegs in vaal as op ‘n hoop gaan lê.

    Slukkend teug ons aan soet moerkoffie, lees, blaai telkens
    om ; verskuif, sug, tuur in die vuur,
    die tyd tik sistematies uur vir uur
    as vaer agtergrond – orkes die
    reënbuie siedend op die sink
    en skel gekletter wat vanuit die kombuis weerklink.

    Wanneer die verlede nou diep in my spook
    Verwyte, hartseer en pyn dreig om soos sooibrand
    in my op te stoot; word die bitter en die
    kwaad wat wraak wil hê
    ‘n skadelose donsvaal duif
    wat in my onthou kom lê.

    GISTER

    Flarde herinnerine wat soos landskappe verbyskuif
    en vae beelde agterlaat
    van verledes wat vreemd-bekend
    van veraf wink
    en soos rukkerige ou films
    half dof en vaal uit gister blink.

    Vergeefs probeer my hand die lyne vasvat
    Of stilmaak voor my flikkeroog
    Vergeefs wil ek die prente inneem
    Voordat hul verbygly
    En êrens in die vaag en mis
    In ewe onbekendheid in verdwyn

    Dit bly slegs half-bekende flarde
    En ek wat peinsend bly probeer.
    Om uit die vaal vakuum van gister
    Verwonderd, onseker, half weemoedig
    Die waarheid uit die dof te weer.
    En so my na die Lig te keer.

  4. johan het gesê,

    Mei 18, 2008 at 6:36 vm

    Hierdie gedigte is aangrypend moooi! Ek hoop daar is nog van hulle
    dankie
    johan

  5. boerinballingskap het gesê,

    Mei 20, 2008 at 12:06 vm

    Marieta, ek waardeer jou besoek en kommentaar baie! Dankie dat jy hierdie gedigte deel – ek stem saam met johan hierbo. Jy kan trots wees op sulke skrywes.

  6. attie het gesê,

    Mei 29, 2008 at 7:34 nm

    Besonder geskryf. Dankie. Gaan bietjie bêre vir later se gebruik.

  7. September 9, 2009 at 5:21 nm

    [...] Nagmerries & Begrafnisse 2009 September 9 by Skoor Boer hou begrafnis op sy blog.  Jare terug al.  En ek wonder of hy, soos ek, ook soms nog wonder en wonder en wroeg [...]


Lewer Kommentaar