Boer in Ballingskap

Hong Kong
Hong Kong is sedert 1997 ‘n Spesiale Administrasiegebied (Hong Kong en Macau is die enigste sodanige gebiede in Sjina) en bestaan uit die gebiede van: Hong Kong-eiland, Kowloon en die sg. New Territories. As Spesiale Administrasiegebied, geniet Hong Kong ‘n mate van outonomiteit wat ongekend is elders in Sjina. Hong Kong het sy eie vorm van politieke administrasie, ‘n eie vlag en ook ‘n eie geldeenheid, naamlik die Hong Kong Dollar. Voor Hong Kong se formele oorhandiging aan Sjina gedurende 1997, was Hong Kong vir ongeveer 150 jaar onder die koloniale bestuur van Brittanje, behalwe vir ‘n kort tydjie tydens die Tweede Wêreldoorlog toe dit onder Japannese besit geval het. Daarom kan mense vandag nog die Britse invloed in Hong Kong bespeur in die algemene gebruik van Engels en Engelse name vir strate en ander entiteite. In hierdie opsig is dit baie dieselfde as Singapoer.

Die stad Hong Kong was – aan die een kant – heeltemal wat ek verwag het dit sal wees. Dis ‘n reuse konsentrasie van mense op ‘n klein stukkie grond en word gekenmerk deur ‘n see van wolkekrabbers waar die mense woon en werk. Kowloon is byvoorbeeld een van die digbevolkste gebiede in die wêreld. Weens hierdie samevoeging van wolkekrabbers (waaronder die imposante International Commerce Centre – tans die 5de hoogste gebou ter wêreld) so teen die see, is die luglyn van Hong Kong ‘n wêreldbekende gesig en iets om te aanskou.

Dis spesifiek wanneer die son sak, wat die luglyn van Hong Kong se Victoriahawe tot sy volle reg kom. Die geboue in die hawe word op allerhande kreatiewe maniere belig, met bekende handelsname se reuse LED-borde orals te sien. Tydens die Kersseisoen is daar ook ‘n spesiale kleurespel wat ‘n ekstra feestelikheid verskaf aan die luglyn. Die beste manier om dit te beleef is om met een van die talle bote (waaronder die legendariese Star Ferry) op ‘n rit in die hawe te gaan.

Maar asof die blote bestaande prentjie nie skouspelagtig genoeg is nie, bied die stad van Hong Kong elke aand om 8-uur ‘n laserligvertoning aan. Gesinchroniseerde liggies hardloop op en af teen die wolkekrabbers se gebouwande, wyl laserligte op die maat van gepaste musiek, ekshibisionisties heen en terug oor die hawe flits. Voorwaar ‘n belewenis, hoewel die alewige dynserigheid in die lug dikwels ‘n demper is op hierdie skouspel.

En so van lig gepraat…ek weet hulle noem tradisioneel Parys die “stad van lig”, maar ek dink dat Hong Kong ook met groot eer hierdie titel sou kon dra. In die besige en oorbevolkte Kowloon, is die advertensieborde so groot en so baie dat daar in terme van beskikbare lig amper geen verskil is om in die aand of dag daar rond te loop nie. Ek vermoed Hong Kong gebruik sekerlik meer elektrisiteit in een aand, as wat Noord-Korea in een jaar gebruik!

Die advertensieborde – anders as bv Korea en Japan – hang horisontaal oor die strate, net bo bushoogte in ‘n anargie van kleur, ontwerp en grootte. In die aand is die strate ‘n spreekwoordelike miernes van mense. Soveel so dat die sypaadjies lyk asof die hekke na ‘n groot sportbyeenkoms sopas oopgegaan het. Lewende strome mense spoel sypaadjielangs en oor die strate. As daardie elektroniese mannetjie aan die anderkant van ‘n groot deurweg soos Nathanstraat groen word, dan spoel jy maar so al stotend en stampend saam met die golf oor die zebrastrepe. Dieselfde ritueel speel hom in die stad se moltreinstelsel af (wat, terloops, baie effektief en goed is).

Dis seker reeds ‘n cliché, maar die stad is ‘n lewende organisme, wat behoorlik lewe kry as die son sak en wriemelend voortkuier tot laat in die nanag, wanneer die klanke van lewe in die strate daaronder – amper paradoksaal gerusstellend – deur jou kamervenster sypel.

Daar is (soos in meeste Asiese stede) honderde kosstalletjies op straat waar mense saamkuier, besige nagmarkte waar jy enigiets onder die son kan koop, kunstenaars op straat en winkels en restaurante wat oorstromings toe vol klante is. Die cuisine van Hong Kong is ook so min of meer wat mens te wagte is, met die smaaklike dim sum, wat sekerlik Hong Kong se bekendste dis is. Maar jy kan enige kosse hier kry: vanaf die berugte haaivinsop (bietjie duur vir my en buitendien nie my smaak) tot gebraaide gans, wat ‘n redelik gewilde delikatessen in Hong Kong is, asook ‘n verskeidenheid noedeldisse en kosse van ander Asiese lande soos Japan, Korea en Viëtnam. Ekself het op verskillende stadiums ‘n variëteit van kosse probeer…

Hong Kong bied geweldig baie vir die toeris en dis beslis nie ‘n stad waar jy sommer verveeld gaan raak nie. Natuurlik kan jy koop en koop en koop en geld uitgee tot jy omval in die duisende winkelsentrums, handelsmerkwinkels, elektroniese winkels en die swetterjoel markte. Ek het hier elektroniese katoeters ondervind en beleef wat ek nog nêrens ander gesien het nie. Dan is daar nog Lamma-eiland, Lantau-eiland (waar ‘n reuse Boeddha rus), die New Territories en Disneyland.

Maar sekerlik die gewildste toeriste-aanloklikheid, is die Spits (oftewel die Peak), waar jy tot bo die dak van ‘n futuristiese, wigvormige gebou (genaamd die Sky Terrace) kan klim vir ‘n pragtige uitsig oor die stad van Hong Kong. Meeste dae is dit egter baie dynserig en is die uitsig bra beperk. Daarom al die plaaslike entrepreneurs wat geld maak deur aan te bied om jou af te neem teen die kunsmatige agtergrond van ‘n pragtige wolklose bloulug Hong Kong dag, soos jy dit net op poskaarte en in koffietafelboeke vind. Dus, as jy weer een van jou kennisse of vriende se foto’s sien teen die agtergrond van ‘n pragtige bloulug Hong Kong, dan weet jy hulle het daarvoor betaal!

Op die 5de vlak van die Sky Terrace, is daar talle winkels met die oulikste en oorspronklikste aandenkings en snuisterye waaraan jy kan dink. Hier kan jy baie vinnig tot bankrotskap gedryf word. Daar is ook ‘n verskeidenheid van eetplekke, koffiewinkels en ander kuierplekke (teen ‘n prys, natuurlik!). Daar is ‘n Madame Tussauds wat ek nie besoek het nie by die gebrek aan ‘n brandende begeerte om waspop-afbeeldings van bekendes te besigtig. Die ironie is dat ek wel een van die bekendste persone in Sjina gesien het in lewende lywe, net so ‘n entjie van die museum af.

Terwyl ek rustig rondsnuffel in een van die talle snuistery-winkels, sien ek toe mos die grootste Oosterling wat ek al ooit gesien het. ‘n Reus wat Goliat van Gad en Victor Matfield na kleuters laat lyk. En met die storm wat hy ontketen het met mense wat gillend op hom afstorm, besef ek toe dis niemand anders nie as Yao Ming: die 2.29m Sjinese basketbalspeler en sekerlik die bekendste sportster in Sjina. Hy het 9 jaar vir die Houston Rockets in die VSA gespeel en was een van die grootste sterre in die VSA se NBA-liga. Ek het myself verkwalik dat ek nie betyds my kamera byderhand kon gryp nie en kon net een foto neem waarop Yao Ming baie onduidelik te speur is. Ek klou egter aan die foto as bewys vir die skeptici onder ons.

Foto: Picture4u

Maar die grootste deel van die aantreklikheid van die Spits, is nie noodwendig die uitsig nie, nie Madame Tussauds se waspoppe nie en nog minder die een-uit-’n-miljoen kans om Yao Ming daar raak te loop. Dis hoe jy daarbo kom: met een van die steilste tremspore ter wêreld (wel streng gesproke is dit nie ‘n trem nie, maar ek gaan nou nie tegnies raak nie). Hierdie Hong Kong trem is dan ook van die bekendste trems in die wêreld en dis definitief die moeite werd om met hierdie trem teen die steil berg uit te kruip as jy in Hong Kong is.

Ek het in die begin van die skrywe genoem dat Hong Kong aan die een kant was wat ek verwag het. Maar wat het ek nie verwag nie?

Dat Hong Kong ‘n skoon, netjiese, goed-onderhoude, veilige stad is waar alles amper vervelig effektief werk. Die infrastruktuur is fantasties en op die vervoerroetes is alle aanwysings baie duidelik in Sjinees en Engels aangebring, wat dit moeilik maak om regtig hier te verdwaal. Dit is ook duidelik dat die stadsvaders die belange van die burgers op die hart gehad het, toe hulle, te midde van die glas-en-beton woud, groen enklawes geskep het, waar mens die natuur kan beleef en geweldige vrede en rustigheid kan vind. Onder andere kan jy hierdie rustigheid vind in Hong Kong Park, Kowloon Park en die Walled City Park, om die prominentstes te noem.

Dit is in die pragtige Hong Kong Park waar my avontuur begin het en waar ek op die ou-end in Hong Kong begin doen het, wat ek nooit gedink het ek daar sal doen nie en ook nie beplan het nie. Met my volgende inskrywing vertel ek verder…

Die Jaar van die Draak
Dis al weer daardie tyd van die jaar…

Die tyd van die jaar wanneer Oosterlinge in hulle hordes opruk om as families saam die Oosterse Nuwejaar (meer algemeen bekend as die Sjinese Nuwejaar) binne te gaan. Volgens die Oosterse maankalender is die Konyn se beurt nou verby en word die Jaar van die Draak op 23 Januarie ingelui.

Die draak is die 5de dier in die Oosterse diereriem en die enigste dier van die 12 in die diereriem wat ‘n mitologiese wese is. Anders as in Westerse mites, waar die draak beskou word as ‘n bose wese wat deur ridders op wit perde verslaan behoort te word om mooie jong dames te red, is die assosiasie met die draak in die Ooste baie meer positief. In Korea, asook in die ander lande (Sjina, Taiwan, Singapoer en Viëtnam) waar die Oosterse Nuwejaar (Seollal in Koreaans) hierdie naweek gevier word, word die draak as ‘n gelukbringer en beskermer beskou. In Korea verwag hulle byvoorbeeld dat die geboortekoers vir 2012 sal styg, soos paartjies gaan poog om hulle kinders die lig te laat sien onder die teken van die draak.

Net soos in naburige Sjina, verteenwoordig die draak elemente soos, waardigheid, majesteit en mag. Dit is dus glad nie snaaks nie dat die Koreaanse Joseon Koninkryk (1392-1910) die beeld van die draak ruim gebruik het in paleise vir allerhande vorme van versiering. Die draak was ook dikwels as simbool op koninklike vlae aangebring. Onder gewone burgers was die draak ook ‘n gewilde simbool en is hierdie mitilogiese wese geassosieer met die beskikbaarheid van water en reën. So is ‘n die sg Koning van die Drake wat volgens oorlewering in die see gewoon het, vir geruime tyd aanbid. Die draak speel ook ‘n belangrike rol as beskermer in Boeddhisme, waar beelde en tekeninge daarvan dikwels by tempels gewaar kan word met die alomteenwoordige drakebal in die hand of mond.

As jy gebore is in 1904, 1916, 1928, 1940, 1952, 1964, 1976, 1988 of 2000, is die kans goed dat jy gebore is in die Jaar van die Draak. Indien jy jou steur aan deterministiese en oorvereenvoudigde persoonlikheidsontledings, sal jy dalk wil weet dat mense wat in die Jaar van die Draak gebore word, gewoonlik perfeksioniste is wat baie hoë standaarde aan hulself en andere stel. Drake is ook welsprekend, hou van uitgaan en geniet oa reis en die natuur. Soms kan hulle egter baie egosentries en roekeloos wees, maar oor die algemeen word Drake as positiewe en eerlike mense gesien.

Soos gewoonlik, is die beste deel van die Oosterse Nuwejaar dat ek ‘n lekker langnaweek kan geniet, glasie in die hand en voete in die lug!

Op die draak! Mag die voorspoed vuur spoeg in hierdie nuwe jaar!

Kersfees in Kaapstad (vir die eerste keer in 5 jaar)
Met dit dan, ‘n Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwejaar aan almal wat hier lees.

Geen wit Kersfees vir my hierdie jaar nie…net wit strande en warm son.

Nog ‘n diktator groet…maar is dit goed?
2011 was nie ‘n goeie jaar vir diktators en ander nare karakters nie. Hierdie jaar het gesien hoe die sterkmanne Zine el Abidine ben Ali (Tunisië), Hosni Mubarak (Egipte), Muammar Gaddaffi (Libië) en Osama Bin Laden (Al Qaida) tot ‘n val kom, lg. twee taamlik gewelddadig. Maar net nadat meeste van die nuusmedia hulle “grootste-nuusstories-van-die-jaar” lyste bekendgestel het, val nog ‘n diktator onverwags en moet hulle haastig nog ‘n storie by hulle lysie voeg.

1942-2011

Die Noord-Koreaanse nuusmedia het vandag bekendgemaak dat hulle (liewe) leier, Kim Jong Il, Saterdag oorlede is aan ‘n hartaanval. Selfs al was Kim se gesondheid sedert ‘n beweerde beroerte in 2008 onder verdenking, is die nuus skielik en onverwags. Natuurlik weet die Noorde hoe om ‘n geheim te hou en was niemand, buite sy binnekring, bewus van die stand van sy gesondheid nie.

Maar anders, as die geval met die ander diktators wat vanjaar geval het, is Kim aan natuurlike oorsake dood en lui sy dood nie ‘n era van nuwe vryheid in nie. Om die waarheid te sê, lui sy dood ‘n nuwe era van onsekerheid op die Koreaanse skiereiland in. En, hoewel baie spekuleer, weet niemand regtig wat volgende gaan gebeur nie. Net ‘n rukkie terug het ek genoem dat Kim se gesondheid en langlewendheid ‘n kardinale invloed kan hê op die toekomstige verhoudinge tussen Noord-en Suid-Korea:

Kim Jung Il se gesondheid en sy opvolging deur Kim Jong Eun sal ‘n kardinale rol speel om Noord-Korea se koers vorentoe te bepaal. Hoe lank gaan Kim Jung Il nog leef en wat is sy seun (slegs 27 jaar oud) se steun in die weermag? En wat is Kim Jong Eun se denke en gedagtes? Hoe gaan hy China hanteer? Is hy ‘n boosheid wat wag om te gebeur, of kan hy dalk, soos ‘n Deng Xiaoping of ‘n Mikhail Gorbachev verrassend ontpop in ‘n hervormer? Of is hy bloot ‘n kloon van sy Pa en Oupa?

Daar is geen antwoorde nie; geen kristalbal is eenvoudig opgewasse vir die enigma wat Noord-Korea is nie. Maar een ding is seker: ons gaan opnuut ‘n onvoorspelbare tyd binne in die dekadeslange konflik tussen Noord en Suid.

NS: Iemand soos Bob van Zimbabwe voel sekerlik baie eensaam hierdie Kersfees…

Oor eende, ganse, swane en ‘n seearend
‘n Entjie buite die provinsiale hoofstad van Changwon, lê die Junam Vleilandpark soos ‘n oase in hierdie oorbevolkte en-beboude land. Ek was al eenkeer vantevore daar en het besluit om weer te gaan, aangesien die natuurpark sekerlik nog die grootste aantal voëlspesies gehad het, wat ek in enige van Korea se natuurparke kon identifiseer. En wie weet, miskien identifiseer ek ‘n nuwe spesie hierdie keer? Dus, gehandskoen, gemus, geserp en gebaadjie het ek die koue Saterdagoggend trotseer en die pad gevat.

Die Junam vleilande, neffens die Nakdongrivier, is van die grootste vleilande in die suide van die land en die enkele grootste habitat vir migrerende voëls in Korea. Dit is al baie jare ‘n area waar trekvoëls oorwinter, nadat die Nakdong in die 1920′s opgedam is om sodoende water aan die ryslande op omliggende plase te verskaf. Vandag is dit ‘n amptelike Ramsar*-bewaringsgebied, soos die Koreane probeer om die bietjie natuur wat oorgebly het na die ekonomiese opbloei, te bewaar vir die geslagte wat kom. Duisende trekvoëls vanaf hoofsaaklik Siberië en Sjina oorwinter jaarliks hier.

Die eerste ding wat mens opval by Junam, is die klanke van die watervoëls se luide geklets wat kakofonies met die koue yswind aangewaai kom. Die klanke vergesel jou die heeltyd en van al die klanke is die van die swerms swane die skelste. Dis ‘n huilende gekerm wat onverpoos voortduur. Maar steeds is die swane, pragtige, elegante voëls. Die een mannetjie het ewe mooi vir die lens poseer, net om die volgende oomblik sy agterent te vertoon soos hy rondvis (by wyse van spreke) vir ‘n happie.

Die lepelaars is volop en drentel lui-lui rond, wyl hulle hul breë lepelbek heen en weer deur die water swaai. Een van my gunsteling watervoëls, juis omdat hulle so koddig voorkom. Die reiers is statig en ongesteurd, soos gewoonlik. Die eende en ganse speel rond in die water, maar hier en daar knip sommiges ‘n uiltjie.

Met verkyker en lens het ek al die bekende voëls gesien wat al lankal reeds in my boekie opgeteken is, soos die swane, die reiers, ‘n verskeidenheid eende, ooievare, ganse, dobbertjies en ‘n swetterjoel ander geveerde vriende.

Op ‘n spesifieke punt kom ek af op ‘n klein leër van Koreaanse fotograwe, wat soos wafferse oorlogsoldate ingegrawe staan om met hulle intimiderende kanonlense (by wyse van spreke) die voëls te kieker. As daar ‘n landing is of enige ander aksie op die water, dan knetter hulle sluiters soos ‘n klein masjiengewere en tientalle foto’s word geneem in ‘n kwessie van sekondes. Met verlange het ek na hulle kanonlooplense gestaar en probeer om nie te begeer nie.

Maar my oomblik van verwondering, was net minute weg. ‘n Entjie verder kyk ek weer met my verkyker na die voëls, toe honderde vlerke skielik met ‘n alarmistiese geskreeu begin klap en die voëls wyk neem, asof iemand ‘n klapper tussen hulle gesmyt het. Ek skrik self en kyk op na die lug. En daarbo in die lug sweef die rede hoekom die voëls so geskrik het, in al sy glorie.

Van al die voëls wat ek al geïdentifiseer het – hier, in Suid-Afrika en ander lande – is dit altyd vir my die bevredigendste as ek ‘n nuwe arendspesie sien. Ek het ‘n ding vir arende. Miskien omdat die voëls, op die toppunt van die geveerde voedselketting is en soos die leeus van die diereryk, die koning van die lug is. Die arend is majestueus en ‘n simbool van krag en forsheid. So dikwels word die arend ook gepas as beeld in die Bybel gebruik. Maar miskien is dit die feit dat arende baie selde regtig in sittende posisies gesien kan word en dikwels slegs op vlerkpatrone in vlug uitgeken moet word, wat die identifisering van ‘n spesie so bevredigend maak.

Hierdie keer was ek gelukkig met die lens en kon ek die arend in vlug vasvang – in so ‘n mate dat ek dit kon identifiseer as ‘n witstert seearend (Haliaeetus albicilla). Hierdie seearend kan maklik verwar word met die onvolwasse Stellerse seearend (Haliaeetus albicilla). Dit het my ‘n hele rukkie geneem om finaal te bevestig dit ‘n witsert is. Die vlerkpatrone en die rondings van die vlerkpunte het egter die deurslag gegee. Die Stellerse seearend se geel snawel is ook veel meer prominent.

Die witstert seearend is een van die grootste arende in die wêreld. Volwasse wyfies (wyfies is altyd swaarder as die mannetjies) het ‘n gemiddelde gewig van omtrent 4-7kg (die gemiddelde visarend in Suid-Afrika weeg selde meer as 3.5kg). Voorts is die volwassene by die 1 meter van kop tot klou en is die vlerkspan oor die 2 meter. Omdat mens arende dikwels net so hoog in vlug sien, besef mens nie werklik hoe groot hierdie voëls is nie.

Foto: Chikara Otani

(dis natuurlik wat mens met daardie kanonlooplense kan doen…)

Die witstert seearend kom redelik wydverspreid voor in die noorde van Europa (veral in Skandinawië) en in Rusland (veral Siberië). Gedurende die wintermaande kan die roofvoël ook gesien word in oa Japan, Korea en Sjina. Die arend het ‘n uiteenlopende dieet, insluitend vis, ander seevoëls en klein soogdiere soos konyne. Hierdie seearend is ook baie lief daarvoor om kos te steel van ander roofvoëls en-diere. Dit is noue familie van die Amerikaanse kaalkoparend en die groter Stellerse seearend. Hoewel die witstert hier oorwinter, is dit steeds ‘n skaars voël om te sien in Korea en loop mens hom nie sommer raak nie. Daarom het ek tevrede teruggekeer huis toe met die gevoel dat ek op hierdie dag besonder geseënd was. Ek kon nie vir beter gewens het nie.

* Ramsar is ‘n internasionale konvensie vir die bewaring van vleilandgebiede en is vernoem na die Iranese stad, Ramsar, waar dit oorspronklik in 1971 onderteken is.

Die verdeelde skiereiland: ‘n Perspektief op die voortslepende spanning tussen Noord-en Suid-Korea
In Junie vanjaar brand twee Suid-Koreaanse grenswagte op die eiland van Gyodong in die Wes-see (ook bekend as die Geelsee) los op ‘n Koreaanse Asiana passasiersvliegtuig. Ongeveer ‘n honderd skote word met hulle outomatiese aanvalsgewere na die passasiersvliegtuig gevuur, maar gelukkig vir al die betrokkenes, is die vliegtuig buite bereik van die geweerskote. Te midde van ontsteltenis en verleentheid vra die Suid-Koreaanse weermag in die openbaar om verskoning. Die soldate se verweer: Hulle het slegs waarskuwingskote gevuur omdat hulle onder die indruk was dat dit ‘n Noord-Koreaanse militêre vliegtuig is. Dis maklik om te oordeel dat hulle gek was, maar niemand was in hulle skoene nie en mens dra ook nie kennis van die presiese vlugroete van die vliegtuig nie en ook nie hoe die weersomstandighede was nie (die soldate het beweer dat die vliegtuig van die gewone vlugroete afgewyk het, maar Asiana lugredery het dit ontken). Feit van die saak is, genadiglik was daar geen tragedie nie en was die passasiers op die vliegtuig nie eens bewus van die relletjie nie. Wat hierdie voorval egter weer duidelik onderstreep het, is die voortslepende spanning tussen Noord-en-Suid Korea – spanning wat soms op ‘n mespunt gebalanseer word.

Bogenoemde is maar net ‘n relatiewe onbenullige voorval in ‘n hele reeks voorvalle die afgelope paar jaar, waardeur die Noord-Koreaanse regime hul uittarting van die Suide tot nuwe hoogtes gevoer het. Om al die individuele voorvalle (insluitend opruiende uitsprake, dreigemente, oorgrens propaganda, kortafstand missieltoetse esm) te lys sal baie omslagtig wees en daarom konsentreer ek slegs op die prominentste gebeurtenisse wat gelei het tot die afwaartse spiraal in betrekkinge op die Koreaanse skiereiland:

Februarie 2008 word die huidige Koreaanse President, Lee Myung Bak, ingehuldig. In ooreenstemming met sy verkiesingsbeloftes en in teenstelling met sy voorganger, Roh Moo Hyun, slaan hy ‘n onverdraagsame beleidsrigting tov Noord-Korea in. Waar laasgenoemde ‘n versoenende benadering teenoor die Noorde gevoer het, het Lee dit duidelik gemaak dat hy nie die Noorde langer gaan paai nie. Anders as sy voorganger, het Lee begin om die Noorde openlik te kritiseer en om voedselhulp en enige toenadering direk te koppel aan die kernontwapening van Kim Jong Il se regime.

Skaars ‘n maand na Lee se bewindsaanvaarding, begin die Noord-Koreaanse regime aanvoer dat salarisse by die gesamentlike industriële kompleks in die suide van Noord-Korea, Gaesong, te laag is en dat Suid-Koreaanse maatskappye die Noord-Koreaanse werkers uitbuit. Hulle begin dreig om die gesamentlike projek te sluit. In Maart 2008 word meeste Suid-Koreaanse besigheidspersoneel teenwoordig by Gaesong, summier uit die land gesit en die vervaardigingsaktiwiteite word afgeskaal.

Julie 2008 word ‘n Suid-Koreaanse toeris by die Geumgangsan toeristekompleks in Noord-Korea deur Noord-Koreaanse soldate doodgeskiet. Alle georganiseerde toere na hierdie bergpark, ‘n uitvloeisel van Roh se versoeningsbeleid, word gevolglik afgestel.

Augustus 2008 word die Noord-Koreaanse leier, Kim Jung Il, gehospitaliseer na ‘n beweerde beroerte. Dit word in elk geval algemeen aanvaar dat hy ‘n beroerte gehad het, hoewel die Noord-Koreane dit nooit erken nie. Bespiegelinge oor watter van sy seuns by Kim gaan oorneem, neem in felheid toe.

Desember 2008 loop die Ses-Nasies* onderhandelinge dood, nadat Noord-Korea nie tot spesifieke verifiëringsaksies van sy kernprogram wil instem nie.

Januarie 2009 verklaar Noord-Korea dat alle politieke en militêre samesprekings met Suid-Korea gestaak word.

April 2009 toetsvuur Noord-Korea sy langafstand Taepodong II ballistiese missiel ten spyte van protes deur oa Suid-Korea en Japan en in weerwil van ‘n 2006 VN resolusie. Die VN Veiligheidsraad veroordeel hierdie aksie. Die Noorde onttrek aan enige verdere multilaterale samesprekings en deporteer Amerikaanse kerndeskundiges wat in gevolge die Ses-Nasies ooreenkomste in die land was.

Mei 2009 voltrek Noord-Korea ‘n ondergrondse kernwapentoets (die tweede sedert 2006). Die VN Veiligheidsraad veroordeel die toets eenparig. Noord-Korea verklaar dat die land hom nie meer gebonde sien aan die 1953 skietstilstand nie**.

Junie 2009 verklaar Noord-Korea dat die land uraanverryking hervat en dat alle plutonium vir bewapening gebruik sal word. Dit is in reaksie op hernude VN-sanksies.

Januarie 2010 vuur Noord-Korea met artilleriewapens in die Wes-see, naby die maritieme grens. Suid-Koreaanse soldate beantwoord die vuur, maar geen ongevalle word gerapporteer nie.

Maart 2010 sink ‘n Suid-Koreaanse fregat, die Cheonan, in die Wes-See, na ‘n ontploffing. Soveel as 46 Suid-Koreaanse matrose sterf. ‘n Deurtastende ondersoek bevind dat die skip gekelder is deur ‘n torpedo afgevuur vanaf ‘n Noord-Koreaanse duikboot. Noord-Korea ontken dit. Die aanval op die Cheonan word gevolg deur ‘n rits grootskaalse geskeduleerde, maar ook ongeskeduleerde gesamentlike gereedheidsoefeninge deur die vlootmagte van die VSA en Suid-Korea.

September 2010 word Kim Jong Eun, Kim Jong-Il se jongste seun, in senior poste binne partystrukture aangestel en dit word as ‘n sterk aanduiding gesien dat hy sy vader sal opvolg.

Oktober 2010 vuur Noord-Koreaanse soldate op ‘n Suid-Koreaanse wagpos langs die grens tussen die twee lande. Suid-Koreaanse soldate beantwoord vuur. Geen ongevalle word berig nie.

November 2010 onthul Noord-Korea ‘n gevorderde uraanverrykingsaanleg in Yongbyon. Gedurende dieselfde maand skok Noord-Korea die wêreld met ‘n artillerieaanval op die bewoonde Suid-Koreaanse Yeonpyong-eiland in die Wes-see. Dis die eerste aanval op burgerlike bewoonde gebied sedert 1953. Vier burgerlikes en twee Suid-Koreaanse soldate sterf. Suid-Korea vuur terug, maar ongevalle aan Noord-Koreaanse kant is onbekend. Die Suid-Koreaanse Minister van Verdediging, Kim Tae Young dien sy bedanking in. In reaksie op die aanval, voer Suid-Korea sy grootste militêre oefening uit sedert 1953.

Januarie 2011, deel die huidige Suid-Koreaanse Minister van Verdediging, Kim Kwan Jin, soldate op die grens mee dat, indien onder Noord-Koreaanse aanval, hulle onmiddellik moet reageer en nie vir bevele moet wag nie.

Maart 2011 voer die Koreaanse vloot, ten spyte van Noord-Koreaanse waarskuwings omvattende vlootoefeninge in die Wes-see uit. Gedurende dieselfde maand loods Noord-Koreaanse kuberkrakers ‘n aanval op een van Korea se grootste banke, wat die bank vir ‘n dag lank elektronies lamlê.

In die lig van bogenoemde chronologie, mag dit voorkom asof die twee Koreas op ‘n onafwendbare pad is om die Koreaanse oorlog te hervat. Maar meer onlangse gebeure dui daarop dat die Noorde weer begin witvoetjie soek. Noord-Korea het het ‘n geskiedenis van ‘n ommeswaai in beleid wat oor ‘n kwessie van ‘n paar maande kan wissel van uiterse aggressie tot ongekende toenadering. Amper soos die optrede van ‘n vroueslaner, wat geweld met liefde en toenadering afwissel.

Kim Jong Il was onlangs op besoek aan Rusland en China (die enigste twee lande wat hy ooit besoek). In Rusland is daar met groot gewag verwys na die moontlikheid om ‘n gaspyplyn vanaf Rusland deur Noord-Korea, na Suid-Korea te bou (die spreekwoordelike pipe dream?). Natuurlik is die Suide honger vir gas en die Russiese oligargie ywerig om nog meer lande afhanklik te maak van hulle gas. Samesprekings tussen die VSA, Suid-Korea en Noord-Korea se kernverteenwoordigers het ook die afgelope tyd hervat. Suid-Korea het die voorvereiste dat die Noorde amptelik apologie aanbied vir die Cheonan-voorval, laat vaar, wyl die Noorde laat blyk het dat hulle moratorium op verdere kernwapen-ontwikkeling sal “oorweeg” (net om later aan te kondig dat hulle uraanverryking vir “vreedsame” doeleindes fluks vorder). Beide die VSA en Suid-Korea eis egter dat die Noorde eers kernbedrywighede staak en internasionale inspekteurs toelaat in die land, alvorens die Ses-Nasies samesprekings hervat. Dws, als inaggenome…business as usual. Maar overgeset synde. Feit van die saak is dat niemand oorlog wil hê nie, nie noodwendig eers die wispelturige Noord-Koreaanse regime nie.

Suid-Korea is sekerlik die laaste land wat in ‘n oorlog betrokke wil raak. Hervatting van die Koreaanse oorlog sal Suid-Korea se fenomenale ekonomiese groei van ongeveer die afgelope 50 jaar negeer. Ironies genoeg is dit juis Suid-Korea se ekonomiese sukses wat die land se Achilleshiel geraak het vis-a-vis Noord-Korea. Dit is die hoofrede hoekom Suid-Korea telkens in die verlede die ander wang gedraai het. Die Suide het net eenvoudig te veel om te verloor…en die Noorde weet dit. Daarom kan die Noorde voortgaan om die Suide af te pers, amper soos ‘n misdaadsindikaat wat beskermingsgeld van besighede eis. Niks minder of meer as ‘n direkte aanval op Seoul of ‘n volskaalse aanslag op die grens, sal Suid-Korea tot oorlog dwing nie.

Die VSA het geen aptyt vir nog ‘n oorlog na die land se imperiale avonture in Irak en Afghanistan nie. Voeg hierby die VSA se bykomende betrokkenheid in Somalië, Pakistan en Jemen en dis duidelik dat die land se militêre reikwydte reeds tot die maksimum beproef word. En dan noem mens nie eens die VSA se voortslepende finansiële verknorsing nie. In die verlede het die VSA telkens Suid-Koreaanse heethoofde tot kalmte gedwing en steeds sal die VSA alles moontlik doen om vrede op die Koreaanse skiereiland te bewaar.

China is blinkvet van sy nuutgevonde kapitalistiese vooruitgang en die land se leierskap sal niks wil doen om hierdie ekonomiese groei te skaad nie. Daarom soek China stabiliteit op sy grense. Nie net sal China heel moontlik genoop wees om betrokke te raak in ‘n regionale oorlog nie, maar sal China ‘n geweldige vlugtelingprobleem moet bekamp en boonop die risiko loop om alle invloed op die Koreaanse skiereiland te verloor. Die effek op China se vooruitgang kan rampspoedig wees.

Voorts is dit redelik veilig om te sê dat geen ander land, inkluis van Rusland, Japan en die res van die wêreld, ‘n hervatting van die Koreaanse oorlog wil sien nie. Dit sal die sukkelende wêreldekonomie ‘n uitklophou gee en heel moontlik ‘n wêreldwye depressie tot gevolg hê.

Maar wat dan van Noord-Korea? Wil die Kim Jung Il regime ‘n oorlog hê? Maak nie saak wat jy in die media lees en hoeveel kenners se menings daarbuite rondswerf nie. Feit van die saak is dat min mense dit sommer sal erken, maar niemand weet regtig nie. Noord-Korea is die mees geslote staat in die wêreld en die intelligensie op Noord-Korea en inligting oor wat regtig in die politieke binnekringe aangaan, is skamel. Rasioneel gesproke, sou mens redeneer dat ‘n oorlog nie in belang van die Kim-dinastie is nie, want ‘n oorlog sal byna verseker die regime tot ‘n val bring. Rasionele denke is egter nie ‘n gegewe nie. Die situasie is vloeibaar en onvoorspelbaar en leen nie hom tot eksakte voorspellings nie.

As mens egter werk met wat mens wel weet, dan kan mens wel bepaal watter veranderlikes die situasie beïnvloed of in die toekoms kan beïnvloed:

China is nie net Noord-Korea se naaste meeloper nie, maar heel moontlik Noord-Korea se enigste ware bondgenoot internasionaal. China is die Noorde se hartlongmasjien. Sonder kritieke finansiële en politieke hulp, sal Noord-Korea eenvoudig na binne kalf en lam gelê word. Soms vermoed ek China se invloed op die Kim-dinastie word oorskat, maar heel moontlik is China die enigste rede hoekom Noord-Korea se beleidsrigtings darem nog die skyn van rasionaliteit behou. China wil nie ‘n herenigde Korea sien onder Amerikaanse invloed op sy suidelike grens nie. China se beste scenario is om Noord-Korea deur druk en oorreding op dieselfde ekonomiese pad van groei te plaas as China self. Dis te wete ‘n geleidelike transformering na ‘n kapitalistiese ekonomie onder ‘n steeds outoritêre regering. Hoe ver China sal vorder met hierdie doelstelling is ‘n ope vraag.

Kim Jung Il se gesondheid en sy opvolging deur Kim Jong Eun sal ‘n kardinale rol speel om Noord-Korea se koers vorentoe te bepaal. Hoe lank gaan Kim Jung Il nog leef en wat is sy seun (slegs 27 jaar oud) se steun in die weermag? En wat is Kim Jong Eun se denke en gedagtes? Hoe gaan hy China hanteer? Is hy ‘n boosheid wat wag om te gebeur, of kan hy dalk, soos ‘n Deng Xiaoping of ‘n Mikhail Gorbachev verrassend ontpop in ‘n hervormer? Of is hy bloot ‘n kloon van sy Pa en Oupa? Niemand kan met sekerheid se nie.

In Desember 2012 vind Suid-Korea se volgende presidentsverkiesing plaas en die kompetisie het reeds begin om ‘n opvolger vir Lee Myung Bak te kies. Gaan sy opvolger sy beleid teen Noord-Korea handhaaf of dalk dink dis veiliger om terug te val op Roh Moo Hyun se paaibeleid? Dis te vroeg om nou reeds te spekuleer.

Talle kere vantevore is die inploffing van die Kim-dinastie voorspel, maar Noord-Korea het tot dusver geweldige deursettingsvermoë getoon. Ten spyte van hongersnood, ekonomiese regressie en totale afhanklikheid van buitelandse hulp (meeste komende van China), het die Kim-dinastie nog nie gewankel nie. In hierdie opsig is Noord-Korea soveel anders as ander outoritêre regimes, soos die in Egipte, Iran of Sirië, waar daar binnelandse opposisie is. Die totale afwesigheid van interne protes kan teruggevoer word na die afwesigheid van ‘n burgerlike samelewing en die bevolking se isolasie van moderne tegnologie (Internet en selfone) wat so ‘n groot rol speel in ander lande. Wat hiermee gepaardgaan is die totaliteit en brutaliteit van beheer wat die regime oor die bevolking uitoefen. Burgers word eenvoudig gebreinspoel en die denkpolisie beheer elke aspek van hulle lewe. Ek twyfel of George Orwell destyds Noord-Korea (toe nog nie eens ‘n staat nie) in gedagte gehad het met die skrywe van die seminale 1984. Maar, feit van die saak is, dat geen ander staat al ooit so naby aan Orwell se beelde van die fiktiewe Oseanië gekom het, as juis Noord-Korea nie.

Maar watter beredenering lê dan agter Noord-Korea se ongedurige optrede? Eerstens moet mens besef dat die Kim-dinastie se binnelandse en buitelandse beleid eksklusief daarop gerig is om die oorlewing van die regerende elite se voorregte, mag en beheer te verseker. Dit hang saam met die regime se strewe na erkenning as ‘n kernmoondheid en genormaliseerde betrekking met die res van die wêreld. Laastens, maar nie die minste nie, het die Noorde ‘n diep gewortelde afguns jeens die Suide agv laasgenoemde se ekonomiese sukses.

Mens wil tog glo dat die regime goed sal besef dat ‘n hervatting van die Koreaanse oorlog vir alle praktiese doeleindes die einde van Noord-Korea sal beteken. Hoewel die hervatting van die oorlog dus ‘n moontlikheid bly, is dit onwaarskynlik. Die grootste gevaar bly natuurlik dat ‘n klein, skynbaar onbenullige skermutseling, kan eskaleer tot ‘n groter gewapende konflik. Dit is veral die maritieme grens in die Wes-see wat ‘n brandpunt is, aangesien die grens in dispuut is sedert die 1953 skietstilstand. Intussen weet die Noord-Koreaanse regime te goed hoeveel Suid-Korea het om te verloor en hoe min die VSA in nog ‘n konflik betrokke wil raak Dus sal provokasies in die toekoms weer voorkom. Solank die Noorde skotvry daarvan afkom en lande soos China en Rusland gewillig bly om Kim Jung Il te kondoneer, sal die situasie voortduur.

Die veteraan joernalis en skrywer, Christopher Hitchens, som die situasie baie korrek op:

“So this is the way we live now: conditioned by the awareness that no North Korean provocation, however egregious, can be confronted, lest it furnish the occasion or pretext for something truly barbarous and insane.”

Ongelukkig het die Noord-Koreane deur die jare geleer dat hulle nie boet vir hulle dade nie. Hulle aggressiewe optrede word dikwels beloon, nes hulle wil hê. Dit sien mens weer eens in Suid-Korea se resente besluite om grootskaalse mediese-en voedselhulp aan die Noorde te hervat, ondanks die feit dat Noord-Korea steeds weier om amptelik om verskoning te vra vir die aanvalle op Suid-Korea gedurende 2010. Mens wil nie eens hier begin uitbrei op die Noorde se gruwelike menseregte-vergrepe nie. In lande soos Egipte, Sirië en andere word dit aan die grootklok gehang, maar oor die gruwels en massamoorde wat in Noord-Koreaanse strafkampe plaasvind, word min gesê. Die Kim-dinastie kom letterlik en figuurlik met moord weg.

‘n Paar maande terug het Lee Myung Bak opgemerk dat die twee Koreas se hereniging al hoe nader kom. Wel, feitelik is hy sekerlik korrek, want die twee Koreas is immers seker nou nader aan eventuele hereniging as in 1953. Die Noord-Koreane en die Suid-Koreane is immers een volk met ‘n gemene geskiedenis, taal, tradisie en kultuur. Korea was ‘n verenigde staat vir ongeveer 13 eeue en is maar eers die afgelope 6 dekades verdeel. Ek het dit al voorheen gesê en ek sê weer: Hereniging is ‘n historiese onafwendbaarheid. Maar om die hoe en wanneer te voorspel, is en bly haas onmoontlik…

*Die ses nasies is te wete: Noord-Korea, Suid-Korea, die VSA, China, Rusland en Japan.

** Die Koreaanse oorlog van 1950-53 het die skiereiland vernietig en miljoene lewens gekos. Prakties gesproke is die oorlog reeds in die middel van 1953 beëindig, maar tegnies verkeer Noord-Korea en Suid-Korea steeds in ‘n staat van oorlog, aangesien daar nooit ‘n vredesooreenkoms gesluit was nie, maar slegs ‘n skietstilstand verklaar is. Nie een van hierdie twee lande erken die ander as ‘n onafhanklike staat nie.

Ons elkeen soek ‘n masturbasiespasie
Hierdie inskrywing is ‘n veralgemening. Dit is gegrond op subjektiewe waarnemings en nie op ‘n empiriese studie nie.

Om deesdae te sê jy is nie op facebook nie, is soos om vanmelewe skaam te moes erken, jy het nie ‘n selfoon nie. In vele opsigte het facebook die middelpunt geword van die wye uitspansel wat bekend staan as sosiale media. Facebook het aan almal met internettoegang ‘n stem gegee. Van die armste of domste mens tot intellektueles, die rykste van die rykes en die supersterre van die wêreld. ‘n Anargistiese, globale markplein waar jy oor die grense van tyd en ruimte jou mees narsissistiese behoeftes kan bevredig. Jou eie spasie waar jy elk dag in jou eie ruimte en in ander se ruimtes na vrye wil jou ego kan poets (‘n swetterjoel ander sosiale media platforms soos blogs en twitter werk basies op dieselfde prinsiep). Facebook is die plek waar revolusies beplan word; geboortes aangekondig word; sterftes gerou word; verlowings gevier word; selfmoord gepleeg word; besittings ten toon gestel word en waar moordenaars, verkragters en pedofiele hulle slagoffers vind. En dit het die manier waarop mense dink heeltemal verander. In die voortyd was jy gekys, nou is jy ge-facebook. Voorheen het jy vriende* gemaak (die werkwoord “maak” dui op ‘n die feit dat dit nie oornag gebeur nie), maar nou bevriend en ontvriend jy mense met die druk van ‘n knoppie. Op facebook is vriendskappe weggooibaar.

Maar om die hele facebook-fenomeen te ontleed, sal ‘n boek verg en daar is ook reeds boeke daaroor geskryf. Wat ek hier wil verwoord, is my eie verwondering aan hoe facebook reflekteer op die gebruikers van hierdie medium. Want alle facebook-gebruikers kan nie oor dieselfde spreekwoordelike kam geskeer word nie. Hulle is so divers soos die wêreld daarbuite. Maar kom ons begin by die twee uiterstes: Die Spoke en die Statusbrakers. Hierdie twee groepe gebruikers lê totaal aan die teenoorgestelde kante van die spektrum en is per definisie wedersyds uitsluitlik is.

Die Spoke is mense wat op facebook is, maar dit glad nie gebruik nie. Amper soos om net ‘n naam in die telefoonboek te wees. Hulle het gewoonlik geen profielfoto nie en hulle laaste statusopdatering was: “Ek is nou op facebook.” Die laaste keer wat iemand anders iets op hulle muur geplaas het, was verlede jaar met hulle verjaardag. Hulle het gewoonlik minder as 20 vriende, deel geen persoonlike inligting nie en het enkele of geen foto’s op hulle profiel. Hierdie mense het al vergeet hulle is op facebook, of hulle het nie (meer) internettoegang nie, of hulle is moontlik gesoute voyeurs. Want, let’s face it (by wyse van spreke), facebook is ‘n voyeur se droom.

Heel aan die anderkant van die spektrum, vind ons die Statusbrakers. Van alle facebook-gebruikers, toon hierdie groep sekerlik die strengste simptome van volslae narsissisme. Hulle dateer hulle status ten minste 10 keer ‘n dag op; hulle deel al hulle gevoelens op die oomblik wat hulle dit ervaar; jy is deurgaans bewus van wat hierdie mense doen en meeste van die tyd van waar hulle is; jy weet presies wat hulle opinie oor alles is – van die triviaalste onbenullighede tot globale kwessies. En as dit die dag sleg gaan, verander hulle muur in ‘n klaagmuur. Hierdie gebruikers se profielfoto verander ten minste 2 keer per week en hulle lêer van profielfoto’s is reeds by die 300 sterk. Behalwe vir hulle profielfoto’s, het hulle ook omtrent nog 200 ander foto-albums wat die byna elke oomblik van hulle lewe boekstaaf. Van al hierdie foto’s is gewoonlik omtrent so 90% van hulself. Hulle het honderde en honderde vriende, waarvan hulle omtrent slegs so 10% al persoonlik ontmoet het. Hulle deel ook elk wat ‘n skakel is en los hulle merk op byna al hulle vriende se muur. Kyk jy na hulle persoonlike inligting, weet jy letterlik alles van hulle, behalwe miskien die grootte van hul onderklere (dit moet jy maar self van die honderde foto’s aflei). Hierdie mense stal hulself vir die wêreld uit en leef as’t ware op facebook. Hulle het duidelik baie tyd tot hulle beskikking en jy sal hulle nooit sonder hulle rekenaar of selfoon betrap nie. Hulle toon al die tekens van verslawing en sal tien-teen-een ‘n senuwee-ineenstorting beleef indien jy hulle van facebook vervreem. Ironies genoeg is die Statusbrakers van die eerste persone wat sal kla omdat facebook “inbreuk maak op privaatheid“.

Dit dan nou die ekstreme groepe gebruikers, maar wat van al daardie ander groepe op die spektrum? Die volgende groepe kan ook Statusbrakers wees, maar nie Spoke nie. Die Spoke is die enigste groep gebruikers wat ekslusief is.

Die Speletjieslawe se naam is selfverklarend. Dit is diegene wat op facebook is, slegs om speletjies te speel. Amper soos party mense satelliet-TV slegs vir sport het (al is daar honderde ander kanale), gebruik hierdie mense facebook slegs vir speletjies. Speletjieslawe se verslawing lê moontlik net so diep as die van die Statusbrakers. Hulle is egter nie narsissisties nie. Hulle speel al wat ‘n speletjie is op facebook en hulle muur is gewoonlik beplak met speletjieversoeke. Hier is geen teken van statusopdaterings of die deel van skakels of die deel van hulle lewe nie. Hulle wil net speel, niks anders nie. In hulle foto-albums sal jy talle foto’s van hulle virtuele plase, stede, dorpe en kastele vind. Hulle het gewoonlik ook honderde en honderde vriende van reg oor die wêreld, maar van al hulle vriende, is daar miskien so 5% wat nie saam met hulle speletjies speel nie. Hulle irriteer ook gewoonlik hulle 5% nie-spelende vriende deur onophoudelik speletjieversoeke aan hulle te stuur, al weet hulle goed diegene speel nie saam nie. Wees ook verseker dat hierdie mense hulle hele lewe rondom die speletjies beplan en ‘n vaste maandelikse begroting het om virtuele aankope te doen vir hulle virtuele speelplek. Hierdie mense het ‘n ernstige verslawingsprobleem, maar besef dit nie of weier om iets daaraan te doen.

Die Sporadiste is ‘n groep gebruikers wat, soos die naam aantoon, sporadies op facebook verskyn. Hulle skep gewoonlik die indruk dat hulle internettoegang baie wisselvallig is. Vir weke of langer sal hulle soos Spoke wees…net om skielik, met die ywer van ‘n Statusbraker te verskyn en vir ‘n kort tydjie baie aktief te wees op facebook. Daarna verdwyn hulle in die niet vir ‘n tyd om dan later weer hierdie patroon te herhaal. Miskien is dit ook maar ‘n teken van wanneer die mense besig is en wanneer nie.

Die Soekers (wat meer as dikwels ook Statusbrakers of Sporadiste kan wees), is diegene wat nie bewus is van Google en ander soekenjins nie, of bloot te lui is om Internetsoekenjins te gebruik, of selfs net vir kollegas of vriende te raadpleeg om die mees eenvoudige inligting te bekom. Die Soekers gebruik facebook as die geelbladsye en gebruik gewoonlik die woorde “Internet” en “facebook” as sinonieme. Gewoonlik baie aktief in facebook-groepe en-forums, vra die Soekers elke vraag onder die son op facebook. Van wat die weer vandag gaan maak, tot wisselkoerse, resepte, reisbesonderhede, hoe rekenaars werk, waar mens kan bly, waar jy moet ry, waar jy kan eet, waar jy kan drink, wat jy moet aantrek ens. ens. Die lys is nimmereindigend. Die Soekers is gewoonlik mense wat nie werklik vir hulself kan dink nie en verlore sal wees sonder facebook, soos ander mense verlore sal wees sonder die Internet as geheel. Waar meeste mense skaam sal wees op dom vrae te vrae, het Soekers geen skaamte nie. Hulle toon hulle gebrek aan algemene kennis en/of hulle luiheid/onbeholpenheid om die Internet te gebruik met trots.

Die Skakelaars vertoon slegs skakels op hulle eie muur en op die van ander. Hulle skep die indruk dat hulle nie woorde het om te gebruik nie en daarom slegs skakels plaas. Gewoonlik is die skakels wat hulle plaas, komiese of bisarre video’s of snaakse prentjies en artikels. Hulle geniet dit om alles wat hulle sien en lees te deel met die wêreld, sonder om enige waarde toe te voeg. Soms is hulle skakels interessant, maar meermale as nie, bloot vervelig en oppervlakkig.

Die Bloggers is ‘n groep gebruikers wat (soos die Soekers klaarblyklik nie van soekenjins bewus is nie) nie bewus is van blog-platforms soos WordPress en Blogger nie. Hulle skryf kompulsief notas in die vorm van kort meningstukke of bloot wollerige esoteriese gedagtes. Hulle statusopdaterings is gewoonlik ‘n lang relaas oor hoe hulle oor die wêreld voel en wat hulle dink verkeerd is met die wêreld. Dikwels sal hulle ook tob oor hulle verlore liefde of, andersins, mense vermaak met lang en euforiese denke oor nuutgevonde liefde.

Die Blackberrybrigade is ‘n groep gebruikers wat facebook byna eksklusief gebruik dmv hulle slimfoon. Byna alle opdaterings, foto’s en ander facebook-aktiwiteite word via hulle slimfone gedoen. Hulle skep die indruk dat hulle nie toegang tot ‘n rekenaar het nie en gedurig op reis is, al is dit noodwendig nie die geval nie. Dikwels is die Blackberrybrigade ook Statusbrakers, maar selde Speletjieslawe. Hulle is byna nooit Sporadiste nie. Ander mense sal verlore wees sonder die Internet en/of facebook – die Blackberrybrigade sal verlore wees sonder hulle slimfoon (let wel nie selfoon nie).

Hierdie klassifisering van verskillende groepe facebook-gebruikers is geensins onuitputlik nie. Baie ander groepe kan sekerlik bygevoeg word en bogenoemde groepe kan ook weer onderverdeel word. Volgens my eie ervaringe, is dit egter die groepe wat ek kon identifiseer. Maar miskien val die meerderheid facebook-gebruikers juis nie in bogenoemde kategorieë nie. Miskien is meeste van ons soms Spoke, soms Statusbrakers, soms Sporadiste en ander kere weer Soekers of Skakelaars. Wat egter soos ‘n paal bo water staan, is dat die meerderheid van ons, onsself dikwels oorgee aan narsissisme en sonder voorbehoude bereid is om ons selfliefde aan die wêreld te vertoon. Of dit nou op facebook is, op blogs soos hierdie, op twitter of welke ander platform. Ons elkeen wil gesien word. Ons elkeen wil gehoor word. Ons wil ook iemand wees in die oorbevolkte kuberruim. Ons elkeen soek ‘n masturbasiespasie.

* Dis jammer dat die woordjie “vriende” deur facebook so verwater is en vervreem is van die oorspronklike betekenis. Die woord “kontakte” sou ‘n baie raker beskrywing wees vir die sogenaamde “vriende” wat mens op facebook het.

Toekomsloosheid (‘n poging tot definisie)
Toekomsloosheid is ‘n geestestoestand wat – op grond van vorige ervarings, huidige omstandighede en beskikbare feite – voorveronderstel dat ‘n individu se lewensomstandighede nie gaan verbeter en/of verander op die langtermyn nie. Toekomsloosheid impliseer nie noodwendig die afwesigheid van drome, ideale en ‘n bepaalde toekomsvisie nie, maar eerder die oortuiging dat sodanige drome, ideale en toekomsvisie nie (meer) haalbaar is nie. Toekomsloosheid word dikwels geassosieer met die gebrek aan geloof in God, hoewel dit nie noodwendig die geval is nie. Toekomsloosheid is wel geneig om abstrakte begrippe (bv. hoop) te negeer omdat sodanige begrippe nie op bestaande feite gegrond is nie.

Toekomsloosheid word meermale aangetref by pasiënte wat terminaal siek is, bejaardes, mense wat erge trauma beleef het, soldate en/of burgerlikes in oorlogsituasies, gevangenes, werkloses, mense in absolute armoede, mense wat aan kliniese depressie ly en bannelinge.

Moontlike sinonieme: nihilisme, fatalisme.

Sondagaand-song V

hierdie herfs
Gone hath the Spring, with all its flowers,

And gone the Summer’s pomp and show,

And Autumn, in his leafless bowers,

Is waiting for the Winter’s snow.

I said to Earth, so cold and gray,

“An emblem of myself thou art.”

“Not so,” the Earth did seem to say,

“For Spring shall warm my frozen heart.”

I soothe my wintry sleep with dreams

Of warmer sun and softer rain,

And wait to hear the sound of streams

And songs of merry birds again.

But thou, from whom the Spring hath gone,

For whom the flowers no longer blow,

Who standest blighted and forlorn,

Like Autumn waiting for the snow;

No hope is thine of sunnier hours,

Thy Winter shall no more depart;

No Spring revive thy wasted flowers,

Nor Summer warm thy frozen heart.

John Greenleaf Whittier - Autumn Thoughts