wat is foto’s anders as
verglansde gedagtes in volkleur
gedenkstene
aan al die slagoffers van die tyd
‘n hopelose verweer
teen verganklikheid
wat is foto’s anders as
‘n bewys
dat ons ook daar was
dat ons ook deel was
van die reis
(c) Kopiereg voorbehou



lanaba het gesê,
Julie 18, 2007 at 7:15 nm
As they say a picture paints a thousand words.
gerhard louw (oud kollega) het gesê,
Oktober 25, 2008 at 4:46 vm
Mens kan sien dat jy tog maar ‘n verlange koester na dinge van vergange se dae en dat jy ten spyte van jou redelik nuut gevonde beroemdheid steeds ‘n stukkie boerseun van langsaan in jou behou.
Jou eens droom gedeelde kollega uit ‘n ou boeklaai.
rianabrand het gesê,
December 3, 2008 at 4:22 vm
Moet tog nie ophou om ‘foto’s ‘ te maak van jou reis nie…ek geniet ook van jou woorde wat jy in foto vorm ronddra en soms uitpak – ek vind dit terug in jou gedigte…bly reis, bly foto’s maak en bly deel dit met ons – jou foto’kykers’ – dankie vir die voorreg. Groete. R
Mefri het gesê,
December 3, 2008 at 10:10 nm
ʼn bewys
dat ons ook daar was
Ek het vandag na ‘n foto gekyk wat by Jannie se ‘Agterplaas’ in November 2006 geneem was. Skielik was ek weer terug op sy stoep gewees, kon ek voel hoe my hart van pure opwinding uit my keel uit wou galop – en toe begin die hele aand met al sy betowering stelselmatig weer ontvou – herleef ek als in kleur; klanke, geure, en emosies met verstommende helderheid. Selfs die lang Franse brode, gesprekke in die ingangsportaal, my CD geskenk wat ek teen my hart vasgedruk het …..
Dankie BIB, jou gedig is kosbaar en baie, baie mooi.
Cara Meintjes het gesê,
Maart 18, 2009 at 6:57 vm
Sjoe dit klink soos myne… selfs die herhaling.
Jy se: “Dat ons ook daar was / dat ons ook deel was” en dan ‘n finale lyn.
Ek se: “Maar onthou dit / maar onthou dit” en dan my finale lyn.
Myne is ‘n liedjie; eendag as ek hom opneem gaan ek hom vir jou stuur.