en al wat nou nog oorbly van onthou
is die cappucino kuiers
kleinmiddag uurtjies in die coffee shop
halfgerookte menthols
gedeelde muffins
die amperlag en speelse terg
koeksister getrengelde vingers
die skepe
die see
en die stil getuienis van tafelberg
die toon in die sand drentels
op kampsbaaistrand
rugkantlê teen die rots
spikkelvlerk meeue
ver daarbo
maar
meer dikwels
in die skemersone van wonder en weet
onthou ek slegs
jou hartseer oë
(c) Kopiereg voorbehou



Mary Jane het gesê,
Mei 5, 2007 at 10:42 vm
Man dis pragtig! BAIE GELUK!!!
boerinballingskap het gesê,
Mei 6, 2007 at 3:30 nm
Thanks!
René Boshoff het gesê,
Mei 9, 2007 at 6:29 vm
mmmm…onbekeerde romantikus? I take note!! Baie mooi gedigte Boertjie, jy moet regtig meer daarvan skryf!!
ladyguinevere68 het gesê,
Oktober 7, 2007 at 6:08 vm
Hierdie gedig van jou maak my hartseer, …ek het dit beleef, so baie mooi wat gedeel is en al wat hy onthou is my hartseer oe die dag toe ons mekaar vir die laaste keer gesien het … Jy skryf baie mooi.