laaste kaart

baie het gefluister die spel is oor

en ek het die waarskuwings ook gehoor

maar steeds speel ek wanhopig-naĩef‘n laaste kaart

en hoop om te wen

want sien, my vriend

hierdie is die enigste spel wat ek ken 

(c) Kopiereg voorbehou

2 Kommentaar

  1. rianabrand het gesê,

    Maart 1, 2008 at 9:26 nm

    die spel van die lewe self…dus so rou maar tog so waar…dankie.

  2. Cara Meintjes het gesê,

    Maart 18, 2009 at 7:00 vm

    AWESOME.


Lewer Kommentaar