Slaan oor na inhoud

laaste wens

en as ek dus oplaas
sonder wuif sou groet
strooi my in die sederberge
hoog teen die hange
of
in die skadu van ‘n skeur
iewers in God se rotsbeeld-wêreld
waar sneeuproteas blom teen ‘n krans
dáár sal my siel
verewig
onder helder sterrewaak
in dawerende stilte kan dans

(c) Kopiereg voorbehou

12 Kommentaar leave one →
  1. lanaba permalink
    Julie 18, 2007 7:13 nm

    spiekeris mooi!!!!

  2. Malinda Shamley permalink
    Julie 29, 2008 8:51 vm

    Pragtig, So hier uit ‘n koue en nat Auckland, New Zealand maak dit dat mens so ‘n heimwee kry.

  3. Augustus 2, 2008 1:31 vm

    Dankie, Malinda!

  4. Cara Meintjes permalink
    Maart 18, 2009 7:02 vm

    jy het die sederberge lief? jy raak al hoe cooler, bIb.

  5. Maart 18, 2009 10:44 nm

    8)

  6. Hannelie Allen permalink
    Maart 6, 2010 9:38 nm

    Dit is so mooi, en hartseer. Dit is so beskrywend van die plek teen Paarlberg wat ek vir my familie uigewys het vir eendag…..

  7. Hanni permalink
    April 1, 2011 1:08 vm

    trane in my oe…

  8. April 3, 2011 2:50 vm

    Werklik so mooi Gerrie. In die Sederberg sal mens nogal rustig kan le, jy is reg.
    Groete
    Jopie

  9. schabbers permalink
    April 12, 2011 7:56 nm

    Ek leer jou gedigte so proe-proe ken! Hierdie een is net so bittermooi!

    Ek wil weer net see toe! Gordonsbaai se see……

  10. kyker permalink
    November 23, 2011 4:01 vm

    Ai. Jou gedigte vat erg aan ‘n mens se siel.

  11. December 5, 2011 9:20 nm

    Die gevoel is wedersyds, kyker.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 77 other followers