laaste wens
en as ek dus oplaas
sonder wuif sou groet
strooi my in die sederberge
hoog teen die hange
of
in die skadu van ‘n skeur
iewers in God se rotsbeeld-wêreld
waar sneeuproteas blom teen ‘n krans
dáár sal my siel
verewig
onder helder sterrewaak
in dawerende stilte kan dans
(c) Kopiereg voorbehou
12 Kommentaar
leave one →



spiekeris mooi!!!!
Pragtig, So hier uit ‘n koue en nat Auckland, New Zealand maak dit dat mens so ‘n heimwee kry.
Dankie, Malinda!
jy het die sederberge lief? jy raak al hoe cooler, bIb.
8)
Dit is so mooi, en hartseer. Dit is so beskrywend van die plek teen Paarlberg wat ek vir my familie uigewys het vir eendag…..
trane in my oe…
Werklik so mooi Gerrie. In die Sederberg sal mens nogal rustig kan le, jy is reg.
Groete
Jopie
Dankie, Jopie! Lekker om jou hier te sien.
Ek leer jou gedigte so proe-proe ken! Hierdie een is net so bittermooi!
Ek wil weer net see toe! Gordonsbaai se see……
Ai. Jou gedigte vat erg aan ‘n mens se siel.
Die gevoel is wedersyds, kyker.