naskrif

en sekerlik
raak ook ek
‘n vae herinnering
‘n verweerde sepia-beeld
verban
na die st helena van jou siel
weggesteek in die veraf uithoeke van jou hart
gemaak vergete en verstoot

tog
weet ek
dat jy soms
soos by ‘n graf
dit weer besoek
en ‘n bossie blomme laat
as ‘n stukkie kleur
‘n verganklike offer aan die wind en weer
‘n tydelike kuur
vir ons albei se seer

(c) Kopiereg voorbehou

3 Kommentaar

  1. René Boshoff het gesê,

    Mei 9, 2007 at 2:18 nm

    DIS MOOI……!!!

  2. ladyguinevere68 het gesê,

    Oktober 7, 2007 at 6:11 vm

    Ok nou is ek in trane, ……hierdie een laat die damwal bars….

  3. duskant het gesê,

    Oktober 11, 2007 at 8:36 nm

    woordkuns


Lewer Kommentaar