Slaan oor na inhoud

somerson in jou oë

donsveersag

werp die winter

wit karos oor heuwel en haard

die laaste spatsels flouwarm son verdring

die eens warm geborgenheid nou slegs

vae herinnering

 

klandestien

kruip die koue na binne

onkeerbaar

deur elke gleuf, kraak en skeur

kluister my vas

omsoom my seer

 

en ek smag

na die sagwarm kontoere van jou mond

jou stem soos reën in die Karoo

die lome landskap van jou lyf

maar bowenal

die somerson in jou oë

 

(c) GP Terblanche

 

2 Kommentaar leave one →
  1. ShiningFire permalink
    Mei 9, 2011 2:29 vm

    :-o

  2. Junie 17, 2011 7:46 nm

    :(

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 77 other followers