Slaan oor na inhoud

splintersiel

en hierdie solo-dae
sleep so stadig verby
soos skepe in die nag
langs die hawemuur
op die daeraad wag
die maan en son se ewigspel
om mekaar uit lig en donker sfere te dryf

maar steeds wag ek
op woorde
om hierdie sliertehart te omskryf

en al loop die uurglas
tog ook leeg… vir my
en verbeel ek
die seer is helaas nie hier om te bly…

volg ek jou in my drome
speur ek jou spoor
onder splinterson
en wonder
oor dit wat kon

tyd laat nie verdwyn
gun geen luukse van vergeet
of kuur vir pyn

dit help net langsamerhand
die seer tog smoor
al beleef ek so dikwels-gereeld
alles
weer van voor

steeds onthou ek…
jou, my lief
in elke faset
en wonder ek
uur
na
lange
uur
wat my sal red

van die verniel

van hierdie splintersiel

(c) Kopiereg voorbehou

18 Kommentaar leave one →
  1. Mei 20, 2007 6:51 vm

    Boertjie, hierdie gedig van jou het my hart geraak! Dis ongelooflik sad, maar onbeskryflik mooi!
    R xx

  2. lanab permalink
    Mei 23, 2007 5:35 nm

    WOW…….!!!!dis b-e-a-u-t-i-f-u-l!!!!!

    troedels
    xxxx

  3. Mei 25, 2007 9:25 nm

    ek dink ek ken al elke woord in die gediggie! kan nie ophou om dit te lees nie!!!

  4. brenda permalink
    Augustus 30, 2007 3:26 vm

    soos vir REne het dit my ook geraak – dis so real. ek wens ek kon dit so neerpen ……

  5. Maart 1, 2008 9:19 nm

    Ek moes huil….dankie – dis so eina en tog so puur… al oorweeg om jou pyn in boekvorm te verwoord??

  6. Oktober 6, 2009 7:34 nm

    Ek wens ook kon dit vir haar stuur
    maar is dit gepas
    na 39 jaar??

  7. Mary Jane permalink
    December 3, 2009 7:40 nm

    wens ek het jou woorde gehad om jou woorde te beskryf! Hier’s die beste wat ek kan doen: FLIPPEN SIELSRUKKEND!!! Jy gee vir Laurika Rauch ‘n go wat nostalgie betref…

  8. December 3, 2009 10:23 nm

    Dankie, MJ! En ook vir jou ander kommentare :oops:

  9. February 1, 2010 2:02 nm

    Van Sons af gekom…. somehow jou not altyd iewers raakgesien en tog misgelees… hierdie is pragtig!

  10. February 1, 2010 11:08 nm

    BB, ek’s bly jy’t uiteindelik jou pad hierheen gevind! :)

  11. shiningfire permalink
    September 3, 2010 12:38 vm

    Boerie, jy sal laat ek snot en trane begin grens!!!!!

  12. Mefri permalink
    February 14, 2011 7:31 nm

    BiB, dit is ongelooflike kragtige seer wat jy hier verwoord het.

  13. February 16, 2011 3:52 vm

    Ai ,my vriend,ek het die eerste seer denkbaar en onhanteerbaar voor,in en om my lewensdeur-my pragtige dogter is dood-nou eers verstaan ek Totius se woorde want die werklikheid is nie voelbaar as dit nie jou eie hart stukkend ruk nie!

  14. Charmaine permalink
    Junie 2, 2011 5:32 nm

    Boer in Ballingskap wil jou net komplimenteer met jou ongelooflike skryfwerk! Dis vars en mens wil dit lees! Uitstekende werk. Het werklik dit geniet om jou stukke te lees oor die paleise en jou gedigte is uit die boonste rakke. Jou oop kop eerlike manier waarop jy die politieke situasies beskryf en insien is werklik verfrissend! Komplimente aan jou met jou skrywes.

    Groete
    Charmaine

Trackbacks

  1. Onvergeetlik

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 77 other followers