en hierdie solo-dae
sleep so stadig verby
soos skepe in die nag
langs die hawemuur
op die daeraad wag
die maan en son se ewigspel
om mekaar uit lig en donker sfere te dryf
maar steeds wag ek
op woorde
om hierdie sliertehart te omskryf
en al loop die uurglas
tog ook leeg… vir my
en verbeel ek
die seer is helaas nie hier om te bly…
volg ek jou in my drome
speur ek jou spoor
onder splinterson
en wonder
oor dit wat kon
tyd laat nie verdwyn
gun geen luukse van vergeet
of kuur vir pyn
dit help net langsamerhand
die seer tog smoor
al beleef ek so dikwels-gereeld
alles
weer van voor
steeds onthou ek…
jou, my lief
in elke faset
en wonder ek
uur
na
lange
uur
wat my sal red
van die verniel
van hierdie splintersiel
(c) Kopiereg voorbehou



Rene Boshoff het gesê,
Mei 20, 2007 at 6:51 vm
Boertjie, hierdie gedig van jou het my hart geraak! Dis ongelooflik sad, maar onbeskryflik mooi!
R xx
lanab het gesê,
Mei 23, 2007 at 5:35 nm
WOW…….!!!!dis b-e-a-u-t-i-f-u-l!!!!!
troedels
xxxx
René Boshoff het gesê,
Mei 25, 2007 at 9:25 nm
ek dink ek ken al elke woord in die gediggie! kan nie ophou om dit te lees nie!!!
brenda het gesê,
Augustus 30, 2007 at 3:26 vm
soos vir REne het dit my ook geraak – dis so real. ek wens ek kon dit so neerpen ……
rianabrand het gesê,
Maart 1, 2008 at 9:19 nm
Ek moes huil….dankie – dis so eina en tog so puur… al oorweeg om jou pyn in boekvorm te verwoord??
leierloos het gesê,
Oktober 6, 2009 at 7:34 nm
Ek wens ook kon dit vir haar stuur
maar is dit gepas
na 39 jaar??
Mary Jane het gesê,
December 3, 2009 at 7:40 nm
wens ek het jou woorde gehad om jou woorde te beskryf! Hier’s die beste wat ek kan doen: FLIPPEN SIELSRUKKEND!!! Jy gee vir Laurika Rauch ‘n go wat nostalgie betref…
boerinballingskap het gesê,
December 3, 2009 at 10:23 nm
Dankie, MJ! En ook vir jou ander kommentare