Slaan oor na inhoud

wie ek is

soms
as die grys reen
natkombers om my draai
mis ek
die soel somersaande in gordonsbaai

soms
as die sneeu
pragwit teen die heuwels vlok
mis ek
namakwaland se bonthelder lenterok

soms
as ‘n kakofonie
van hangul hierogliewe
op my ore val
mis ek
die warm klanke
van my grootwordtaal

my st helena
jou ceylon
struikel
strompel
stap
al verder van die suidlandson

ek is ‘n boer in ballingskap

 

(c) Kopiereg voorbehou

45 Kommentaar leave one →
  1. lanab permalink
    April 27, 2007 6:48 vm

    Pragtig geskryf!!!!!

    troedels

  2. Mary Jane permalink
    Mei 5, 2007 10:44 vm

    Hou maar aan skryf Boer, jy mag maar…

  3. Mei 6, 2007 3:31 nm

    Thanks again, MJ! Jy is my persoonlike Imbongi!

  4. Mei 9, 2007 2:20 nm

    Boertjie … wat vir ‘n ding is ‘n Imbongi?

  5. Mei 9, 2007 2:33 nm

    Dis ‘n tradisionele Xhosa “praise singer” wat die leier of koning se goedhede besing.

  6. komchat permalink
    Mei 14, 2007 7:00 nm

    Nice geskryf! Vanaand val die reën saggies hier buite in Somerset-Wes so asof dit die amptelike aankondiging van die Kaapse winter is. Dit wil amper so half winter in mense se hart ook word en die lees van jou skryfsels help nie juis om die nostalgie minder te maak nie. Maar thnx! Dis great stuff.

  7. Mei 15, 2007 2:17 nm

    Dankie. Ek verlang nou sommer baie huis toe…

  8. Willem permalink
    Junie 22, 2007 12:01 vm

    Boerinballingskap en so beland ek by jou gedigte! En die Afrikaans lees so lekker en ek geniet sommer elke oomblik en verlang huis toe!

  9. Junie 22, 2007 9:40 nm

    Willem, bly jy hou daarvan. Dis maar wat ek doen as ek verlang.

  10. Junie 22, 2007 10:47 nm

    ek laaikit.

    wat my wel ‘n bietjie dronkslaan is die hiërogliewe. wat beteken hangul? (is dit ‘n pleknaam?)

  11. Junie 22, 2007 10:50 nm

    Bly jy jou daarvan. Ek dink min mense sal seker weet wat “Hangul” is. Dis die naam van die Koreaanse alfabet.

  12. annelie permalink
    Julie 22, 2007 6:17 vm

    mal oor die vers van jou!

  13. Julie 23, 2007 12:27 vm

    Dis verskriklik mooi!!

  14. Augustus 7, 2007 7:12 nm

    wow !

  15. Augustus 7, 2007 9:40 nm

    Ai tog!

    Hierdie naweek het ons die enkele uur sonskyn gebruik om boerewors en pap en sous te eet, n regte egte kosmos gesien blom op vriende se plaas (hulle was verbaas dat ons die blommetjie herken het) en gehoor my ma-hulle kan nie kom kuier nie. Heimwee…

    Jy dig baie mooi.. zilla

  16. Tanya Fouche permalink
    Oktober 6, 2007 4:21 nm

    Boer in Ballingskap,

    Ek weet nie wie jy is nie, maar ek hou van jou gedig. Ek het jou kommentaar gesien op my niggie se blog. En wonder wie jy is?

    Zaijian
    Tanya

  17. Oktober 6, 2007 4:48 nm

    Dankie, Tanya!

  18. Oktober 7, 2007 12:34 vm

    Hallo boerinballingskap, jou gedig is baie baie mooi!

  19. platterfuss permalink
    Oktober 14, 2007 6:00 vm

    Ek lees baie… nog nooit ‘gekyk’ wie jy is nie…. maar jy’s ‘n fascinating mens!

    Me like!!!

  20. leoncroukamp permalink
    Januarie 22, 2008 6:56 nm

    Baie raak gesê. Sal weer kom besoek aflê. Leonc

  21. Maart 1, 2008 9:11 nm

    Nou jy maak sommer die digter in my wakker…besonders mooi geskryf…my komplimente…maar dan moet ek ook erken dat die mooiste dinge op papier tereg kom as jou pyn die ergste is. Dankie vir jou inspirasie. Groete uit Belgie….waar dit te veel reen en ek soms die reen rigting Karoo toe wil stuur!!

  22. Mei 26, 2008 6:34 nm

    Regtig mooi geskryf.

  23. Julie 15, 2008 3:45 vm

    Hoe bly is nou skielik ek is nog hier. Miskien bietjie ver van Gordonsbaai en die Van Riebeeck Hotel se stoep, maar die suidlandson. . . ek kan hom nog saans koebaai se oor die oseaan.
    Jy moet asb nog baie skryf.

  24. September 9, 2009 5:14 nm

    Ek het dit nou weer kom lees, en is steeds geraak soos die eerste keer.

    Jy kan maar. Hoekom try jy nie opgeneem word in die ‘Nuwe Stemme’ bundel nie?

  25. November 18, 2009 2:55 vm

    Man, welgedaan, knap geskryf, en waar tot op die been. Die mooiste deel is:
    “soms
    as ‘n kakofonie
    van hangul hierogliewe
    op my ore val
    mis ek
    die warm klanke
    van my grootwordtaal”

    Boer, jy mag maar!!

  26. November 24, 2009 11:22 nm

    Dankie, flintstoned!

  27. December 16, 2009 5:32 nm

    Hallo, Boerkind, Antie het nou met die aanskaf van 24/7 internettyd, eers regtig kans om oral te kuier. En ek staan verstom oor ons mense se talent— die meeste se perfekte taalgebruik maak dat ek sommer my blog wil delete! Maar ek glo ons is almal speserye wat hierdie dis sy besonderse unieke geur en smaak gee. Jou gedig het my in S&T gehad—– dit is so ongelooflik mooi. Hoe bly is ek tog dat mens na so lang tyd nog kan lees en kommentaar lewer. Wat is volgende?

  28. kluisenaar permalink
    February 27, 2010 3:21 nm

    jinne jy praat so uit my mond uit…’n mens aanvaar so vanselfsprekend jou land, haar mense en haar taal en wanneer jy jouself midde ‘n land soos Korea bevind, dan verlang jy na haar en alles omtrent haar…ek was so nostalgies begin Januarie..ek kon die somer ruik en proe by die huis…..

  29. RedShoes permalink
    Maart 2, 2010 5:15 vm

    hemel! maar dit is sooooooo mooi.
    Jy het my sommer hier in trane vanaand.
    Sal jy my toelaat om die gedig op my blog te publiseer???

    (en die Sommelier — is dit jy??)

  30. kandas oppi freeway permalink
    Maart 16, 2010 5:17 vm

    Soos ‘n pottebakker met klei maak, so maak jy met woorde. Jy skryf tot binne-in mens se siel … van goeters waaroor mense nie meer praat nie. Jou hartbreek mooi gedig is lente reen op ‘n kaalvoet kind se moee retoriese denke. Dankie – “wie is ek” is my geskenkie wat ek om die kronkels van vandag se lang pad ontdek het

  31. shiningfire permalink
    September 2, 2010 11:47 nm

    i can relate! (sorry, weet nie hoe om dit in goeie afr te sê nie)

  32. Januarie 15, 2011 10:14 vm

    Lieflike gedigte wat tot ‘n mens se hart spreek, Boer.

  33. Hanni permalink
    April 1, 2011 1:27 vm

    soek,
    altyd oppad…
    nooit nerens werklik tuis
    beweeg ons aan
    van huis-tot-Huis

    is party van ons
    bedoel om te swerwe
    en nooit te weet
    waar ons sal sterwe?

    • April 1, 2011 4:16 nm

      Inderdaad….mooi woorde.

    • Anoniem permalink
      Julie 2, 2011 4:41 vm

      Jy praat so uit my hart uit. Ek is met ‘n ‘uitlander’ getroud en moes nou al 11 jaar in ander lande tuistes skep. Die lewe is goed vir my en ek het baie geleenthede ens……. maar om ‘n boermeisie soos ek uit haar land te haal, weg van haar mense en haar taal is soos om ‘n gevestigde Stinkhoud te probeer uit die grond uit trek en erens in ‘n groot pot te probeer plant.
      Die outjie kan maar net nie so lekker groei as sy wortels nie kan vestig nie !

  34. Anoniem permalink
    Oktober 8, 2011 5:35 vm

    Hi boerinballingskap, dankie eerstens vir die mooi gedigte en woorde … ek lees oor n insetsel van jou asook fotos wat jy gepubliseer het oor die bord speletjie “Boereplaas” … ek het die bordspeletjie in my besit maar kan nie onthou hoe om dit te speel nie en wat die reels is nie … indien moontlik en as jy my kan help daarmee sal ek dit hoog op prys stel …

    • Esme permalink
      November 24, 2011 12:04 vm

      Hallo, kan jy asseblief vir my agter op die doos van julle speletjie kyk wie die vervaardiger was? Ons het ‘n speel goedwinkel en almal soek die speletjie by my…ek sal ‘n BAIE gelukkige Afrikaner vrou wees as julle my kan help. My epos adres is ladybirdvz@yahoo.com

      Baie dankie.

      Vriedelike Groete
      Esme

  35. Oktober 17, 2011 8:27 nm

    Dankie, Anoniem. Ek het egter nog nooit oor die speletjie “Boereplaas” geskryf nie. Ek het dit wel lank terug ‘n keer of twee gespeel, maar kan die reels glad nie onthou nie.

  36. December 14, 2011 2:42 vm

    Mens wonder maar hoe die skaakstel hom gaan uitspeel in daardie geweste – ek sukkel bietjie om kommentaar op jou skrywe te lewer anders as hier. Dalk het jy raad. Mooi aand. O ja ek is bietjie nuut met die blogging

  37. schabbers permalink
    Januarie 21, 2012 8:11 nm

    NUWE STEMME 5 soek na nuwe digters vir publikasie in die nuwe uitgawe van NUWE STEMME. Stel jy dalk belang? Indien wel – email my en ek sal vir jou die besonderhede stuur. Ek dink jy kwalifiseer 200 persent! Veral die BOER IN BALLINGSKAP gedig. Laat weet my so spoedig moontlik – sluitingsdatum is 31 Maart 2012

    Asseblief – skryf in! Daar MOET net meer mense wees wat jou mooi woorde MOET lees!

    schabbers@gmail.com

  38. Louis Loubser permalink
    February 4, 2012 7:43 nm

    Met groot toeval beland ek op jou blog boerinballingskap. Self is ek nie die grootste kuns en kultuur ou nie, maar jou woorde is so mooi, dit maak alle die senuwees van my hart wakker.

    Sterkte daar waar jy nou is en hou aan skryf!

  39. Louis Loubser permalink
    February 4, 2012 8:09 nm

    Ek het n versoek. dalk is dit verwaand of voor op die wa.

    Kan jy n gedig skryf wat my so trots los op my taal soos wat ek is, so trots los op my land en sy mense soos wat ek is, en bo en behalwe my trots hou en inspireer vir die toekoms hier in SA? Nie oor die verlede nie maar oor die hede en toekoms waarna ons beweeg?

    Ek het nou n klomp van jou goed gelees en so baie maak my emosioneel. Groot geword op die plaas in die agter paarl, woon nou in bberg (Soos jou gedig) Mal oor my land , my taal en my mense. ek kyk na jou foto van die dam en ek weet dit vertel vir my genoeg van wie jy is. Is dit moontlik? Ek gaan raai n ou plat op die aarde, lief vir die grond en sy mense?

    In elk geval, sterkte daar waar jy is, ek dink jy inspireer duisende.

    Cheers.

  40. February 6, 2012 5:08 nm

    Louis dankie vir jou inspirerende kommentaar. Ek sal bietjie my gedagtes laat gaan. Nog nooit goed gewees met ‘n gedig “uitdink” nie. Die woorde kom gewoonlik na my toe.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 77 other followers