Skip to content

TELEVISIE IN KOREA

Maart 16, 2007

Hallo!

Ja, hier is ek nou! Dis nog maar bitsig koud hier, hoewel die lente al blykbaar begin het. Hier en daar begin die kaal wintersbome botsels wys. Verder is dit nog maar bruin en vaal – baie soos die Hoeveld in die winter. Dis Vrydagaand en ek sit snoesig hier in my woonstel en blog. Moet net noem die ondervloerse verhitting verrig wondere!

Ek dog net ek deel die 1 of ander oor die TV hier in die vreemde. Dis baie soos die SABC/E-TV in SA. Die verskil is egter dat hier sowat 70 kanale is wat ek nie kan verstaan nie, terwyl daar in SA net 4 kanale is wat ek nie die taal kan verstaan nie. Ek vertel ‘n klein, wit leuntjie. Hier is actually 5 movie-kanale wat baie flieks in Engels wys met Koreaanse onderskrifte. Daar is ook so 2 kanale wat Hollywood TV-reekse wys (24, CSI ens.) Dan is daar ook CNN (wat op die langeduur baie erg is, as jy dit elke dag kyk) en Arirang, die enigste Koreaanse kanaal in Engels. Verder is als in Koreaans. Daar is ‘n volle 2 kanale wat 24/7 gholf wys, omtrent so 6 sportkanale wat 90% van die tyd sokker wys, ‘n kanaal wat 24/7 visvang wys. Daar is ‘n kanaal soortgelyk aan Fashion TV, verskeie kanale met kosprogramme en baie verskillende game shows ens. Daar is ook 1 kanaal wat 24/7 wys hoe mededingers teen mekaar rekenaarspeletjies speel. Daar is ook baie Koreaanse sepies en prente op ander kanale. O, ja! Natuurlik is daar ook ‘n Cartoon-kanaal, maar helaas is alles oorgeklank in Koreaans of oorspronklik in Koreaans.

Nodeloos om te noem dat ek hier in ballingskap 100% van die Internet afhanklik is om rugby en krieket te volg. Af en toe wys hulle darem op CNN hoogtepunte van die WB-krieket en hoogtepunte van die 6-nasies rugby. Rugby en krieket is hier heeltemal afwesig en word vervang met 90% sokker (Koreane is sokkermal), tesame met 10% basketbal, bofbal, WWF (ai, die Amerikaanse invloed), Sumo-stoei en nogmaals gholf!!!

Wat wel interssant is, is dat die movie-kanale ook Duitse en Franse flieks wys (met die Koreaanse onderskrifte). Ek wil dit so graag volg, maar die flieks boul my dubbeld uit! Nou die aand het hulle die oorspronklike “Le Femme Nikita” gewys. Wat ‘n uitstekende aksiefliek! Nou laat dit my wonder: Hoekom wys hulle nie in SA meer Europese flieks op TV nie?? Hulle hoef dit mos nie oor te klank nie, hulle kan net Engelse onderskrifte wys! Nou is SA televisie ongelukkig ten volle uitgelewer aan Hollywood.

Dis maar net in ‘n neutedop wat hier op TV te sien is. Verder wil ek net vinnig noem dat CNN die Tsvangerai-storie redelik prominent gedra het en breedvoerig berig gelewer het oor Mbeki se mislukte “stille goedkeur….” ag askies “diplomasie” beleid.

More is Saterdag en ek kan rus en bietjie gaan sightseeing doen en shopping (en wasgoed). Ek skryf binnekort weer.

NS: Idiwidi, waar is jy in die wereld??

2 Kommentaar leave one →
  1. Maart 16, 2007 3:20 nm

    Ek dink jy moet maar by kuduclub aansluit.

    http://www.kuduclub.com/

  2. boerinballingskap permalink
    Maart 16, 2007 3:57 nm

    Thanks, ek ken van en sal binnekort so maak!

    BiB

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: