Skip to content

Koreaanse cuisine

Maart 17, 2007

Die kosse hier in die vreemde is omtrent nuut en interessant. Hierdie is maar slegs een ervaring nou die dag in Daegu.

Hier in Korea gaan almal omtrent middagete na hierdie “eating houses” (my eie term) toe. Dis tradisionele Koreaanse restaurante met sulke lae tafeltjies en jy sit op ‘n kussing op die grond. ge-eet het. In die middel van die tafel (vir 4 mense) is daar so ‘n gasbrander. Op die tafel is daar die chopsticks (stainless steel – net kinders eet hier met houtstokkies of as jy take aways vat), ‘n langsteellepel vir elkeen en ‘n nat lappie, geseel in plastiek, word vir jou gebring om jou hande mee af te vee.

Amper vergeet ek – toe ek instap, begin die restaurant mense vir my arms swaai en half skree en ek skrik – en toe besef ek natuurlik ek het vergeet om my skoene by die deur uit te trek – Eisj!! Hier loop jy natuurlik SLEGS op sokkies binne – geen skoene.

Die kos:
1 groot bak noedels (groot, dik noedels)
1 GROOT bord met die volgende op: Pyl-inkvis (“squid” – lyk soos miniatuur seekatjie met sulke Laaang tentakels), mossels, nog skulpvisse wat ek nie ken, prawns en dan allerhande blare en knolle en bolle, alle grotes sampioene, knoffel, uie, radys ens.
Souse en “kimchi” – tradisioneel wat jy ALTYD kry saam met kos – dis basies kool met klompe skerp speserye – eintlik nie so lekker
1 Bord fyngesnyde beesvleis (lyk amper soos bees-“spek”)

‘n Groot swart platboompot word op die gasbrander geplaas met so ‘n rooierige sop in (omtrent alle kos in Korea word in water/sop of watookal gekook). Dus is alles so half tussen ‘n bredie en ‘n sop. In elk geval, die groot bord se inhoud word in die pot gegooi (alles saam), geroer en dan wag ons ‘n rukkie. Dan word daar uit die pot vir elkeen geskep (jou bord is altyd diep). Jy eet alles wat jy kan met stokkies en dan die “sop” wat oorbly met die lepel.
Volgende word die beesvleis en noedels in dieselfde pot gegooi (in dieselfde pot waar daar nog van die seekos is). dit word geroer en dan is dit klein snytjies beesvleis, noedels en “sop”. Nou word al die sop uit die pot gegooi en die volgende in die pot:
fyngekapte uie en blare (lyk soos pietersielie), gaar rys en twee rou eiers.Dit word omvorm tot ‘n tipe “rysbrood”, wat vir my nogals baie lekker was. En saam met al die gedoentes ‘n bietjie Hite (Koreaanse bier), wat nie sleg is nie.

Baie gesond en lekkerder as wat dit klink!

Groete
BiB

Advertisements
No comments yet

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: