Skip to content

Grysgrou Maandag in Gyeongju

Maart 19, 2007

Nee, daar’s ‘n verskil – my Maandag was nie blou nie. Blou Maandae het betrekking tot jou gemoed, Grysgrou Maandae het betrekking op die weer. Dus was my Maandag grysgrou.  Toe ek vanoggend deur die venster versigtig na buite loer, sien ek dis bewolk en nat en ek weet dis koud.  Dis dan mos baie lekkerder om in die vere te bly met ‘n boks tjoklits en ‘n goeie boek (by die gebrek aan ‘n maat langs jou, natuurlik). Of om by ‘n kaggel te sit en rooiwyn drink.

Maar in elk geval, ek moes gaan werk. Dit was koud en heeldag het daar die fynste van stofreentjie neergesig. Die termometer hier sukkel maar om bo 10 grade Celsius uit te kom. Almal hier vertel my ons is op die drumpel van lente en dan gaan dit bietjie warmer word. Ek hoop ons kom vinnig oor daardie drumpel. Blykbaar is die wereld hier pragtig in die lente, vol kersie-bloeisels. Hier is in der waarheid ‘n kersie-bloeisel fees en ‘n kersie-bloeisel marathon (sal nie daaraan deelneem). Maar synde dat ek nog nie die bloeisels hier sien nie en dit nog koud is, gaan ek maar eers weer onder die duvet inkruip. Miskien droom ek van die lente…

Groetnis

One Comment leave one →
  1. Maart 20, 2007 1:42 nm

    Hi!

    En aangename kennis! Oulike post – veral die tjoklits en rooiwyn gedeelte voor ‘n kaggelvuur! Ai, hoe sien ek nou uit na winter…

    Sterkte in Korea!!!

    Rene xx

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: