Skip to content

ZimBOBwe-humor en Koreaanse karre

Maart 21, 2007

Moet net met julle deel dat ek gisteraand so lekker gelag het. Op CNN het hulle ‘n onderhoud met die Zimbabwese ambassadeur na die VSA gehad (ek het mos al genoem dat CNN een van die min Engelse kanale hier op my TV is). Die arme man het omtrent eierdanse uitgevoer. Dit het gegaan oor Zimbabwe wat blykbaar gedreig het om Westerse joernaliste uit Zim te deporteer. Hy noem toe CNN en BBC “enemy agents” en vaar uit teen die “Westerse Imperialiste” wat “oorlog voer” teen Zimbabwe. Hy ontken ook dat die Zim regering geweld gebruik (hallo???) en se dat Bob nog altyd ‘n demokraat was (!!!!).  Dit was beter as enige komedie!

Maar genoeg daarvan. Iets wat my opval hier waar ek woon, is die totale “Trots Koreaans” – houding, as dit by karre kom. ALMAL hier ry Koreaanse karre. Dis net Hyundai, Kia, Ssangyong, Daewoo (wat nou aan General Motors behoort) en Samsung. Dis reg – Samsung maak ook motors! Moet se van al die Koreaanse karre is die Samsungs nogal esteties sag op die oog. Dit lyk na meer luukse motors wat hulle maak – die SM3, SM5 en die SM7 (wat ‘n GROOT motor is). Ek kan letterlik die buitelandse motors wat ek hier sien, op my een hand tel (enkele Mercedes’e, BMW’s, Volkswagens en 1 Chrysler sover). Wat ook opval is die totale afwesigheid van bakkies. Niemand hier ry bakkies nie en die enigste “bakkies”, is die Kia’s en Hyundai’s (wat jy ook in SA kry). Hier is natuurlik ook baie meer modelle van Hyundai’s ens. as wat in SA beskikbaar is.

Groetnis

Advertisements
No comments yet

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: