Skip to content

Ginseng, sonskyn en selfmoord

Maart 26, 2007

Vir my is dit nou amptelik! Ginseng doen sy ding! Voor ‘n totale aanslag van die wonderwortel die afgelope naweek, het die verkoue-gogga, griepkieme en allerhande ander onaardigehede hier binne my die vlug geneem! Nou is ek vir ewig ‘n Ginseng bekeerling!

Ek dink die lekker lente-sonskyn het ook iets daarmee te doen. Oral begin die bloeisels te wys en daar is ‘n tasbare afwagting in die lug. Dis glo ‘n feit dat sonskyn jou gemoed lig en beter laat voel. Blykbaar is dit die rede hoekom die selfmoordsyfer in die Skandinawiese lande en in lande soos Ysland so hoog is. Miskien moet ek begin Ginseng uitvoer Skandinawie toe…..Dan kan dit dalk sommer hulle help met hulle negatiewe aanwaskoers. En daar het ek dit nou! Die verband tussen sonskyn en seks.

Hoe dit ook al sy, ek is bly ek is in Gyeongju en nie in Reykjavik nie (wonder of daar enige Afrikaners daar woon?). For that matter is ek ook bly ek werk nie in Baghdad nie. Altyd iets om voor dankbaar te wees!

Groetnis
BiB

5 Kommentaar leave one →
  1. Maart 26, 2007 4:21 nm

    My wenresep is Taiwannese “hei-tang jiang” oftewel black sugar ginger.

    Ek’s ook bly ek woon nie in Reykjavik nie, maar ek sou baie graag eendag soontoe wou reis.

  2. Maart 26, 2007 4:50 nm

    hoekom sou ek dit in Engels vertaal? jammer, ek’t bedoel om te tik ‘swart suiker gemmer’.

  3. Maart 26, 2007 7:46 nm

    mmm, my enigste vraag: “hoekom die obsessie met ginseng?” Doen dit dalk wondere vir jou manlikheid, BiB???

  4. saligerus permalink
    Maart 27, 2007 9:18 vm

    Griep kan inderdaad oorkom word. Wat ook goed werk is ‘n inspuiting van voltarin en antibiotika in die boud.

  5. boerinballingskap permalink
    Maart 27, 2007 1:05 nm

    Nou wonder ek: Hoe smaak “swart suiker gemmer”? Ek hou van vars gemmer in kos en ek weet dis ook goed vir verkoue.

    Eisj, die inspuiting-ding klink nie vir my wel nie – die swakste opsie binne die gemmer-en-ginseng konteks.

    Melanie, ek het nie ginseng nodig nie ;)….ek gebruik dit SLEGS as ek siek word.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: