Skip to content

Soek jou hond op die spyskaart….

Maart 28, 2007


Hond

Originally uploaded by boerinballingskap.

“As jou hond in Korea soek raak, sal jy hom op die spyskaart vind”

Die eer vir hierdie grappie, kom my skerp Nig Marie toe, daar in verre SA. Ek het lekker gelag en op daardie stadium ook geglo dat die stories oor honde-etery oordrewe is en selfs gebruik word om Asiate kultureel te verneder. ‘n Ou-vrou storie, at most….

Tot my eie ontnugtering, moes ek nou ontdek dat dit alles behalwe ‘n ou-vrou storie is – dis feite. Dit staan hier bekend as “boshin-tang” (in Koreaans verwys die woordjie ‘tang’ altyd na ‘n bredie) en is veral onder ouer Koreane taamlik gewild. Mans hier glo dis baie goed vir hul seksuele potensie en dit word algemeen as ‘n baie gesonde dis gesien. Daar is spesifieke restaurante wat dit opdis en mens kry selfs honde-burgers (“Honburger”).

Maar nee, moenie bekommerd wees nie, se my een Koreaanse kollega. Mense eet darem nie hulle eie troeteldiere nie (“who will do THAT?”) – daar is spesifieke “hondeplase” waar honde geteel word om ge-eet te word. “It’s the same as sheep or cows”. Dus is Wagter en Flaffie veilig en nie bedoel vir die pot nie.

“A man’s best friend can also be a man’s best food” onder sommige omstandighede.

Woef!

Advertisements
6 Kommentaar leave one →
  1. Maart 28, 2007 12:56 nm

    Ek het die lekkerste spicy hotpot van my lewe in Korea geEet! Ek hou van daardie vet rys-macaroni-stuff wat hulle in die bredies gebruik. (Gelukkig was daar nie hond in nie – dink ek…)

  2. Maart 28, 2007 1:52 nm

    Is daar sekere tipes honde wat spesifiek gebruik word? Ek het gelees dat sekere rasse vir kos geteel word daar.

    As ek ooit in die Ooste moet kom, word ek onmiddellik ‘n vegetariër. Sommer net so.

  3. boerinballingskap permalink
    Maart 28, 2007 2:52 nm

    Baie van die kos in Korea is regtig lekker – ek stem saam oor die hotpot en die rys-macaroni. Mens weet nou natuurlik nie altyd wat daarin is nie, maar as dit nie terugblaf nie, eet gerus! 🙂

    Ek weet nie of spesifieke rasse geteel word nie. Miskien is daar verskillende “kultivars”, soos met wyn.

  4. Maart 28, 2007 9:41 nm

    WAT!!???
    INtreSSANT!! Ek moet die Ierse Wolfhond-gereg probeer..

  5. Maart 29, 2007 9:07 vm

    As jy nou nie jou eie hond sal eet nie, sal jy jou buurman s’n eet wat die gewoonte het om jou snags 02:00 wakker te blaf vir geen spesifieke rede nie??
    En ek wonder of Steak&Chop spice lekkerder saam met Poedel of Staffie gaan…

  6. boerinballingskap permalink
    Maart 29, 2007 1:01 nm

    Ons kan ons eie spyskaart begin:

    Diepgebraaide Chihuahua met tjips
    Blaf van die dag (op chef se aanbeveling)
    Worshond-Hotdog en tjips
    Boere(boel)wors en tjops
    en vir nagereg…

    Doberman-dumplings

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: