Skip to content

Hondevleis glad nie so sleg….

April 1, 2007


Originally uploaded by boerinballingskap.

Ek het gister die heeldag in Gyeongju se “downtown” area spandeer en ook baie besienswaardighede gesien. Hierdie vroutjie wat hondevleis verkoop het, het egter die koek (of is dit nou “die hond”) gevat. En (is ek nou skaam om te erken) ek het toe wraggies van die take aways by haar gekoop en probeer. Dit was basies ‘n sosatie, met ‘n baie lekker rissie-sojasous daaroor. Kan ek dit oorvertel – die vleis was sag en heerlik en het my nogal aan wildsvleis herinner. Nou verstaan ek hoekom hierdie mense dit eet. Dis regtig baie yummy en op-die-koop-toe glad nie vetterig nie!

Advertisements
8 Kommentaar leave one →
  1. April 1, 2007 4:11 nm

    OK… so hierdie is nie ‘n April-fools joke nie?? Jy het hondevleis geproe?

    Dit lyk of daai hond op ‘n spit gebraai was. Gaan jy dit weer koop nodat jy weet hoe dit smaak, of was dit ‘n once off eksperiment?

  2. lanaba permalink
    April 2, 2007 1:21 nm

    Ek sal die een wees wat jy die meeste van hou…..:)

  3. April 2, 2007 1:50 nm

    Jy’s brawer as ek. Ek dink nie ek sal dit ooit eet nie, of ten minste nie as ek weet ek is besig om hondvleis te eet nie.

    DIt laat my wonder hoeveel keer ‘n mens regtig die vleis kry wat jy vir gevra het in ‘n restaurant. Ek dink baie van ons het al perdevleis ens. geëet sonder dat ons dit geweet het.

  4. boerinballingskap permalink
    April 2, 2007 2:16 nm

    OK…..so ek het toe net enkeles uitgevang met my flou Aprilgek-grap. 🙂
    Nee, ek het nie hondevleis ge-eet nie en ek beplan ook nie om “canine cuisine” te probeer nie!

  5. April 2, 2007 3:47 nm

    Ek is nou teleurgesteld in jou…. ek dink jy skuld jou lesers nou ongelukkig ‘n proe sessie ou maat!

  6. boerinballingskap permalink
    April 2, 2007 10:58 nm

    Ek soek nog na die regte wyn wat ek daarmee kan paar! 8)

  7. April 3, 2007 6:06 vm

    …yeah right… 😉

  8. April 3, 2007 7:34 nm

    Hoe bly is k nou jy het ni daai hondesosaties geëet ni! Jirretjie, dit mut hond-sleg wees! Hehehe sterkte md sinus! René xx

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: