Skip to content

Top 10 dinge wat ek haat

April 2, 2007

Vanoggend het ek onbehoorlik vroeg wakker geword en toe dink ek aan die dinge in die lewe wat ek die meeste haat. Dit klink miskien negatief, maar daar is so baie dinge wat ek van hou, dat die lys te lank sou wees om hier neer te pen. Elkeen het seker maar sy eie grief-lys; hierdie is myne. Daar is geen spesifieke volgorde nie:

1  Politieke korrektheid
(Jy verbloem die feite sodat andere kan beter voel oor hulself)
2  Onnoselheid
(Die ligte is aan, maar daar’s niemand tuis nie)
3  Onbevoegdheid
(Jy is veronderstel om dit te kan doen, maar jy kan nie)
4  Onbuigsaamheid
(“Daar is net een mening wat tel, en dis myne!”)
5  Onverfyndheid
(Jy lag slegs vir kru grappe en jou lag kom uit ‘n lucky packet)
6  Oppervlakkigheid
(HEAT is jou gunsteling tydskrif en jy beskou DIE SON as intellektuele leesstof)
7  Moralisme
(Jy oordeel andere, sodat jy kan beter voel oor jouself)
8  Toue
(Soos in: by die poskantoor en die bank)
9  Mobster movies
(Gewoonlik gewelddadig)
10 Hip-hop en Rap
(As jy nie kan sing nie….moenie)

Spitsverkeer het net-net nie die lys gemaak nie.

BiB

Advertisements
9 Kommentaar leave one →
  1. saligerus permalink
    April 4, 2007 8:55 vm

    Wat van mense wat lee bierbottels by hul karvenster uitgooi?

  2. lanab permalink
    April 4, 2007 10:52 vm

    ek stem nogal baie saam met jou lysie…….
    Het jy toe intussen al besluit van watter fairy jy die meeste hou…..

    troedels
    lana

  3. boerinballingskap permalink
    April 4, 2007 12:34 nm

    Ek ken nie mense wat bierbottels by hulle vensters uitgooi nie en het dit snaaksgenoeg nog nooit regtig ervaar nie. Maar rommelstrooiery is ‘n aanduiding van wanopvoeding, wat opsigself weer verband hou met die ander dinge wat ek so haat.

  4. April 6, 2007 9:36 vm

    Hallo!

    Vir die haatlysie is daar iets wat aansluit by toue….. daardie aanhou op die telefoon en die grootste gemors word in jou ore gespeel! Eina. Die plek wat jou die langste laat aanhou – VODACOM! Alles binne my strip en ek snap sommer na die ou wat antwoord.

    🙂

  5. boerinballingskap permalink
    April 6, 2007 12:42 nm

    Ek dink Binnelandse Sake moet die koek vat…..!!!!

  6. April 6, 2007 7:21 nm

    En die gekerm wat soul/r&b genoem word. Jammer, ek weet party goed is ‘n “acquired taste” maar nog een keer Beyoncé se Listen en ek kerm ook – in die groen dakkies!

  7. Februarie 18, 2008 12:41 vm

    Ek lees natuurlik eers jou nommer agt as “troues” en verstaan toe glad nie die poskantoor en bank verwysing nie. So miskien is ek nr 2…

  8. Februarie 18, 2008 11:05 nm

    🙂 LOL

Trackbacks

  1. Tag, tag, tag « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: