Skip to content

10 dinge wat ek regtig van hou

April 4, 2007

Net om my vorige inskrywing te balanseer, lys ek 10 dinge wat ek baie van hou. Daar is egter baie meer, maar hierdie is wat eerste in my kop opgekom het. Terloops, hier is glad nie so-iets soos ‘n Paasnaweek in Korea nie….:(

1 ‘n Goeie bottel wyn (wit of rooi)
2 ‘n Kaggelvuur in die middel van die Kaapse winter
3 Varsgemaalde koffie
4 Die Karoo
5 Die Sederberge
6 Ontbyt in die bed
7 ‘n Mooi motor
8 ‘n Skerp humorsin
9 Staproetes in die berg
10 ‘n Forel aan die hoek
11 Seks

Okay, dis 11, ek weet! Maar ek KON nie nr 11 uitlaat nie! 8)

12 Kommentaar leave one →
  1. lanab permalink
    April 4, 2007 2:43 nm

    😛 interesting…ek sal net so hier en daar n skuif maak…!!!!

  2. April 4, 2007 3:05 nm

    Ek stem met die meeste saam, behalwe vir die een of twee waaroor ek my nie kan uitlaat nie.

  3. April 5, 2007 6:49 vm

    Meestal lei 1 en 2 noodwendig tot 11.

  4. boerinballingskap permalink
    April 5, 2007 1:02 nm

    lanab, dit was nie in prioriteitsvolgorde nie. Wil jy iets byvoeg?

    Lammervanger…jy is wys

  5. April 5, 2007 2:46 nm

    Gewoonlik lei 1 en 2 noodwendig tot 11, en as jy gelukkig is (of baie vaardig)word dit gevolg deur 6.

  6. April 5, 2007 4:34 nm

    Okay… aangesien ons op die tema is…

    No.7 & 8 gekombineerd en gevolg deur no.3 voor jy no.1 en 2 kombineer, word gewoonlik gevolg deur no.11 en eindig hopelik met no.6 en no.9 voor die naweek afgesluit kan word met no.11 (weereens) voor jy huis toe gaan.

    Sjoe!

    Applications are eagerly awaited…😀

  7. April 6, 2007 2:04 vm

    Da Mario – en as jy dit als reggekry het, dan se^ jy “ek het haar soos ‘n nommer 10”.

  8. boerinballingskap permalink
    April 6, 2007 3:10 vm

    Idiwidi, as 8 outomaties aanleiding gee tot 1,2,11 & 6, sal ek jou graag wil ontmoet. 8)

  9. April 6, 2007 9:43 vm

    Nou toe, as jy deur al die nommers is volgens die numeriese advies wat jy gekry het, gaan daar moontlik nommers bykom…. goed wat te doen het met hand-aan-hand ver oor die water tuur op wittebrood en eerste kyk in die pienkvoet se ogies….

    Jy wat in “ballingskap” sit en, klink my, die Kaap ken, mis iets vandag. Jy ken die liedjie “al lê die berge nog so blou”? Die Boland se berge lê donker-donker blou afgeëets teen wit wolke wat die wind teen die toppe gaan vaswaai het. Die lug is skoon en die prentjie van Tygervallei af is ongelooflik mooi. Ek wens ek het my kamera saamgebring sodat ek vir jou ‘n foto kon stuur.

    Mooibly!

  10. boerinballingskap permalink
    April 6, 2007 12:39 nm

    Dankie vir die mooi beeld van die berge…daar is eenvoudig NERENS berge soos in die mooiste Kaap nie. Daarom nr. 9.

  11. Rounelle permalink
    April 6, 2007 9:57 nm

    Nice blog .. ek sal weer ‘n draai kom maak.

    Kaapse groete.

  12. April 11, 2007 4:39 nm

    Boer… of sal ek sê broer…!

    Doen my ‘n guns en kyk of jy Family Radio via radio uitsendings in daai geweste opvang… jy kan op hulle website http://www.familyradio.com vasstel watter kanale en khz ens vasstel…!!

    Hierdie boodskap dat die kerk-era verby is, is besig om soos ‘n veldbrand te versprei….!!!

    Mag God julle ryklik seën… in ballingskap.

    johannes coetzee
    Family Radio luisteraar in Suid Afrika

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: