Skip to content

Aaaaai, Suid-Afrika………

April 8, 2007


Originally uploaded by boerinballingskap.

Verlede week nog laat my krieketkundige neef Willem van Gauteng my weet dat SA nog net een maklike game oor het in die Wereldbeker teen Bangladesh, en DAN begin die moeilike games!

Willem, ek het saam met jou gestem. Ek hoop jy kry makliker jou voet uit jou mond, as ek myne! Weliswaar was ek nie “bevoorreg” om dit te aanskou nie, maar ek lees op die Internet en kyk hoogtepunte op CNN Sport. Dis vir my onverklaarbaar. Dit lyk of SA swakker speel, hoe nader ons aan die einde van die wereldbeker kom. Gister het Andre Nel met 5 paaltjies gewys hy hoort in die span. Langeveldt (wat tot dusver ‘n ster was) het onderpresteer en hy en Ntini was duur. Kemp het ook glad nie met die bal oortuig nie. Oor ons kolwers…..is dit beter om so min as moontlik te se. Ek het soveel hoop vir AB gehad, maar hy kom nie die mas op nie.

Nou genoeg van die treurmare. Ek is maar net teleurgesteld in ‘n span wat besig is om lelik te onderpresteer!!!

NS: Geluk darem aan die Stormer-span wat die Leeus se sterte gister op Nuweland geknoop het!

8)

One Comment leave one →
  1. April 8, 2007 1:17 nm

    Hi! Hier in my huis hang die skouers oor die krieket. Ek het van die begin van die WB skepties gestaan met die houding “verras” my. Dieselfde vir die Stormers volgende week. Hulle het die week volgens patroon (wen een, verloor een) gewen. ‘n Wen op Loftus sal my voete onder my verras. Maar ek hou lankal nie meer my asem op nie.šŸ™‚

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: