Skip to content

Die lente duur voort

April 13, 2007

Baie dankie vir julle komplimente op die foto. Ek voel nou soos in St. 6, toe die juffrou nie wou glo ek het die opstel self geskryf nie. Ek is geen groot fotograaf nie en my “skatlam” (met erkenning aan Idiwidi) is maar basies. Net om te (be) wys hierdie foto is myne:

samsung 111

Hierdie is enkele ander foto’s wat ek op pad werk toe geneem het.

samsung 113

Dankie vir jou hoe dunk van my, Salige Rus!

samsung 121

Die lente hier is vir my regtig mooi en besonders.

samsung 112

Ek het die skoenlapper sien vlieg, gewag dat hy gaan sit en toe vinnig geneem. Ekself was BAIE verbaas oor die resultaat!

samsung 114

 

7 Kommentaar leave one →
  1. Rounelle permalink
    April 13, 2007 6:33 nm

    OMW … as my pad werk toe SO lyk doen ek double shifts en oortyd all the way! Ehm, ek het die verkeer, Tafelberg, verkeer, ‘n versteekte spoedkamera langs Tygerberg Hospitaal, nog verkeer … en taxi’s in oorvloed. Count your blessings boy! Dankie nogmaals vir die deel hiervan.

    My hart bloei egter vir die mense wat dieselfde pad as jy stap, maar blind is vir hierdie toegedraaide geskenkies teen die pad wat wag om deur verbygangers se waarderende oë oopgesluit te word. If only they knew …

    Hey, have urself an awesome weekend! Mooibly ..🙂

  2. April 13, 2007 8:24 nm

    Mmm, my favourite foto onderwerp. Het na jou foto’s op flikcr gekyk. Baie goed! En jy is self heel aansienlik! Geniet jou dag?

  3. boerinballingskap permalink*
    April 14, 2007 3:44 vm

    Rounelle, ek dink as mens te lank in ‘n plek woon, raak jy gewoond aan die skoonheid en sien jy dit nie meer regtig raak nie of waardeer dit nie meer na regte nie.

    Thanks vir die kompliment. Ek is ten minste so aansienlik soos my besoekers. 8)

  4. April 14, 2007 12:54 nm

    Die skoenlapperfoto is besonders – julle moet die lente daar geniet. As ek so na jou en idiwidi se foto’s kyk, lyk dit vir my dat ‘n mens ‘n lente in die Ooste moet beleef.

  5. April 15, 2007 11:54 vm

    Ek moet sE, die lente is regtig fantasties hier. Maar, teen Japan en Korea sal Taiwan waarskynlik vir Bib soos somer voel. Dis aansienlik warmer op die Formosa eilandjie.

  6. April 16, 2007 3:27 vm

    Sedert laasnag reen dit onophoudelik hier en raai wie’s eerder lus om vandag in die bed re bly?

    Idiwidi, wou jou al lankal vra – is dit jou oog in jou avatar?

  7. April 16, 2007 6:00 vm

    Die lente lyk fantasties! En ek wonder ook nog altyd oor idiwidi se oog…🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: