Skip to content

Hoe oud wil jy word?

April 14, 2007

Ek het vanoggend op die Net gespeel en verskeie “life expectancy calculators” gedoen. My lewensverwagting wissel van 62 tot 89. Wys jou net watse verskil kriteria maak!

epa1300l

In elk geval, elke jaar ouer as 50, sal vir my ‘n bonus wees. Ek wonder maar toe net oor hoe oud mens regtig wil word? Soos Queen sing: Who wants to live forvever (anyway)? Ek neem aan mens het seker nou nie ‘n groot keuse daarin nie (behalwe natuurlik as jy selfmoord pleeg of met opset selfvernietigend leef).

Miskien verander mens se siening as jy eers kinders het wat jy graag groot wil sien, ek weet nie. Persoonlik is ek glad nie gestres oor hoe oud ek gaan word nie. My Ma word later vanjaar 86 en as ek so “gracefully” kan oud word soos sy, sal ek nie omgee nie. As ek nie met waardigheid kan oud word nie, stel ek egter nie belang nie.

Advertisements
3 Kommentaar leave one →
  1. Rounelle permalink
    April 14, 2007 7:46 vm

    As oudword met waardigheid, geluk, gesondheid en vryheid gepaard gaan.. bring it on. Die lewe is te kort, seriously, en ek het ‘n heilige vrees dat ek aan die einde van hierdie journey eers gaan besef hoeveel daar nog WAS om te doen, te beleef en te ervaar.

    Hence the lesson that ‘the time for life is NOW’ .. juis omdat jy nie weet of daar vir jou ‘n môre gaan wees nie. Oud word … nope, I don’t mind at all. Elke dag wat mens die kans gegun word om iewers ‘n verskil te maak, why not?

    Lekker naweek vir jou! 🙂

  2. April 17, 2007 1:09 nm

    Ek het nou die dag met mense oor dieselfde ding gepraat. Ek dink nie ek wil oud word nie, en ek dink nie ek gaan nie. My wilde streep is dalk bietjie te wild. Ek dink mens verander van opinie hieroor as jy kinders het though… Ek love Queen se musiek 😉

  3. jaco permalink
    April 23, 2007 2:44 nm

    elke persoon se lewe is syne…. ek kies om dit volheid te lewe maak nie saak wat nie, eerder dit as wat ek rondle en vr die dood wag om my te kom kry

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: