Skip to content

Saterdag is markdag

April 14, 2007

Vandag was ‘n pragtige sonskyn-lentedag in Gyeongju en ek het sommer bietjie gaan rondsnuffel. Daar is elke dag straatmarkte, maar veral Saterdae is daar baie verkope op straat en mens kan ENIGIETS koop, van seekos tot stortkoppe!

samsung 143samsung 148

En gewoonlik is dit goedkoper as in die supermarkte. Veral die groente-verskeidenheid is groot.

samsung 140samsung 146

Rissies, rissies en nogmaals rissies.

samsung 139samsung 138

Die aarbeie is pragtig rooi en gesond en smeek om ge-eet te word (natuurlik saam met room en goeie geselskap…). Die sitrusvrugte kom hoofsaaklik vanaf Kalifornie.

samsung 147samsung 144

Die waatlemoene is rond en kos die ekwivalent van so R30 een. Die mossels, oesters en ander skulpgediertes koop jy by die kilo.

samsung 145

Laastens, pragtige rooi-rissies. Die kos hier is baie spicy en hierdie klein vriendtjies wag vir jou by elke maal. As jy nie warm is nie, sal die jou defnitief warm maak…

3 Kommentaar leave one →
  1. April 16, 2007 5:56 vm

    Ek hou van warm kos. Die res lyk besonders lekker….

  2. April 16, 2007 6:31 vm

    Alles lyk so kleurvol en vars! Wens hier was ook sulke markte. Die naaste wat ons daaraan sal kom is seker die nuwe Fruit & Veg by Willowbridge. Die Fruit & Veg in Roelandstraat is egter ‘n ander storie, dit lyk en ruik die meeste van die tyd soos ‘n ashoop.

  3. April 17, 2007 2:50 nm

    Ek hou van jou idees met die aarbeie!!! Mooi pics – dit voel of ek self daar op die mark was!!!!

    Soet wees … R xx

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: