Skip to content

Virginia-slagting ook groot nuus in Korea

April 20, 2007

samsung 031

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Synde dat die (baie) versteurde jong man wat hierdie week 32 mense op die Virginia Tech-kampus in Blacksburg afgemaai het, ‘n Suid-Koreaan van geboorte is, word die berig ook wyd gedra in Korea.

Dis inderdaad ‘n sieklike gebeurtenis. CNN dissekteer natuurlik elke klein detail van die man se lewe en grawe tot dat daar niks oor is nie. Die beriggewing opsigself is vir my siek en grens aan sensasionalisme.

Cho-Seung-Hui se etnisiteit het natuurlik baie min te make met die daad wat hy gepleeg het. Hy het van kleins af in Amerika groot geword en is slegs in Korea gebore. Hierdie tragiese figuur het aan ekstreme depressie gely en die massa-moord was sy manier van selfmoord. ‘n Baie swak selfbeeld (oa gekoppel aan die feit dat hy arm groot geword het), eensaamheid, ‘n sosiaal-disfunksionele psige, grootheidswaan (“niemand respekteer my menings en gee my die krediet wat ek verdien nie”), paranoia, verwardheid oor geloof en seksualiteit, het hierdie jong man getransformeer tot ‘n koelbloedige moordenaar. Hy het besluit dat die enigste manier wat hy ooit erkenning sal kry, is om ‘n so ‘n ekstreme daad te pleeg. In sy alleenheid en emosionele verlatenheid, wou hy he die hele wereld moes weet wie hy is. Op hierdie grusame wyse het hy geslaag in sy doel en wraak geneem op die samelewing wat hy gevoel het hom verstoot het.

Om uit sulke verskeurende trauma iets goeds te haal, is uiters moeilik, maar as daar dalk een ding is – miskien sal hierdie trauma tog aanleiding gee dat meer aandag gegee word aan, en meer moeite gedoen word met sielsversteurde mense.

BiB

Advertisements
6 Kommentaar leave one →
  1. April 20, 2007 1:51 nm

    Ek sien die beelde op TV en die berigte in die koerante en ek wonder hoe kon so iets gebeur? Hoe troos mens die mense wat geliefdes verloor het? Hoe voel die mense wat hom gesien het oor sy versteurde menswees en nie iets daadwerkliks daaraan gedoen het nie? Het hulle besef hoe siek hy is of het hy hulle ‘n rat voor die oë gedraai? Hoe keer mens dat so iets nader aan jouself gebeur?

    Ek het nogal opgelet dat daar verwys word na sy Koreaanse oorsprong terwyl hy al lankal “ver-Amerikaans” het. Klassifisering sal altyd met ons wees, veral met die negatiewe. As die man ‘n goue medalje verwerf het vir iets sou die Amerikaanse media seker vergeet het dat hy “Koreaans” was. Dan was hy volkseie.

    🙂

  2. April 20, 2007 2:17 nm

    Bib, in vandag se koerante is daar van alle oorde kommer dat die ekstensiewe dekking wat hierdie voorval kry sal lei tot copy-cat voorvalle, eerder as wat dit sal help om hulp aan sielsversteurdes te bevorder.

  3. April 20, 2007 2:40 nm

    Hulle het presies dieselfde debat oor die media se verantwoordelikheid gehad op CNN. En daar sal copy cats wees. Dis vir my baie vreemd, hierdie ding dat jy jou lewe opoffer om soveel skade aan ander te doen, as moontlik. Al die waansinnige selfmoord-bommers in Baghdad en die Kamikaze’s in die 2de Wereldoorlog. Kan mens SO erg haat of kwaad wees?

  4. Rounelle permalink
    April 20, 2007 3:46 nm

    Ek stem saam dit is siek en my hart gaan uit na die stukkende naasbestaandes wat nou hiervan moet sin maak om somehow – eendag – te kan aangaan, durf ek even sê te vergewe?

    Oi, hoe sê ek dit nou dat dit nie verkeerd uitkom nie lol .. siek soos dit is probeer ek myself in sy skoene sit, probeer ek die wêreld deur sy oë sien, en die gevoel van ‘me against the world’ is pretty scary.

    Baie mense pleeg selfmoord oor ‘n mislukte huwelik, oor ‘n afdanking by die werk, oor ‘n swak selfbeeld, oor depressie … “relatiewe klein onbenullige goed” vir die van ons wat nie self in daardie situasies is nie. Ek probeer net dink hoe intens dit vir hierdie ou moes wees met die kombinasie van al daardie versteurings, hoe erg alleen en eensaam dit genuine moes voel en watter hel op aarde elke dag in sy leefwêreld moes wees.

    Ek praat dit glad nie goed nie. Ek sê maar net dis maklik vir ons om te oordeel, want ons is gesond (relatief lol), ons staan op die kantlyn en is objektief en in beheer van ons lewens en omgewing … iemand wat nie meer daardie beheer het nie, word subjektief by daardie maalkolk ingetrek en ál wat hy het is sy eie siek, versteurde en wanaangepaste verwysingsraamwerk.

    Dis erg sad. And aren’t we partly to blame. We lable people as though it’s a hobby. I sometimes wonder whether by doing so we are projecting our own fears and insecurities towards them or whether we are left paralysed from fear to become involved, to even dare help or reach out a hand to someone silently slipping away.

    Oi, die gym roep. En my brein makeer suurstof! Lekker aand vir jou – ons praat weer.

  5. April 21, 2007 10:42 vm

    Dankie vir die ingeligte en volwasse kommentaar. Ek deel jou denke!

  6. francois permalink
    November 4, 2007 8:13 nm

    dit is hoogtyd dat die ANC regeering wakker word en die doodstraf terug bring dan sal sulke voorvalle nie meer plaas vind want die misdadigers het nie respekte vir anders se lewens nie maar wil bly leef op die belastingbetaalers se onkoste

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: