Skip to content

‘n Besoek aan Busan

April 22, 2007

samsung 073

Ek het Saterdag die tweede grootste stad (naas Seoul) in Korea besoek(ongeveer so 100km van waar ek woon). Let wel, uitgespreek Boe-san. Dit staan ook bekend as Pusan. Vir my is Busan egter ‘n meer…wel…skaflike naam. Die probleem kom in met die feit die Koreaanse Hangul-alfabet dieselfde simbole gebruik vir p en b, en so ook vir t en d ens. Busan is ‘n stad van so 4 miljoen mense. As ek enigsins ‘n vergelyking moet tref: Bietjie Kaapstad, bietjie meer Durban en baie Johannesburg. Maar dis GROOT en WEMELEND. Ook ‘n gewilde speelplek vir die rykes, met strande, seiljagte en ‘n baie imposante suspensie-brug oor die see, a-la San Francisco. Daar is ook baie meer westerlinge in Busan en westerse styl restaurante, winkels ens.

In elk geval, ek wil die foto’s vir hulleself laat spreek. Ek kan net beelde oordra, maar die totale aanslag op my sintuie is iets wat ek nie kan oordra nie. Die reuke, kleure, klanke en smake, en die malende miernies van mense, is iets wat self moet beleef word. Die seekos-mark waar ek was is iets wat ek nie met ‘n paar snapshots can vasvang nie – dis eenvoudig onmenslik groot en daar is ALLES wat uit die see uitkom, tot die see-grasse. Daar is niks wat ek NIE daar gesien het nie, behalwe haaie, walvisse en robbe. Baie van die goed het ek nie ‘n clue wat dit is nie. Ek ken ook nou nie die see-kreature SO goed nie, maar steeds het ek die snaakste gediertes gesien. En dit als koop jy net daar, in die hawe, vars soos dit gevang is.

Dan was daar die stad self – stegies op stegies op stegies en winkeltjies, stalletjies op stalletjies en jy jan letterlik ENIGIETS daar koop (behalwe miskien kernwapens). Ek kan dit nie regtig in woorde beskryf nie, maar dis totaal oorweldigend!

samsung 035samsung 036

En orals waar jy stap is daar die Koreaanse snacks…

samsung 045samsung 048

Die seekos-mark is die grootste in Korea…

samsung 065samsung 057

Van die vreemder dinge was Lassie (dalk iemand se middagete?) en die seekat wat (onsuksesvol) probeer ontsnap het…

samsung 047samsung 080

 

6 Kommentaar leave one →
  1. Rounelle permalink
    April 22, 2007 4:47 nm

    Lyk my in Korea neem hulle ‘the world is your oyster’ baie letterlik op!

    Al waarmee ek hierbo kon identifiseer was die hond en die eerste foto wat vlugtig soos die Kaapse hawe op ‘n grou dag gelyk het.

    Ek is egter bly om te sien jy dien nie jou ballingskap as ‘n tronkstraf uit en sit hande gevou jou lot en aanvaar nie, but that ur seizing every moment and making the most of ur time over there. Way to go .. dit rock.

    Lekker week vir jou!

  2. April 23, 2007 6:33 vm

    Ek staar na jou foto’s en wanneer ek my ogies toemaak en mooi konsentreer, kan ek amper die mark ruik en die geskarrel in vreemde tale hoor druis in my ore!

    Thanx for sharing your journey … jy bring Korea na my toe – ek voel al amper tuis in ‘n eens vreemde land wat voorheen heeltemal uit my verwysingsraamwerk was!

    Lekker week!

    Rxx

  3. shiningfire permalink
    September 8, 2010 9:46 nm

    Seekat laat my dink aan daai ongedierte van Sokker WB 2010! lyk amper nes hy, plaas jy hom eet dan het Spanje nie hierdie jaar gewen nie.🙂

  4. September 24, 2010 4:15 vm

    Ek weet nie of hierdie outjie so slim was nie.🙂

Trackbacks

  1. ‘n Dag in Daegu « Boer in Ballingskap
  2. loomlekker dae « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: