Skip to content

Franse verkiesing is mooi

April 24, 2007

Die Franse presidentsverkiesing gaan voort na die tweede rondte tussen die konserwatiewe Nicolas Sarkozy en die sosialistiese Segolene Royal.

sarkozy050603300b4a35dfb88b9ecd9d72e132d0711b865-medium

Nie ‘n moeilike keuse vir my nie…

NS: Ek glo Sarkozy sal ongelukkig op die ou-end wen. What a waste!

Advertisements
24 Kommentaar leave one →
  1. April 24, 2007 6:50 vm

    Ongelukkig dink ek jy is reg. En dit is ‘n waste. Royal sal ‘n fantastiese president wees.

  2. April 24, 2007 7:19 vm

    Ditto.

  3. April 24, 2007 9:17 vm

    Imagine the day when a woman rules the WORLD!!! Amen…

  4. April 24, 2007 1:55 nm

    Solank die vrou lyk soos Royal, kan sy my maar enige tyd regeer!

  5. April 25, 2007 8:17 vm

    “Sy” rule alreeds… die “mystery Babilon” die “moeder van die hoere” volgens

    (Openb 17:4) En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand ‘n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery;

    (Openb 17:5) en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.

    niemand anders as die “kerke en kerkstrukture” wêreldwyd…. dit was ‘n verborgenheid wat tot nou onlangs toe in die Skrif “weggesteek” is omdat dit nog nie tyd was vir “haar” openbaarmaking nie!

    Maar haar dae is getel…! Hou gerus die jaar 2011 dop…en verslind die Bybel tot dan toe! As jy jouself dalk nog in een of ander kerkstruktuur bevind is God se bevel die volgende….

    (Openb 18:4) En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.

    (Openb 18:5) Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou.

    En dis geen joke…!!!

  6. April 25, 2007 10:24 vm

    OK … iewers het ek iets gemis….!

  7. April 25, 2007 10:58 vm

    Ek dink ons almal mis iets – Johannes_11 sou sE dis omdat ons nie glo die wEreld gaan in 2011 eindig nie.

  8. Celéste permalink
    April 25, 2007 11:38 vm

    Hi, skuus as ek heeltemal uit die wa val, maar jou naam is nie dalk “Rudi Botha” nie?

  9. April 25, 2007 11:58 vm

    Persoonlik dink ek Suid-Afrika gaan alreeds 2010 sy g@t sien – miskien moet die “profeet” weer sy berekeninge gaan maak!? 🙂

  10. April 25, 2007 12:46 nm

    Is Johannes, die profeet/siener ontmasker? Hy het gese sy naam is Johannes Coetzee, dink ek?

    Rene, Johannes praat die wereld wat sy gat gaan sien. Om te voorspel SA gaan sy gat sien in 2010, is dit nie nodig om ‘n profeet te wees nie. 🙂

  11. April 25, 2007 1:18 nm

    Jy sien! Dit was maar weereens net my beskeie en nederige persoonlike opinie!! 🙂

  12. April 25, 2007 2:08 nm

    A nee a, maar nou’s julle negatief. Miskien moet julle The Secret in die hande kry. (Het dit nog self nie gesien nie, maar weet ten minste dit gaan oor die krag van positiewe denke.)

    Suid-Afrika is befok cool. Dit sal ongetwyfeld meer as drie jaar neem om dit te verander.

  13. April 25, 2007 2:18 nm

    Ek het na Bafana Bafana verwys. Ek stem saam, dit sal meer as 3 jaar neem vir SA om sy gat te sien.

    Terloops, SA is ook op hierdie oomblik besig om sy gat teen die Aussies te sien. AAAAAAAGH!!! 😦

  14. April 25, 2007 2:46 nm

    Nee jong, ek bly positief. Gibbs gaan nou weer soos teen Nerderland begin 6’e moker! Ek weier om te aanvaar dat hulle ons naam gat gaan maak! You can cut the tension with a knife in ons kantoor. Kom ons hoop maar vir die beste, vir die land en die Proteas.
    SA Rock!!!!

  15. April 25, 2007 3:00 nm

    Ek is nie pessimisties nie – net realisties!!

    OK, so het julle al gehoor van ‘n idealistiese realis? 😀

  16. April 25, 2007 3:16 nm

    Hier is my kategoriee van pessimisme/realisme/ens.

    Die situasie in Irak is nie so sleg nie = Positief, maar (baie) onrealisties = bulshitting yourself.
    Die situasie in Irak is sleg en gaan heel moontlik verder versleg = realisties
    Die situasie in Irak sal nooit weer beter word nie = negatief = pessimisties
    Die situasie in Irak kan verbeter, afhangend van sekere faktore, maar dit sal baie lank neem voor dit normaliseer = positief, maar realisties
    Die situasie in Irak is baie sleg, maar ek wil baie graag he dit moet beter word en dis waarvoor ek hoop en bid, al lyk dit nie asof dit beter word nie = idealistiese realis

  17. April 26, 2007 6:59 vm

    Hehehe… Well put. 😀

  18. April 26, 2007 7:44 vm

    whahahaha … point taken!!! 🙂

  19. April 26, 2007 1:46 nm

    Die hele fokus is nou van Segolene Royal weggeneem. Kan ek nou maar net weer dit noem: Sy mag maar regeer!!!!

  20. April 26, 2007 1:58 nm

    hehehe … is dit waaroor jou post gegaan het?

  21. April 26, 2007 2:02 nm

    Ek het nou al begin wonder of my F5 knoppie nie meer werk nie!!??

  22. Salige Rus permalink
    April 26, 2007 11:07 nm

    Ek haat gewoonlik sosialisme, maar om een of ander rede wens ek Sego wil wen. Hoekom? O ja, nou onthou ek. Ek het my een buddy ‘n bottel wyn gewed sy gaan wen.
    Sjucks, maar sy gaan nie.

  23. Mary Jane permalink
    Mei 5, 2007 10:50 vm

    Bon jour!
    Ok, wie het toe die verkiesing gewen? – nie op hoogte gebly van wat in die Franse deel van moeder aarde gebeur het nie… Wag ‘n bietjie… ‘moeder’ aarde – is SY nie after all die een wat ons almal regeer nie? Sy’s ‘n vrou is sy nie?

  24. Mei 6, 2007 3:29 nm

    Verkiesing was vandag. Ek glo Sarkozy sal wen. Het intussen bietjie opgelees oor hom en dit klink my hy is wat Frankryk nou nodig het. The Economist (wat ek vandag UITEINDELIK in die hande gekry het) het ‘n uitstekende ontleding in hulle 14-20 April uitgawe oor hoekom Sarkozy die beste sal wees vir Frankryk.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: